Page 1 of 1

Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 8:46 am
by Jaco vdW
Gisteraand het my Lee Hand priming tool se handvatsel finaal die gees gegee.
Ek het hom al een keer gered, maar dis nou die einde van die pad. Hy het darem vir so 18 jaar goeie diens gelewer, so teen die prys wat ek destyds betaal het, is die seker OK.

Ek laai seker so 200 - 300 rondtes vir die gewere per jaar, en dalk dieselfde vir die handwapens, so dis nie reuse volume nie.

Wat gebruik julle deesdae om die nuwe slagdoppie in die skoon dop te sit?

Die laaste 24 is gister met daai klein arm wat saam met die press kon gedoen, maar dit was nogal n storie.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 8:56 am
by Riaan Kriel
Die RCBS tool is een van die beter spanderings op herlaaitoerusting wat ek ooit gedoen het... soos hulle sê "Buy once... Cry once"
https://www.multech.online/products/rcb ... iming-tool

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 9:06 am
by Jaco vdW
Lyk netjies.
Baie soortgelyk aan hoe die Rock Chucker press se stelsel werk. Net kleiner en meer toeganklik


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 9:15 am
by Capt. Yoda
21st century en my Forster press vir groot volumes maar ek sien sy prys het taamlik gespring die laaste paar jaar
https://cmhprecision.co.za/product/21st ... hsh2-hsh5/

Ek wil nog die een ook probeer
https://www.multech.online/products/der ... ool-deluxe

As jy net doppe wil prime om die slagdop in te kry kan jy seker weer n Lee hand primer koop, hulle is darem nog nie mal geprys nie

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 9:33 am
by Lategan1
Ditto.

Ek op my 2de LEE hand primer, sal weer koop.

Kommentaar deur die jare was nog altyd dit is een v d beter LEE produkte, veral @ die prys.

Beste.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 9:35 am
by J le Roux
Hou maar by die Lee Handpriming tool.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 10:16 am
by prohunt
My LEE het ook so tyd gelede gebreek, ek het toe vir my die Frankford Arsenal se hand primer gekoop. Hy is baie sterker gebou as die LEE en ek is baie tevrede met hom.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 10:25 am
by Carel-Chris
Ek gebruik die bench Lee en is baie gelukkig
https://247hunter.co.za/reloading/631-l ... -tool.html

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 11:28 am
by Jaco vdW
Carel-Chris wrote: Wed May 22, 2024 10:25 am Ek gebruik die bench Lee en is baie gelukkig
https://247hunter.co.za/reloading/631-l ... -tool.html
Teen R900 lyk dit glad nie na n slegte plan nie

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 11:41 am
by Marula
More

Ek het jare 'n Lee gebruik, het later 'n tweedehandse RCBS bygekoop as deel van 'n pakket. Daar is niks fout met die RCBS maar ek verkies die Lee, dis asof ek beter kan voel hoe die primer seat. Jy kan ook duidelik die verskil voel tussen 'n primes wat te los of baie styf seat.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 12:15 pm
by Kaalvoetthysie
Het ‘n paar weke terug die internet plat gelees oor dieslefde saak. Meeste ouens stel die RCBS bench primer voor, glo dit is ‘n goeie belegging, maar ek kon my self nog nie oorreed dat ek genoeg laai nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 1:28 pm
by Lategan1
Dit wat @Marula noem, is die belangrike rede wat nog altyd uitgestaan het van die Lee. Dis dalk omrede hy meganies swakker vervaardig is as die ander bekendes, of wat anders?

Ek sal beslis volgende keer die Frankford oorweeg, wil net nie sit met ‘n ding en parte is onbekombaar nie.

“Daar is niks fout met die RCBS maar ek verkies die Lee, dis asof ek beter kan voel hoe die primer seat. Jy kan ook duidelik die verskil voel tussen 'n primes wat te los of baie styf seat.”

Beste.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 3:42 pm
by JohanvB
Ek gebruik die RCBS een, werk great!

https://247hunter.co.za/case-preparatio ... -tool.html

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 4:58 pm
by Jaco vdW
Dankie vir al die opinies sover.
Nou moet ek maar soek wat in voorraad is, en wat in die budget pas…


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 5:51 pm
by Malan123
Die Frankford Arsenal perfect seat hand priming tool werk kwai lekker

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 6:00 pm
by ruaanb
JohanvB wrote:Ek gebruik die RCBS een, werk great!

https://247hunter.co.za/case-preparatio ... -tool.html
Self Baie happy.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Wed May 22, 2024 7:26 pm
by Racoon
Ek baie tevrede met Forster Coax se primer/seater tool.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Thu May 23, 2024 7:55 am
by HeinM
Ek het 2 Lee Handprimers en een nuwe klein Lee Benchpriming tool. Hulle loop mooi. As een breek. koop ek 'n ander een.

Mooi dag daar!

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Thu May 23, 2024 12:15 pm
by Jaco vdW
Voorraad by die winkels hier naby lyk maar min.
Ek sien hier is twee skakels na 247 Hunter. Ek neem aan julle het al redelik besigheid met hulle gedoen, en dit is n veilige opsie?
Deesdae moet jy maar vra...

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Thu May 23, 2024 12:19 pm
by Kaalvoetthysie
Ken die manne van 247 hunter, goeie boerseuns. Jy kan met ‘n geruste hart koop. Het onlangs self by hulle bestel en die diens was goed


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Thu May 23, 2024 12:21 pm
by Jaco vdW
Dankie, dan maak ons so.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Thu May 23, 2024 12:23 pm
by Capt. Yoda
Ja jy kan ma gooi da by 247Hunter

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Thu May 23, 2024 12:24 pm
by Jaco vdW
Dankie, ek maak later vandag kontak met hulle, en dan moet PUDO sy ding doen

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Thu May 23, 2024 12:59 pm
by Lategan1
Capt. Yoda wrote: Thu May 23, 2024 12:23 pm Ja jy kan ma gooi da by 247Hunter
Laat loop, hulle al ‘n foutief gelewerde produk vi my gratis vervang. ‘n Fout deur hulle verskaffer se verpakking, nie eens hulle eie toedoen nie.

Beste.

Re: Waarmee sit jy slagdoppies in?

Posted: Fri May 31, 2024 9:18 pm
by Jaco vdW
Ek het toe die Lee bench priming tool by 247Hunter bestel.
Flink diens by 247.
Vannaand die eerste slagdoppies ingesit. Werk baie lekker, en definitief minder moeite as die hand model.

Dankie vir die aanbeveling!


Sent from my iPhone using Tapatalk