Page 1 of 1
Verwerking van vleis
Posted: Mon May 06, 2024 11:44 am
by Matewis28
Goeie more,
Steek sommer so bietjie voelers uit. Gaan hierdie jaar bietjie op ander plek jag en die plan is om die volgende te skiet:
1 x Zebra
1 x Swartwildebees
2 x Springbokke
1 x Swartspringbok
1 x Blesbok
My vraag is buiten vir die springbokke en Blesbok wat vir Biltong en Droëwors gaan, wat is die beste gebruik vir die Zebra en Swartwildebees. Ek hou nogal van wildspatties asook natwors vir sommer op die kole gooi.
Ek luister by die radio!

Re: Verwerking van vleis
Posted: Mon May 06, 2024 11:52 am
by Toxxyc
Zebra maak baie lekker salami.
Re: Verwerking van vleis
Posted: Mon May 06, 2024 11:54 am
by Capt. Yoda
Verkoop die zebra aan die slaghuis waar jy jou vleis verwerk laat hulle pies en salamaie's kan maak... swartbees het vir my persoonlik n baie sterk smaak en sou nie "nat" vleis met hom maak nie maar smaak verksil en as jy van daai wild smaak hou kan jy basies enige iets met hom maak.
As jy jou vleis self werk en jou storie ken om al daai vet te verwyder of n goeie slagter het kan jy die Zebra basies soos n bees verwerk en alles van braaiwors tot steak en russians maak, as jy dit reg bewerk is dit baie lekker maar as jy n foutjie maak sit jy met n vrag vleis wat jy nie kan gebruik nie.
Van die beste wild steak wat ek al geeet het was Zebra van Wildshoekie maak ek het ook al Zebra Salamie geeet wat jy nie in jou lyf kan kry agv van n fout met die vet nie.
Re: Verwerking van vleis
Posted: Mon May 06, 2024 1:14 pm
by Matewis28
Great baie dankie vir die terugvoer. Zebra is maar meer om die boksie te tick. maar salami maak is nie cheap nie so gaan hom eers skip!
Re: Verwerking van vleis
Posted: Mon May 06, 2024 1:57 pm
by sako 30-06
Matewis28 wrote: Mon May 06, 2024 1:14 pm
Great baie dankie vir die terugvoer. Zebra is maar meer om die boksie te tick. maar salami maak is nie cheap nie so gaan hom eers skip!
Hier is n lekker video oor sebra vleis.
https://www.youtube.com/watch?v=O6zBjd90EV4
Ek het al sebra steak,wors en patties geeet. Steak was baie lekker en sag, die res was niks mee fout nie.
Maar ja, daai geelvet moet alles afkom anders proe die vleis bitter.
Re: Verwerking van vleis
Posted: Mon May 06, 2024 4:21 pm
by KaKaTo
Zebra is rerag nie slegte vleis nie ons het droëwors, biltong, wors en patties gemaak en niemand het ge-moan nie tot jy sê dis n zebra dan raak mense gevoelig.
Mense kom rerag nie die verskil agter nie die ding is net jy moet seker maak jy of jou slagter sny al die "geel" vet van die karkas af want dis waar die "af" smaak in kom.
Re: Verwerking van vleis
Posted: Tue May 07, 2024 6:31 am
by AndreVal
Swartbees het ek laas jaar maalvleis, braaiwors, sousaties, kookvleis en patties laat maak.
Re: Verwerking van vleis
Posted: Tue May 07, 2024 9:13 pm
by Ds J
Maak die swartbees se groter stukke snitte, soos steaks. Marineer vir drie dae met olyfolie, soetwyn en mosterdpoeier. Braai vinnig oor 'n warm vuur.
Re: Verwerking van vleis
Posted: Wed May 08, 2024 10:24 am
by HeinM
Is Zebra nie naby aan perd nie? Vra namens 'n vriend...
Weet die Hollanders eet perd
