Page 1 of 1
26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 10:52 am
by Kolhasie
Manne Help my asb ek soek raad.
Ek oorweeg om my Howa 300wm se 26" loop aftesny na 22'
rede is dit is n jag geweer en hy ry baie bakkie die geweer het nie n silencer op nie oor hy te lank is vir die bakkie.....skop soos n donkie
My plan is om hom na 22" duim te sny en dan silencer op te sit.
Geweer sal nie somer verder as 500m skiet nie. as hy moet sal dit op staal wees.
geweer het 250 skote deur die loop
Enige voorstelle van julle kant of raad?
Is dit n stupid besluit?
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 12:17 pm
by heywillie
Sny hom 20"
Die slim manne gaan jou kan vertel dat jy heel moontlik ander kruit gaan moet gebruik om te herlaai sodat dit beter ontbrand in die korter loop.
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 12:38 pm
by Capt. Yoda
My een WM het n 22" loop en ander een het n 24.5" loop, die 22" met n kort KD op werk verseker beter in n bakkie of oor n spieltjie.
Ek wou wel die 22" loop baie kort sny maar die manne het gese ek gaan n flame thrower maak
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 12:51 pm
by tripodmvr
Julle het plat aarde en lang skote. Hoekom kry jy nie 'n korter loop geweer in 7mm/6,5mm wat as bakkiegeweer kan dien nie?
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 3:10 pm
by Arnold
Ek hou van kort loop gewere maar hulle doppies is dan kleiner.
'n 212gr ELDx teen 2775fps uit 'n 20" loop met 'n dop vol Retumbo is seker nie te versmaai nie

Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 4:56 pm
by jdpretorius
Sny hom

....n kort loop kettie, loop soos stroop
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 26
Posted: Wed Apr 03, 2024 6:39 pm
by Capt. Yoda
jdpretorius wrote: Wed Apr 03, 2024 4:56 pm
Sny hom

....n kort loop kettie, loop soos stroop
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Volgende gaan ons hoor dit gaan nie oor die size nie ma oor die motion..
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 7:09 pm
by Supacow
Kortloop magnum is soos n navara met low profiles en n snorkel
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Wed Apr 03, 2024 8:12 pm
by Cobus Wessels
Miskien....Miskien nie. Ek ry anyway 'n plat kar gewoonlik so ignoreer my opinie met vryheid. My 20" 375Ruger doen presies wat my 375H+H uit 24" doen. Dit is jou loop. Sny hom sodat hy vir jou werk. Knaldemper maak meeste mense 'n beter skut in my opinie.
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: 26
Posted: Thu Apr 04, 2024 6:28 am
by jdpretorius
Capt. Yoda wrote:jdpretorius wrote: Wed Apr 03, 2024 4:56 pm
Sny hom

....n kort loop kettie, loop soos stroop
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Volgende gaan ons hoor dit gaan nie oor die size nie ma oor die motion..
So lank jy lekker koeële gooi is daar mos nie worries vir die emotions nie.....hy hoev mos net n kortkoppie voor die kolf huit te steek om n silencer op te kry
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Thu Apr 04, 2024 8:47 am
by Arnold
Arnold wrote: Wed Apr 03, 2024 3:10 pm
Ek hou van kort loop gewere maar hulle doppies is dan kleiner.
'n 212gr ELDx teen 2775fps uit 'n 20" loop met 'n dop vol Retumbo is seker nie te versmaai nie
Nuuskurig en ek kyk toe gou wat my 30-06 sal doen met dieselfde setup en hy is 300fps stadiger

Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Thu Apr 04, 2024 9:32 am
by LUAN
Ek weet nie of jy daardie spoed in werklikheid sal kry met Retumbo. Ons het gesukkel om 2750fps te kry met n 208gr eldm uit n vriend se 22" howa 300wm. Ons het wel gelaai dat dit uit die magasyn moet voer wat dop volume verminder.
Re: 26
Posted: Thu Apr 04, 2024 10:11 am
by Arnold
LUAN wrote: Thu Apr 04, 2024 9:32 am
Ek weet nie of jy daardie spoed in werklikheid sal kry met Retumbo. Ons het gesukkel om 2750fps te kry met n 208gr eldm uit n vriend se 22" howa 300wm. Ons het wel gelaai dat dit uit die magasyn moet voer wat dop volume verminder.
Dopvolume op die 300WM verskil nogal baie van bv. Lapua na Norma. Dan is daar die kwessie van magesyn lengte waar sommige magesyne ook langer as ander is, soos bv. die Rem700 se boksmagisyn wat jou toelaat om tot by 92mm te laai.
As jy sê julle het gesukkel om die spoed te kry, wat bedoel jy daarmee? Druktekens of te min plek in die dop?
Ek skiet huidiglik 'n 230gr Atip teen 2895fps uit 'n 26" loop met Retumbo. Norma doppe en ek laai wel enkel rondtes met 'n patroonlengte van 97.25mm. Ek het die kombinasie se gekalibreerde Retumbo syfers gebruik om die somme te doen.
Die groepering het my redelik verbaas en ek moet nog meer skiet om dit te bevestig.
230gr Atip 79gr Retumbo.jpg
Re: 26
Posted: Thu Apr 04, 2024 10:22 am
by LUAN
Arnold wrote:LUAN wrote: Thu Apr 04, 2024 9:32 am
Ek weet nie of jy daardie spoed in werklikheid sal kry met Retumbo. Ons het gesukkel om 2750fps te kry met n 208gr eldm uit n vriend se 22" howa 300wm. Ons het wel gelaai dat dit uit die magasyn moet voer wat dop volume verminder.
Dopvolume op die 300WM verskil nogal baie van bv. Lapua na Norma. Dan is daar die kwessie van magesyn lengte waar sommige magesyne ook langer as ander is, soos bv. die Rem700 se boksmagisyn wat jou toelaat om tot by 92mm te laai.
As jy sê julle het gesukkel om die spoed te kry, wat bedoel jy daarmee? Druktekens of te min plek in die dop?
Ek skiet huidiglik 'n 230gr Atip teen 2895fps uit 'n 26" loop met Retumbo. Norma doppe en ek laai wel enkel rondtes met 'n patroonlengte van 97.25mm. Ek het die kombinasie se gekalibreerde Retumbo syfers gebruik om die somme te doen.
Die groepering het my redelik verbaas en ek moet nog meer skiet om dit te bevestig.
230gr Atip 79gr Retumbo.jpg
Te min plek in die dop met retumbo of imr 7977 as ek reg onthou. Kort iets n rapsie vinniger. Dis nou as jy uit die magasyn wil skiet soos die oorspronklike plasing klink. Daai lyk soos n baie mooi lang afstand combo wat jy daar het Arnold. Dis net daardie Atips se prys wat nogal vetterig is...
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Thu Apr 04, 2024 10:31 am
by Arnold
Gooi nog Retumbo in daai dop en druk hom harder

Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Thu Apr 04, 2024 1:44 pm
by Capt. Yoda
klink of julle bq N560 kort
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Mon Apr 08, 2024 3:46 pm
by Grenslyn
'n Bakkiegeweer moet uit die magasyn kan voer.
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Mon Apr 08, 2024 5:14 pm
by Predator
Wel jy het gevra in jou oorspronklike post, en niemand het nog die moed gehad om vir jou te sê nie, maar ek dink dit is stupid.
Ek was al in my lewe baie spyt oor lope wat ek te kort laat sny het. Jy kan kan hom daarna nie weer langer kry nie.
Ek sê maar net.
Groetnis en mooi loop.
Re: 26" loop afsny na 22"
Posted: Mon Apr 08, 2024 5:24 pm
by tripodmvr
Moet ek dit nou prontuit sê. Geen man moet dit korter laat sny nie !!!!!!