Page 1 of 1
Hout Olie
Posted: Fri May 24, 2024 2:22 pm
by sako 30-06
Ek is opsoek na n goeie hout olie wat ek kan gebruik om my garage deure oor te doen. Ek is ook besig om n hout pergola afdak te bou uit pine en sal graag dieselfde olie wil gebruik vir dit. Ek soek spesifiek iets wat ek elke jaar net weer kan opsmeer.
Asb nie weer n vernis wat ek my alie af sukkel om af te skuur nie en die olie moet ook nie R200 kos vir 150ml nie.
Re: Hout Olie
Posted: Fri May 24, 2024 3:48 pm
by Fanta300
Woodoc werk baie mooi.
Re: Hout Olie
Posted: Fri May 24, 2024 6:23 pm
by LUAN
Rystix se exterior sealer. Is nou al oor R900 vir 5L maar seker die beste.
Sent from my SM-A245F using Tapatalk
Re: Hout Olie
Posted: Fri May 24, 2024 9:11 pm
by J le Roux
Ek gebruik sommer Waxol
Re: Hout Olie
Posted: Sat May 25, 2024 6:27 am
by PhilManders
Meeste Woodoc sal 'n film laat, dis meestal 'n vernis/poly. As jy Woodoc gebruik moet jy spesifiek kyk vir 'n olie.
Kyk na 'n Teak oil of 'n Danish oil, Danish is bietjie beter. Beide kan oor en oor aangewend word en voed die hout
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hout Olie
Posted: Sun May 26, 2024 7:05 pm
by Apie
Gawie kom in!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hout Olie
Posted: Sun May 26, 2024 8:00 pm
by toxicsox
Gebruik my hele lewe Silkwood sonder issues.
Re: Hout Olie
Posted: Mon May 27, 2024 9:18 am
by Wouter Roets
More Kerels
Vir iemand wat vir jare in die houtbedryf is kan julle die volgende doen met wet of saw of selfs gedroogte pine en saligna. Vat ou enjen olie en meng dit met diesel. So 1 op 5(olie) werk heel goed en smeer dit om jou hout. Geen insek sal raak aan daai hout nie en hy kleur die hout mooi donker. Doen dit so een keer n jaar en jou hout sal mooi hou.
Groetnis
Wouter
Re: Hout Olie
Posted: Mon May 27, 2024 9:45 am
by RUPERT
BOILED LINSEED OIL