Page 1 of 2

Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 10:45 am
by nepol
More
Bietjie die kenners se hulp nodig
Ek skiet 7x64. Op 50m groep ek 2 tot 3cm van mekaar.
Op 100 meter skiet ek nie eers n teiken van 40cm x 60cm raak nie. Ek laai tans 154gr Hornady Interlock 51gr Somchem S365
Gaan dit n verskil maak as ek swaarder punt laai?
Hoor graag julle kenners se mening asseblief

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 11:08 am
by Ratel
Jy gee bietjie min inligting. Eerste vraag. Het jy lading ontwikkeling gedoen. Hoor eers by driepoot op die forum of hy jou nie kan help op Q load nie. Hy gaan meer inligting van jou nodig hê. Ek is seker met die regte lading en TPL sal jy daai koele kan maak groepeer.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 11:43 am
by nepol
Nee ekself het nie lading ontwikkeling gedoen nie. Maar n lading wat ek by iemand anders gekry het. Sal waardeer as iemand my kan help. Wat se inligting is alles nodig.
Dankie waardeer

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 11:47 am
by tripodmvr
Om so probleem te probeer oplos verg 'n dissipline wat die oorsaak moet elimineer.

1. Ek neem aan die geweer het wel al goeie groepe met ander ammunisie geskiet?
2. Het jy onlangs 'n teleskoop vervang of 'n klankdemper opgesit?
3. Was die groep op 50m by of op jou mikpunt?
4. Het jy die koeëls se spoed gemeet?

Hoe meer inligting jy kan gee om te help hoe beter. Kyk of daar nie los skroewe op die aksie of teleskoop is nie.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 12:07 pm
by nepol
Skiet cz550 7x64
Nuwe scope so paar maande terug opgesit.
1ste scope was 4.5-14x40
Scope nou op is 6-24x50

Scope al paar keer vasgemaak of gekyk vir los skoewe

Op 50m was dit so 5 tot 6 duim hoog van waar ek mik.

Nee nie spoed gemeet nie. Besit nie toerusting om dit te meet nie.

Lading nou is
Somchem S365 51gr
Hornady interlock 154 gr
TPL is 82mm

Doppe ek gebruik was al reeds gebruik. Weet nie of dit verskil kan maak nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 12:27 pm
by Ratel
Is daar nie iemand naby jou met 'n chrony nie. Dit gaan sake baie vergemaklik as jy spoed kan meet.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 12:49 pm
by nepol
Ja sal probeer een soek. My vraag is kan dit so groot verskil maak op 100m van 50m as die spoed nie reg is nie. Jammer ek vra baie vrae. My kennis net nog te min.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 1:06 pm
by Ratel
Geen probleem. Dis wat hierdie forum bakgat maak. Almal help. Ja dit kan groot verskil maak. Soos driepoot gese het. As alles vas is en die probleem is nie by die geweer nie dan lê jou oplossing by die regte lading. Maar die verkeerde lading maak nogal groot verskil.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 2:15 pm
by nepol
Waardeer. Hoop maar dit n lading probleem en nie iets anders nie. Dankie vir die hulp.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 2:24 pm
by Ratel
Nepol ek is redelik seker dis lading. My raad sal wees om iemand te kry wie vir jou kan spoed meet. Om te spaar op koele en kruit stel ek voor jy probeer eers Q load voor jy die ou manier van herlaai in inkremente en spoed verskille lees.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 2:56 pm
by Andre308
nepol wrote: Sun May 19, 2024 10:45 am More
Bietjie die kenners se hulp nodig
Ek skiet 7x64. Op 50m groep ek 2 tot 3cm van mekaar.
Op 100 meter skiet ek nie eers n teiken van 40cm x 60cm raak nie. Ek laai tans 154gr Hornady Interlock 51gr Somchem S365
Gaan dit n verskil maak as ek swaarder punt laai?
Hoor graag julle kenners se mening asseblief
Ek dink jy het n groter probleem as net lading. Slegte ladings skiet n groot groep op 100m, maar nie so dat mens n teiken van daardie grote mis skiet nie.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 3:29 pm
by Capt. Yoda
Andre308 wrote: Sun May 19, 2024 2:56 pm
nepol wrote: Sun May 19, 2024 10:45 am More
Bietjie die kenners se hulp nodig
Ek skiet 7x64. Op 50m groep ek 2 tot 3cm van mekaar.
Op 100 meter skiet ek nie eers n teiken van 40cm x 60cm raak nie. Ek laai tans 154gr Hornady Interlock 51gr Somchem S365
Gaan dit n verskil maak as ek swaarder punt laai?
Hoor graag julle kenners se mening asseblief
Ek dink jy het n groter probleem as net lading. Slegte ladings skiet n groot groep op 100m, maar nie so dat mens n teiken van daardie grote mis skiet nie.
Ek stem saam met Andre, jy het iets anders wat jou hier byt. Ek weet regtig nie eers waar ek sou begin soek nie.

Het jy dalk n foto van n tyken wat jy raak geskiet het en watse scope het jy op?

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 4:49 pm
by tripodmvr
Gaan loer na ballistiese tabelle en jy sal sien dat 5 na 6 duim hoog op 50m 'n 500m zero is. Jy skiet dan 11 na 12 duim hoog op 100m. Loshande bo-oor jou teiken. Jy moet ten minste 40-48 klieks afstel om op die teiken te kom.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 4:55 pm
by Ratel
Daar kom die expert nou in. Ek beveel aan doen lading ontwikkeling om daai groepering kleiner te maak

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 6:55 pm
by nepol
Dankie julle. Waardeer die antwoorde. My gevoel was ook dat daar iets anders as net die lading verkeerd was. Het n vector 6-25x50 scope opgesit. Kan tog nie dink die scope self is die probleem nie.

My gevoel is net ek moet by gunsmith uitkom en dat die scope maar ordentlik opgesit word. Hy die geweer maar deeglik deur gaan. Dalk sien hy iets wat ek nie sien nie. Gaan van onder begin en so opwerk tot ek die fout oplos.

Wil nie regtig nuwe geweer koop nie. Lus vir al die admin wat daarmee saam kom nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 7:54 pm
by Ds J
Hoe het die geweer vroeër geskiet, en watter soort ammunisie het jy toe gebruik?

Enkele gedagtes, maar beslis nie almal nie ;)

1. Foutiewe teleskoop
Dalk het jy die een wat op 'n Maandagoggend deur 'n verslaapte werker aanmekaar gesit is. Om te toets sal jy die ou teleskoop moet terugsit en dieselfde ammunisie moet gebruik.

2. Foutiewe klampe
Is die klampe n nuwe stel, en lê hulle gate op dieselfde hoogte? Ek weet van 'n geval waar n persoon per ongeluk 'n verkeerde klamp van 'n ander geweer opgesit het, en dit het die teleskoop skeef laat staan. Hulle het dit eers opgetel nadat hulle begin meet het.

3. Vuilgoed tussen die loop en die kolf.
My pa se Sauer het skielik so bont geskiet. Die geweersmid het 'n klippie tussen die loop en die kolf gekry.

4. Skade aan die kroon.
Kyk reg van voor af na die voorste, binneste randjie van die loop - daar waar die koeël uitkom. Soms het die geweer daar 'n krap of stamp gekry. Dit kan die koeël so uitgooi.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 8:09 pm
by nepol
Presies hoekom ek maar die geweer wil vat na mense wat elke dag met die goed werk. Soos ek se my kennis te vrot om in daai diep detail die fout te kry. Maar ek weet dit gaan nou weer iets simpel klein wees wat probleem gee. Dankie waardeer


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Sun May 19, 2024 8:12 pm
by Ds J
nepol wrote: Sun May 19, 2024 8:09 pm Presies hoekom ek maar die geweer wil vat na mense wat elke dag met die goed werk. Soos ek se my kennis te vrot om in daai diep detail die fout te kry. Maar ek weet dit gaan nou weer iets simpel klein wees wat probleem gee. Dankie waardeer
Hoe het die geweer vroeër geskiet?

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Mon May 20, 2024 6:37 am
by nepol
Vroer het hy reg geskiet. Was nie 100% altyd nie maar het nie probleme op hom gehad nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Mon May 20, 2024 8:37 am
by Ds J
nepol wrote: Mon May 20, 2024 6:37 am Vroeër het hy reg geskiet. Was nie 100% altyd nie maar het nie probleme op hom gehad nie.
Was dit met dieselfde ammunisie?

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Mon May 20, 2024 8:53 am
by nepol
Ds J wrote:
nepol wrote: Mon May 20, 2024 6:37 am Vroeër het hy reg geskiet. Was nie 100% altyd nie maar het nie probleme op hom gehad nie.
Was dit met dieselfde ammunisie?
Ja lading was selfde. Wat nou vir my begin se dit is iets anders. Dankie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Mon May 20, 2024 11:54 am
by Ds J
Doen asb die toets met die ou teleskoop - indien dit moontlik is. As hy weer reg skiet met die ou teleskoop wert jy dat dit die nuwe teleskoop ens bybehore is. As hy dieselfde fratse maak met die ou teleskoop weet jy dat die geweer 'n hou gevat het.

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Mon May 20, 2024 12:20 pm
by nepol
Nou met een van die manne saam my werk gepraat. Hy het presies selfde probleem gehad. 25m groep hy perfek dan op 100 skiet hy los bo oor groot teiken. Kom toe agter hy skiet baie fyn sy silencer raak. Ek nie eers na dit gekyk nie. Maar sal op hoogte hou ek probleem gekry het. Waardeer


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Mon May 20, 2024 2:38 pm
by Ysterkat
Luister wat sê oom Tripod, jy skiet bo oor jou teiken

Re: Hulp Asseblief!

Posted: Mon May 20, 2024 4:33 pm
by tripodmvr
As jy wel met 'n knaldemper aan geskiet het, haal hom af en kyk hoe maak hy dan. Of dit is die teleskoop wat nie reg gestel is nie, of die koeël raak die klankdemper en gaan dan sy eie rigting.