Page 1 of 1

Half Node Calculator

Posted: Sun May 19, 2024 2:30 pm
by jdpretorius
Ek't bietjie in die argief gekrap maar dit is net te groot om als deur te gaan....

So die vraag is of daar 'n akkurate "half node calculator" is ?

Op n stadium het ek iewers 'n excel program gekry wat half nodes bereken.... maar as ek 2 nodes deur die helfte deel kry ek 'n ander waarde.
QL vir n loop lengte van 506mm bv. node5 @ 1,0217 ms & node6 @ 1,0910 ms ....half node dus 1,05635 ms
My excel se die half node is 1,0642
Watter een glo ek ?

Re: Half Node Calculator

Posted: Sun May 19, 2024 3:31 pm
by Capt. Yoda
Vat die vol node en deel hom met 2…

Re: Half Node Calculator

Posted: Sun May 19, 2024 3:50 pm
by jdpretorius
Capt. Yoda wrote:Vat die vol node en deel hom met 2…
Dankie Cappie

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Half Node Calculator

Posted: Sun May 19, 2024 10:05 pm
by J P
Wat sê GRT hoeveel behoort die halfnode te wees?

Sent from my SM-G985F using Tapatalk


Re: Half Node Calculator

Posted: Mon May 20, 2024 6:26 am
by jdpretorius
J P wrote:Wat sê GRT hoeveel behoort die halfnode te wees?

Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Ongelukkig weet ek maar eintlik niks van GRT nie en gebruik QL.
Dalk kan iemand loer eat sê GRT

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Half Node Calculator

Posted: Mon May 20, 2024 6:05 pm
by jdpretorius
So....GRT seg (hoop ek werk hom reg) die half node in die geval is 1.0642 ms (selde as my excel) en nie eenvoudig die middel van node 5 & 6 nie.

Nou hoop ek die slim manne kan help ?

Dus die verskil tussen GRT se half node en die middel van node 5 & 6 is dan +/_ 0.3 gr en 14 fps.

Net ter interesantheid....die GRT half node spoed is taamlik naaby aan wat ek 165 gr Federal Fusions ge chrony het.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Half Node Calculator

Posted: Mon May 20, 2024 7:30 pm
by Andre308
Die spoed verskil tussen node 3 en 4 en dan weer die spoed verskil tussen node 4 en 5 is nie die selfde nie.

Dus is die nodes nie linnier tussen mekaar nie en dit die rede hoekom die half node nie presies tussen die 2 nodes is nie. Om die verskil tussen 2 nodes te split kry jou altyd naby, maar nie 100% op die nommer nie.

Groete

Re: Half Node Calculator

Posted: Tue May 21, 2024 6:44 am
by jdpretorius

Andre308 wrote:Die spoed verskil tussen node 3 en 4 en dan weer die spoed verskil tussen node 4 en 5 is nie die selfde nie.

Dus is die nodes nie linnier tussen mekaar nie en dit die rede hoekom die half node nie presies tussen die 2 nodes is nie. Om die verskil tussen 2 nodes te split kry jou altyd naby, maar nie 100% op die nommer nie.

Groete
Dankie Andre....ja, ek't nie so daar aan gedink nie, en buig nog my pattata om dit.
Jy maak dalk nou dat ek die sinusgolf wil plot as weer kaans het Image

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Half Node Calculator

Posted: Tue Jun 03, 2025 2:52 pm
by Monster
Kan een van die slim manne vir my kan verduidelik hoekom 'n half node akkuraat sal wees?

Re: Half Node Calculator

Posted: Tue Jun 03, 2025 2:52 pm
by Monster
Kan een van die slim manne vir my kan verduidelik hoekom 'n half node akkuraat sal wees?

Re: Half Node Calculator

Posted: Tue Jun 03, 2025 4:59 pm
by tripodmvr
My siening is dat jy 'n konstante vorm by die kroon het wanneer die skokgolf daar is. Dieselfde konstantheid geld wanneer die skokgolf agter by die knox is. Die tydperk voor is egter baie kort en dit verklaar die nouer band.

Re: Half Node Calculator

Posted: Tue Jun 03, 2025 7:35 pm
by Monster
Dis 'n interessante idee.

Re: Half Node Calculator

Posted: Wed Jun 04, 2025 6:11 pm
by Giepie
Ek was skepties oor die half nodes, maar dit werk vir my 30-06.