Page 1 of 1

Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Wed Apr 17, 2024 7:22 pm
by Stanman
Soos party van julle weet boer ek vir mense buite kroonstad. Ek het vir hulle blesbok begin teel as geel blesbokke. Laasjaar nie een bok gejag nie. Nou hierdie jaar bied ek hierdie net vir die forum jagters ,en julle moet mooi lees.
Donker bokke seker so 30-40 wat ek moet uitskiet.
Alles as volg.

Jag .min 2 jagters
Min 1 nag oorslaap.. R350 pppn
Oorslaap beteken . 1 nag in ons gastehuis se jag eenheid met ontbyt ingesluit. Dis n eenheid met 1 dubbelbed en 4 enkelbeddens met 2 badkamers en n aparte toilet. Braai geriewe en flippen alles wat jy nodig het. Ek gee brand stompe en as jy voel jy kort nog hout dan kan ons n plan sien. Ek het Vostershoop gemengde braaihout teen R25 n sak .. maar jy moet regtig groot brand voor ek nodig sal hĂȘ om hout aan jou te verkoop.
Bakkie en slag en bollie praat fooi R500 per dag vir n groep.
Bokke beteken R1950 vir jou eerste bok .. hetsy n ram of n ooi. R 1900 vir jou 2de bok hetsy n ram of n ooi..
Meer bokke staan jy n kans om n gratis blesbok te kom skiet en gratis by my te kom kuier alles ingesluit by my aan huis . So hulle is dan R1850.
As jy langer kom kan julle by my aan huis bly . Bring net jou eie kos.. Miskien n kombers en n kussing so die 2de en daaropvolgende aande is verniet verblyf.. onthou net ek eet dan julle kos en ek kan eet . (Grappie)
Praat asb met my op 0829219889 ..
Hetsy whattsapp of telefonies ek gaan in elk geval jou eers na 18h00 antwoord

Sent from my itel L6006F using Tapatalk



Re: Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Wed Apr 17, 2024 8:58 pm
by Maartin
Sal vir oom 'n whats app stuur.
Groete

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Wed Apr 17, 2024 9:18 pm
by Giepie
Prys vir die gastehuis?

Re: Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Thu Apr 18, 2024 5:51 am
by Stanman
Gastehuis R350 pppn.

Sent from my itel L6006F using Tapatalk


Re: Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Tue Apr 23, 2024 12:07 pm
by Stanman
Middag almal. Wil net opvolg . Daar is nog n klomp blesbokke beskikbaar. En n paar datums oop. Laat weet asb as julle belangstel blesbokke
X1 R1950
X2R1900 elk
X3+R1850 elk
Min 2 jagters
Min 1nag @R350 pppn ontbyt ingesluit
Bakkie R500 per dag
Frans 0829219889

Sent from my itel L6006F using Tapatalk


Re: Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Tue Apr 30, 2024 12:12 pm
by PetrusB
Ek like die advertensie teveel!

Re: Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Thu May 02, 2024 8:41 pm
by jankraay
Se maar net waar en datum wat julle kom skiet dan bring en n koue bier vir julle


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Blesbok jag kroonstad (advertensie)

Posted: Mon Jun 24, 2024 10:20 am
by Antonie Mans
Goeie more Almal,

Daar is algemene konsensus onder jagters dat as jy n lekker jagplek kry jy dit vir jouself hou.

Maar ek MOET net vir Frans hier komplimenteer en vir julle laat weet watse besonderse lekker jag naweek ons by hom gehad het.

Die man doen moeite. Is geduldig. En wil he jy moet die jag geniet. Dit gaan nie net oor die doodskiet nie, maar oor die hele ondervinding.

Hy is besonders profesioneel. Weet wat hy doen in die veld. Ons het baie geleer.

Die bokke is in goeie kondisie. Karkas gewigte was - 31 / 37 / 39 / 41.

Weereens baie dankie Frans. Jy en jou dogter het DIE jag vir ons een van ons lekkerste jagte nog gemaak.

Ons wens vir julle alles wat mooi en suksesvol is met julle avonture vorentoe - Jy's n yster!!