Page 1 of 1

308 met Peregrine 136gr VLR 4

Posted: Tue May 28, 2024 8:32 am
by J.A.N
Goeie dag. Ek wil graag hoor of iemand die bogenoemde punt in hul 308 gebruik het? Hoe is die akkuraatheid en watter spoed het julle gekry?

Re: 308 met Peregrine 136gr VLR 4

Posted: Tue May 28, 2024 9:16 am
by tripodmvr
CNC gedraaide koeëls is gewoonlik baie konstant in vorm en gewig en behoort goeie presisie te gee. Ek het S335 en 'n 24 duim loop in Quick Load gebruik en 'n veilige druk lading sal in die orde van 2900vps gee.

Re: 308 met Peregrine 136gr VLR 4

Posted: Thu May 30, 2024 12:45 pm
by J.A.N
Dankie Oom. Ek sal kyk of ek kans gaan kry om iets te bewerkstellig voor ek gaan jag. Anders gaan ek gaan ek maar eers hou by wat ek reeds gebruik.

Re: 308 met Peregrine 136gr VLR 4

Posted: Tue Jun 04, 2024 9:23 pm
by JDEls
Peregrine het 'n span wat gereed staan om jou te help met enige moontlike vraag wat jy kan hê, klop maar net aan hulle deur.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk


Re: 308 met Peregrine 136gr VLR 4

Posted: Thu Jun 06, 2024 11:54 am
by J.A.N
JDEls wrote: Tue Jun 04, 2024 9:23 pm Peregrine het 'n span wat gereed staan om jou te help met enige moontlike vraag wat jy kan hê, klop maar net aan hulle deur.

Sent from my CPH2145 using Tapatalk
Dankie JD. Ek het gekry en gaan Saterdag hulle toets.

Re: 308 met Peregrine 136gr VLR 4

Posted: Thu Jun 06, 2024 2:54 pm
by Giepie
Wat ek in my Howa 30-06 gekry het is dat die vlr's nie goed groepeer nie, maar die vrg's is minder as moa. Selfde dop, primer en kruit, net ander koeël. Klomp primers en kruit gebruik op klomp koeëls vir ontwikkeling maar kry niks kleiner as 3" op 100m nie. Met VRG's eerste lading, toe kry ek 1" groep. Volgens JD by Peregrine het dit blykbaar iets te doen met die nek wat dalk bietjie groot is. Ek laai met/vir my seun met sy Howa 30-06, hy maak reg vir jag in Junie, toe kry hy 1" groep op 200m.

Ek het Peregrine se koeëls al getoets vir konstantheid, sover die beste teenoor ander fabrikate, Barnes en Hornady ingesluit.