Page 1 of 1

Vervoer van karkaste/vleis EC -> GP

Posted: Thu May 23, 2024 11:46 am
by LoopSoosStroop
Ek gaan in Cradock area jag vir die eerste keer hierdie jaar -> vlakvark en koedoe.

Het ek enige spesiale papierwerk nodig om met die karkaste te reis vanaf EC tot in GP?

Re: Vervoer van karkaste/vleis EC -> GP

Posted: Thu May 23, 2024 12:28 pm
by Martiens Bekker
Vleisverwyderings permit vanaf die plaas en dan vir vlakvarke spesifieke permit vir die varkvleis. Op 'n stadium was dit streng dat jy 'n permit vanaf 'n veearts moet kry en die karkas moet skoon wees, vel af en alle limfknope verwyder moet wees. Indien jy lid is by SA Jagters, kontak hulle gerus om die nuutste wetgewing te kry.

Re: Vervoer van karkaste/vleis EC -> GP

Posted: Thu May 23, 2024 12:28 pm
by Martiens Bekker