Page 1 of 1
243 dies ream na 243 AI
Posted: Fri May 03, 2024 10:18 am
by Chris (vdB)
Goeie more
Wil graag uitvind of dit moontlik is om standard 243 Redding dies (Redding Master Hunter Die Set) te ream na 243 AI toe?
Groete
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Fri May 03, 2024 10:23 am
by tripodmvr
My 243 Lee matrys is na die AI gesny toe my geweer gedoen is. Dit moet egter deur 'n kundige gedoen word.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Fri May 03, 2024 10:42 am
by Chris (vdB)
Dankie Oom
Dis goeie nuus. Ek het vir Trueworx gebel, maar hulle is toe vandag, sal weer Maandag bel.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Sun May 05, 2024 7:52 pm
by Gawie(13mm)
Ek sal graag wil weet of die koste om 'n matrys te laat sny goedkoper gaan wees as 'n Redding nek matrys?
Ek het my 243 AI doppe 26 keer geskiet deur net die nekmatrys te gebruik.
Ek sal net die ruimer uithaal en 'n APW nekruimer gebruik om die korrekte nekspanning te kry.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Mon May 06, 2024 4:39 am
by Chris (vdB)
Sal vandag by Izak kostes uitvind en hier plaas Gawie.
Ek gebruik self ook K@M expanding mandrels vir die nekke in al my gewere.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Mon May 06, 2024 6:24 am
by Geno
Die dimensies van 'n matrys ruimer is kleiner as die van 'n kamer ruimer.
Matryse soos Redding sn is ook verhard, so ek weet nie of jou geweersmid sy ruimers gaan offer vir so taak nie.
Koop eerder 'n stel .243AI matryse.
Ns. Is ruimer ooit die regte afrikaanse woord vir reamer?
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Mon May 06, 2024 6:40 am
by tripodmvr
In my geval het ek nie ekstra betaal om die matrys te laat sny nie. Die persoon wat dit gedoen het is 'n gekwalifiseerde "tool and die maker". Die proses behels hittebehandeling om dit sag te maak en dan weer te verhard. Die' matrys sal nie die doppe se kante verander nie, maar bloot die skouers terugdruk. Die gewone Lee Collet Neck Die vir die 243 werk sonder probleme op die 243AI doppe.
Cobus(Cobb) het sy doppe met my matrys hervorm en dit funksioneer sonder probleme in sy geweer.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Mon May 06, 2024 8:36 am
by Chris (vdB)
Het nou met Izak by Trueworx gepraat, hy se ook nee, hy kan dit nie doen nie. Sal maar eers die loop klaar skiet, en dan verander na 243 AI of 6mm Creedmoore. Dit gee my baie tyd om solank dies bymekaar te maak.
Dankie vir almal se insette.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Mon May 06, 2024 9:01 am
by joe rocket
Chris (vdB) wrote: Mon May 06, 2024 8:36 am
Het nou met Izak by Trueworx gepraat, hy se ook nee, hy kan dit nie doen nie. Sal maar eers die loop klaar skiet, en dan verander na 243 AI of 6mm Creedmoore. Dit gee my baie tyd om solank dies bymekaar te maak.
Dankie vir almal se insette.
Ek het vir jou redding 'n stel.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Mon May 06, 2024 11:16 am
by Chris (vdB)
Joe, baie dankie. Sal met jou gesels as ek nog die AI roete wil stap, wanneer my loop gedaan is.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Mon May 06, 2024 1:43 pm
by Glocked
As jy 6mm Creed wil gaan, dan sal dit sin maak om eers die loop klaar te skiet ja. As jy wil AI, dan moet jy hom nou doen, en van nou af die voordeel trek. Om 'n loop uit te skiet, sodat jy deur al die papierwerk moet gaan vir 'n nuwe loop, sodat jy dan eers kan AI gaan, sal nie vir my heeltemal sin maak nie.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Wed May 15, 2024 7:28 pm
by Gawie(13mm)
Geno wrote: Mon May 06, 2024 6:24 am
Die dimensies van 'n matrys ruimer is kleiner as die van 'n kamer ruimer.
Matryse soos Redding sn is ook verhard, so ek weet nie of jou geweersmid sy ruimers gaan offer vir so taak nie.
Koop eerder 'n stel .243AI matryse.
Ns.
Is ruimer ooit die regte afrikaanse woord vir reamer?
Ja dit is. Reamer = ruim, of uithol in Afrikaans.
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Wed May 15, 2024 10:53 pm
by Johann Marais
Praat met Paul Notnagel van GI Guns in Kroonstad
Re: 243 dies ream na 243 AI
Posted: Thu May 16, 2024 5:32 am
by Chris (vdB)
Dankie Johan, het intussen toe Ackley dies gekoop en my geweer se kamer is al gesny.