Page 1 of 1

Caterwize

Posted: Mon May 20, 2024 2:12 pm
by ZKK
Goeie middag menere.

My gat jeuk nou al n klompie jare om vir my n oordentlike in-chamber vacuum masjien te koop.
Caterwize het hierdie outjie beskikbaar.

Het iemand al by hulle goed bestel?
En het iemand dalks een van hierdie vacuum masjiene?

https://caterwize.co.za/product/vacuum-packer-dz400/

Ek is maar skrikkerig om so baie geld oor te betaal.

Groete

Re: Caterwize

Posted: Mon May 20, 2024 2:56 pm
by Riaan Kriel
Sien die is die fisiese adres op die website :
Unit 5, Baruch Park, Viro Crescent, Stikland, Bellville, 7530

Dalk is daar manne in daardie omgewing wat 'n draai kan maak daar

Re: Caterwize

Posted: Mon May 20, 2024 2:57 pm
by ZKK
Wat kan mens doen om seker te maak die koop is legit en ek word nie gescam of iets nie

Re: Caterwize

Posted: Mon May 20, 2024 3:00 pm
by ZKK
As ek daardie adress op Google Earth insit kan mens darem sien die Company bestaan

Re: Caterwize

Posted: Mon May 20, 2024 3:32 pm
by Riaan Kriel
ZKK wrote: Mon May 20, 2024 2:57 pm Wat kan mens doen om seker te maak die koop is legit en ek word nie gescam of iets nie
Jy gaan in elk geval die produk en koerierkostes moet betaal as dit redelik ver van jou af is ...dalk kan 'n lid dit daar uitkyk en kan julle ooreen kom dat jy die geld eerder vir 'n lid oorbetaal om dit te gaan koop en vir jou te koerier.... al kan iemand net die plek gaan uitkyk het jy ook al meer gemoedsrus om die geld oor te betaal en dat hulle dit self vir jou koerier. Ek dink daardie masjien is redelik swaar en ongemaklik... wil iets onthou dat ek 70kg op die website en link gesien het

Re: Caterwize

Posted: Mon May 20, 2024 3:35 pm
by Capt. Yoda
Ek is 90% seker ons het al by hulle gekoop

Re: Caterwize

Posted: Mon May 20, 2024 4:00 pm
by Carlc
Ek het presies so masjien en hy werk baie goed. Sal hom enige tyd aanbeveel. Ekt myne in Pretoria by n ander firma gekoop so hulle nie uitsluitlik beskikbaar by een plek nie. Buy once, cry once. Jy sal nie spyt wees nie.

Re: Caterwize

Posted: Tue May 21, 2024 6:09 am
by Andre308
Dit is presies die selfde kompleks waar Patriot Arms is. Bel vir Desire by Patriot en hoor wat daar aangaan.

Re: Caterwize

Posted: Tue May 21, 2024 8:08 am
by Kolhasie
Hai.

hulle bestaan.

bestel gerus ek koop by hulle

Re: Caterwize

Posted: Tue May 21, 2024 8:24 am
by Grenslyn
ZKK, van waar is jy?

Re: Caterwize

Posted: Tue May 21, 2024 8:26 am
by Grenslyn
Daardie masjiene is oral beskikbaar. Dit is baie geld maar uit en uit elke sent werd.

Re: Caterwize

Posted: Tue May 21, 2024 10:28 am
by ZKK
Ek is in Oos London

Re: Caterwize

Posted: Wed May 22, 2024 8:12 am
by tau
Ek het al by hulle gekoop, goeie diens gekry en toerusting is nou nie DUITSE standaard nie, maar beter Asia produkte.

EK gaan koop by die winkel in Stikland.

Re: Caterwize

Posted: Wed May 22, 2024 6:10 pm
by ruaanb
Vriend van my doen vleis verwerking en koop al sy toerusting daar. Jy kan maar koop.

Re: Caterwize

Posted: Wed May 22, 2024 8:06 pm
by Evan94Skilla
ZKK wrote: Mon May 20, 2024 2:12 pm Goeie middag menere.

My gat jeuk nou al n klompie jare om vir my n oordentlike in-chamber vacuum masjien te koop.
Caterwize het hierdie outjie beskikbaar.

Het iemand al by hulle goed bestel?
En het iemand dalks een van hierdie vacuum masjiene?

https://caterwize.co.za/product/vacuum-packer-dz400/

Ek is maar skrikkerig om so baie geld oor te betaal.

Groete
Goeienaand ZKK,

Jy kan maar vastrap en koop.

Groot vriend van my se besigheid en hy die eerlikheid homself.

Eienaar is Wian Adriaanse.

Lekker aand.

Re: Caterwize

Posted: Thu May 23, 2024 3:23 pm
by ZKK
Baie dankie vir al die terugvoer.
Lyk darem of Courier guy die pakkie opgetel het, en of dit oppad is.

Re: Caterwize

Posted: Tue Jun 04, 2024 7:23 am
by ZKK
Goeie more Manne.
Ek moet so bietjie terugvoer gee.

Laas week word die masjien toe by my afgelewer.
Kyk.....dit is n beast van n masjien en weeg 70kg, word nogal in n krat verpak.

By die huis gekom, prop ek die masjien in, maar hy bly die mains op die DV bord trip.
Volgende dag maak ek kontak met Caterwize.
Na n paar e-mails met hulle tegniese span besluit hulle die masjien is foutief.

Gister reel hulle met Courier guy om op hulle onkoste die foutiewe masjien op te laai, en n nuwe masjien by my af te lewer.
Nuwe masjien werk soos n bom, en ek het gistraan lekker gespeel en n paar dinge gevacuum.

Ek moet vir Caterwize n pluimpie gee vir hulle goeie diens.

Groete