Page 1 of 2
7mm Koning?
Posted: Tue Apr 23, 2024 10:37 am
by Gideon Burger
More Lede,
Ek is iemand wat hou van lees en opinies en dan deur als my eie gedagtes daarvan te deel.
Voor ek dit kan doen moet ek eers vra. Is die 7mm eintlik die koning van kalibers. Met beter BC as meeste ander punte, die gewig wat mens hulle in kan kry en die akuraatheid wat daar meer saam kom. Wat is julle gevoel oor die 7mm veral in die volgende kalibers
7mm PRC
7mm rem mag
280ai
En wat is julle gevoel oor die bo genoemde kalibers as all rounder teenoor die ou 30-06.
Het iemand al n 7mm PRC in die hande gekry? Ek sien nerens nie maar kan al die komponente al kry.
Ek lees graag saam
Groete
Gideon Burger
Re: 7mm Koning?
Posted: Tue Apr 23, 2024 11:02 am
by tripodmvr
Die ouer kalibers is vir jare gebruik en het as jagkalibers sekerlik hul kant gebring. Die 303 is opgevolg deur die 308 vir skyfskiet en verstommende resultate is verkry. Kyk na wat jare gelede vermag is.
https://www.thefirearmblog.com/blog/201 ... he-zeroes/
Die koms van nuwe materiale, stywer groefdraai en beter teleskope het die ELR skietveld laat blom. Nuwe kalibers het kort op mekaar gevolg en deesdae is dit moeilik om te kies. Die 7mm PRC het die voordeel van stywer groefdraai, maar die 7mm Rem Mag het nog baie aanhangers. Vir jag is daar min te kies tussen hulle. As jy verder wil skiet het die PRC die vermoë om beter te vaar met die hoër BC swaarder koeëls. Gaan kyk gerus na Ron Spomer, Backfire en ander se evalureing van die' drie kalibers.
Re: 7mm Koning?
Posted: Tue Apr 23, 2024 11:09 am
by Gideon Burger
Dankie Oom Tripod
Ek het youtube al deur gekyk as dit by die vraag kom. Ek wou hoor of almal hier dieselfde se as wat ek hoor oor die 3 kalibers.
Groete
Gideon Burger
Re: 7mm Koning?
Posted: Tue Apr 23, 2024 11:19 am
by tripodmvr
Komponent beskikbaarheid en geskikte dryfmiddels is hier maar altyd 'n probleem. Koste daarvan speel ook sekerlik 'n rol. Ek het byvoorbeeld jare gelede die 7x64 bo die 7RM gekies omdat S385 bitter min verskil tussen die' twee kalibers gemaak het. Geen stadiger dryfmiddel was toe beskikbaar nie. deesdae is dit 'n ander prentjie. Knaldempers/"brakes" help met terugslag en die frisser stampe van die 3 kalibers wat jy noem, kan nou daarmee verminder word. Fabrieksgewere sal die 280AI en 7mm PRC sekerlik bevoordeel, terwyl die 7mmRM 'n stywer groefdraai loop nodig sal hê om met swaarder koeëls te gebruik.
Re: 7mm Koning?
Posted: Tue Apr 23, 2024 12:08 pm
by Capt. Yoda
Ek weet van een of 2 300NM improves wat met jou gaan verkil oor daai Koning deel aan die einde.
Wat gaan die doel van die geweer wee?
As jy met hom wil jag sien ek geen rede om R7000+ vir n stel doppe te betaal net om met n PRC te jag nie, as jy nou obviously kyk na meer gespesialiseerde skiet is dit n ander storie.
Re: 7mm Koning?
Posted: Tue Apr 23, 2024 12:17 pm
by Kallie Fernhout
Capt. Yoda wrote: Tue Apr 23, 2024 12:08 pm
Ek weet van een of 2 300NM improves wat met jou gaan verkil oor daai Koning deel aan die einde.
Wat gaan die doel van die geweer wee?
As jy met hom wil jag sien ek geen rede om R7000+ vir n stel doppe te betaal net om met n PRC te jag nie, as jy nou obviously kyk na meer gespesialiseerde skiet is dit n ander storie.
Net so Cappie as dit gaan oor BC weet ek nie of daar n 7mm pit is wat n 250 A-tip klop nie, Of jy nou n 7mm 190 Atip of n 230 0f 250 in 30 Cal koop dink ek die prys ia maar die selfde. As dit meer gaan oor recoil en die hoeveelheid kruit kan ek verstaan dat jy n 7mm bo iets soos n Norma Improve kies maar dan moet jy maar jou somme maak wat n 6.5 Saum jou gaan bied met n 156 Berger.
Re: 7mm Koning?
Posted: Tue Apr 23, 2024 8:54 pm
by Andre308
Die 7mm kraai koning in die F ope. Die rede daarvoor is die gewig bepreking op die geweer wat sonder muzzle brakes of silencers geskiet moet word.
So die recoil, loop lewe en koele keuse beskikbaar maak die 7mm daar baie goed.
Soos hier bo genoem klits n 300Norma of selfs meer die improved weergawe meeste 7mm opsies as dit by langer afstande kom.
So dit hang af wat die doel van die wapen is.
Een ding wat ek wel opgelet het. Ons Protea skuts hou baie van die 7mm SAUM, waar die Amerikaaners weer lank die 284win variante geskiet het, en nou oorbeweeg na die 7mm-6.5prc. Hulle skop weer hard vas teen die 7mm SAUM.
So het elke ou maar sy idee van wat die werklike koning kaliber is.
Re: 7mm Koning?
Posted: Wed Apr 24, 2024 6:29 pm
by LUAN
Ek sien Hornady reken hulle 7mm prc 180gr eldm ammo kan 2975fps hardloop uit n 24" loop. As dit wel so is lyk dit nogal aantreklik. Dit kan jou ver vat en dit uit n 24" loop. Sal graag praktiese ondervinding wil hoor met die kaliber.
Sent from my SM-A245F using Tapatalk
Re: 7mm Koning?
Posted: Wed Apr 24, 2024 7:35 pm
by Dash431
Backfire het onlangs n toets gedoen met Hornady se 180gr ELD-M ammuisie en nie naastenby die adverteerde snelheid gekry nie. Gemiddeld was 2820 of so iets. Blykbaar is daar n hele paar ouens wat die selfde ervaar het.
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 8:11 am
by J le Roux
"7mm PRC
7mm rem mag
280ai
En wat is julle gevoel oor die bo genoemde kalibers as all rounder teenoor die ou 30-06."
My gevoel is dis 3 teen 1, en die antwoord is juis dat die 30-06 steeds koning kraai as allrouder.

Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 9:49 am
by tau
Vra enige Gemsbok in die Namib..... 7mm REM MAG !!!
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 10:11 am
by Gerhardu
7Saum
7Prc
284Win
284Shemale
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 10:32 am
by Capt. Yoda
tau wrote: Thu Apr 25, 2024 9:49 am
Vra enige Gemsbok in die Namib..... 7mm REM MAG !!!
Die wat ons met die 30.06e en 300WMs geskiet het kani meer praat nie
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 11:55 am
by Lategan1
Capt. Yoda wrote: Thu Apr 25, 2024 10:32 am
tau wrote: Thu Apr 25, 2024 9:49 am
Vra enige Gemsbok in die Namib..... 7mm REM MAG !!!
Die wat ons met die 30.06e en 300WMs geskiet het kani meer praat nie

Beste.
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 1:56 pm
by joe rocket
Gerhardu wrote: Thu Apr 25, 2024 10:11 am
7Saum
7Prc
284Win
284Shemale
en 'n 7mm PRCW
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 1:59 pm
by Capt. Yoda
joe rocket wrote: Thu Apr 25, 2024 1:56 pm
Gerhardu wrote: Thu Apr 25, 2024 10:11 am
7Saum
7Prc
284Win
284Shemale
en 'n 7mm PRCW
7-6.5 PRCW
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 5:03 pm
by tau
Capt. Yoda wrote: Thu Apr 25, 2024 10:32 am
tau wrote: Thu Apr 25, 2024 9:49 am
Vra enige Gemsbok in die Namib..... 7mm REM MAG !!!
Die wat ons met die 30.06e en 300WMs geskiet het kani meer praat nie
Ek moes eendag 6 Gemsbokke met die 7mmRM doodskiet nadat jagters met 30 okwes hulle beste gedoen het.
Re: 7mm Koning?
Posted: Thu Apr 25, 2024 5:29 pm
by Capt. Yoda
tau wrote: Thu Apr 25, 2024 5:03 pm
Capt. Yoda wrote: Thu Apr 25, 2024 10:32 am
tau wrote: Thu Apr 25, 2024 9:49 am
Vra enige Gemsbok in die Namib..... 7mm REM MAG !!!
Die wat ons met die 30.06e en 300WMs geskiet het kani meer praat nie
Ek moes eendag 6 Gemsbokke met die 7mmRM doodskiet nadat jagters met 30 okwes hulle beste gedoen het.
Ek moes ook al beter mense leer ken en net so nou en dan kyk of hulle darem kan skiet
Re: 7mm Koning?
Posted: Fri Apr 26, 2024 11:00 am
by Ajviljoen260rem
Re: 7mm Koning?
Posted: Fri Apr 26, 2024 6:12 pm
by Andre308
Capt. Yoda wrote: Thu Apr 25, 2024 10:32 am
tau wrote: Thu Apr 25, 2024 9:49 am
Vra enige Gemsbok in die Namib..... 7mm REM MAG !!!
Die wat ons met die 30.06e en 300WMs geskiet het kani meer praat nie
Bek skoot is n lelike ding... Het al n paar gesien.
Re: 7mm Koning?
Posted: Fri Apr 26, 2024 6:33 pm
by Capt. Yoda
Hahaha
Re: 7mm Koning?
Posted: Sun Apr 28, 2024 10:39 pm
by Cobus Wessels
Ek verstaan dat die vraag eintlik draai rondom baie meer tegniese punte maar ek gaan die week jag. My lading het mooi uitgewerk na BAIE moeite op 2795fps vir 'n 180g punt uit 'n 22duim Tikka dra geweer. 5 skote raak mekaar op 100m. Wat sou ek meer wil doen met 'n ander kaliber? Ek hou ook van speel met nuwe goed maar dit maak nie noodwendig die vorige generasie swak nie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: 7mm Koning?
Posted: Mon Apr 29, 2024 8:50 am
by LUAN
Cobus Wessels wrote:Ek verstaan dat die vraag eintlik draai rondom baie meer tegniese punte maar ek gaan die week jag. My lading het mooi uitgewerk na BAIE moeite op 2795fps vir 'n 180g punt uit 'n 22duim Tikka dra geweer. 5 skote raak mekaar op 100m. Wat sou ek meer wil doen met 'n ander kaliber? Ek hou ook van speel met nuwe goed maar dit maak nie noodwendig die vorige generasie swak nie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Watse kaliber is dit Cobus?
Sent from my SM-A245F using Tapatalk
Re: 7mm Koning?
Posted: Mon Apr 29, 2024 9:30 pm
by Hansieslim
Hijack
Kan iemand asb vir my die 7PRC"W" verduidelik. Meer spesifiek die "W" gedeelte. Ek weet Eric CortinA praat van dit maar ek't dalk in een van sy videos aan die slaap geraak.
Re: 7mm Koning?
Posted: Mon Apr 29, 2024 10:40 pm
by musgrave270
Hansieslim wrote:Hijack
Kan iemand asb vir my die 7PRC"W" verduidelik. Meer spesifiek die "W" gedeelte. Ek weet Eric CortinA praat van dit maar ek't dalk in een van sy videos aan die slaap geraak.
Die "W" staan vir Wheeler. Die geweersmit wat die dop ontwerp het.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk