Page 1 of 1

Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 12:53 pm
by Stukkies
Goeie middag manne.
Ek opsoek na julle raad, ek het voorheen met my ou 303 Br gejag maar het onlangs vir my 'n 300 PRC aangeskaf. Die probleem is die kettie skop soos amper twee 303's. Ek het nog nooit 'n knaldemper voorheen besit nie so soek bietjie raad waarna om te kyk. Die geraas pla my nie veel nie maar ek sal iets wil he wat die skop minder sal maak en dit vir my 'n plesier sal maak om dalk op 'n naweek 'n paar skote saam met vriende te gaan skiet. Ek het na die volgende make al gekyk maar is nie seker en dit is 'n duur item so sal graag eeste keer reg wil koop. Is daar dalk enige make wat ek dalk totaal en al moet vermy?

APW Warbird
Sniper - Tec M
Warrior

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 1:31 pm
by Malan123
Jy kan gerus na die next level en oryx ook kyk. Albei het vir my goed gewerk. Saam met die knaldemper, koop sommer een maal 'n limbsaver recoil pad as jy kan. Maak die wereld se verskil. My skouer was vir lank blou...

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 1:39 pm
by Capt. Yoda
Jy gaan n taamplike groot KD op daai roer moet sit om hom sag te maak maar as jy hom van n bakkie af gebruik is dit nie n probleem nie.
Vir die groot kalibers werk die Warrior met die brake voor op nogals baie goed

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 3:06 pm
by DeonvTonder
As jy nie gepla is oor die geraas nie wat van 'n gewone brake om die terugskop te tem. As jy wel iets soek om die klank ook te demp dan sal ek aanraai dat jy kyk na die warrior of apw se modelle wat die brake vooraan die silencer het.

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 3:12 pm
by PhilManders
Ek het 2 APW Warbirds, hulle werk baie mooi en is uiters goeie kwaliteit. Die Limbsaver is ook 'n baie goeie voorstel!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 5:12 pm
by Malan123
Ek het my warrior verkoop. Balans van die geweer gaan 'n groot faktor wees vir jag. My tikka 300 het my moertoe geskop tot ek die limbsaver opgesit het. Ek wil amper sover gaan om te se die recoil pad was vir my 'n groter game changer as die silencer. Ek skiet nou daai roer heeldag en my tande is nog oraait

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 6:22 pm
by Martiens Bekker
Jy gaan nou ongelukkig 2000 opinies kry. Ek kan wel deel wat vir my werk. Martel Jacobs van CMG Recoil Reaper. Ons is bederf om hom hier in die Suid Kaap te hê. Baie skuts jag en skiet kompitisie met sy kannetjies. Hy het 3 modelle. Gesels gerus met hom.

2de ding is, bly weg van 'n reflex tipe silencer. Dit gly oor die loop. Die hitte wat daar binne op bou na paar skote is rof en beskadig jou loop.

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 6:59 pm
by Stukkies
Baie dankie vir die raad sover, die Limbsaver is dit 'n ander recoil pad wat agter op die stock gemonteer word, is daar 'n spesifieke maak? By wie het julle dit gekoop?

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 7:20 pm
by Malan123
Ja hulle het verskillende kodes vir verskillende kolwe. Is maar moeilik om hulle hier te kry so jy moet rondsoek en bel

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Fri Apr 26, 2024 7:54 pm
by Glocked
Recoil pad maak verseker 'n groot verskil. Ek hou nie van 'n silencer nie, agv die gewig en balans. Ek het op die 6.5PRC ook eerder 'n muzzlebrake opgesit, om die impak beter te kan volg, en dit werk soos 'n bom vir die terugskop. Maar ja, almal om jou is gewoonlik nie so tevrede soos jy nie

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Wed May 22, 2024 7:18 pm
by DBFourie243
Jy Kan gerus na Clarence Swanepoel se silencers kyk ek het 1 op my 7mm rem mag en hy skiet soos n droom al wat jou dalk kan pla hy is n bietjie gewigtig
Hoop jou kom reg

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Sat May 25, 2024 7:12 pm
by Chevvy SS
Bel vir John Brussel in die Kaap by 083 7493866. Hy het 'n "ding"(naam vergeet) agter, binne-in my 300WM se kolf gesit wat ten minste 20%+ se byt uitgehaal het.

Tesame met 'n demper wat op was, kan ek nou gemaklik van die bank af skiet.

Re: Raad vir 'n nuwe Knaldemper.

Posted: Sat May 25, 2024 8:03 pm
by Fanta300
Jy praat seker van ‘n kwik buis wat in die kolf gemonteer word. My 300WM het een in maar was daar toe ek gekoop het so kan nie sê watse verskil hy gemaak het nie maar terugskop is heel aanvaarbaar vir my.