Page 1 of 1
270 herlaai data vir 145gr eld x
Posted: Mon Apr 29, 2024 8:39 pm
by zandre
Naand se manne. Ek wil gou hoor of iemand al met 270 145gr ELD x en S365 kruit lading gelaai het ek sukkel om sy node te kry. As iemand dalk kan help met grein kruit en TPL
Hy skiet 2 bymekaar in die bull en gooi 1 regs uit
Resep loop as volg
270 bruno
145gr eld x punt
S365 kruit
Spoed +- 2900
Min 48gr
Max 53gr
Ek luister graag
Groete Zandre
Re: 270 herlaai data vir 145gr eld x
Posted: Mon Apr 29, 2024 8:58 pm
by tripodmvr
1. Die 145 ELDX is 'n lang koeël en jy mag dalk stabilisasie probleme kry. Probeer die groefdraai (twist) meet.
2. Afhangende van watter Lot S365 jy het kan jy dalk meer as 53gr moet gooi (Lotte 100-102 is stadig)
3. Jy gee nie die looplengte nie en ek het na 'n 600mm loop gekyk. Daarvolgens is daar 'n halfnode naby aan 2950vps wat nog veilige druk het.
4. jy het nou al met die geweer geskiet. QL benodig die dopvolume van 'n geskiete dop, die gemete looplengte, TPL soos geskiet (punt van koeël na basis van dop), die lading en spoed gemeet. Die spoedapparaat moet ook genoem word (chrony, MS, LabR of Garmin)
Re: 270 herlaai data vir 145gr eld x
Posted: Tue Apr 30, 2024 5:15 pm
by Freddie101
Vir wat dit werd is. Ek skiet ook 145gn ELDX uit my remington .270.
594mm loop
norma doppe 71.78gn H2O
Reloder 26 - 60.5gn
2973vt met magneto met silencer op.
groepeer sub 1moa
Hy loop mooi.
Re: 270 herlaai data vir 145gr eld x
Posted: Mon May 20, 2024 3:01 pm
by zandre
Skuus oom tripod hier is die nodige info , raad sal waardeer word baie dankie
270 bruno
24 loop
S365 kruit lot 101
1 : 10 twist
Dop volume 66.8
Shooting chrony
TPL 84.5
145 eld x
Baie dankie
Groete
Re: 270 herlaai data vir 145gr eld x
Posted: Mon May 20, 2024 4:27 pm
by tripodmvr
Meet spoed met chrony 5m weg van die loop se punt. Gebruik 51gr en kom ons kyk watter spoed en groep jy daarmee kry. QL bereken die spoed as 2860vps. Kry jy meer spoed dan brand die dryfmiddel effe warmer in jou geweer.
Re: 270 herlaai data vir 145gr eld x
Posted: Mon May 20, 2024 6:42 pm
by zandre
Ek het die chrony op 4m gehad en die volgende spoed gekry
50.7 - 2764
51.4 - 2812
52 - 2827
52.4 - 2881
Maar nie een van hulle groepeer mooi nie dis 2 bymekaar en dan gooi hy een uit
Re: 270 herlaai data vir 145gr eld x
Posted: Mon May 20, 2024 8:22 pm
by tripodmvr
Probeer 54gr vir spoed van 2960vps op die chrony.