Page 1 of 1

Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 7:36 am
by henried
Ons kerk het 'n stuk grond wat hulle huur, Hulle gebruik seker 10% van die grond, die res is 'n brand gevaar.

Ek het begin met voorbrand sny, bush cutter en Kudu, dis wat beskikbaar is. Plan is om bane so 4m, wyd oop te sny.
Daar is 'n groot denne bos teen die jeugkamp so my voorstel was dat ons die vuur moet stop voor hy daar kom. Die gras is duk en baie lank, al het hy gebrand in 2023.

Ons oorweeg tans om 70% van grond te brand en klaar te kry, dit wat oor is sal dan veilig wees teen brand.

Is daar iemand met ander planne, en wanneer sal die beste tyd van die jaar wees om te brand.

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 7:43 am
by Eduard Venter
As dit nie te groot is nie en daar is iemand met beeste om die kerk kan hulle dit dalk drukbewei? Ek maak deesdae brand lyne so hier op die plaas

Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 7:58 am
by henried
Eduard Venter wrote: Wed Apr 03, 2024 7:43 am As dit nie te groot is nie en daar is iemand met beeste om die kerk kan hulle dit dalk drukbewei? Ek maak deesdae brand lyne so hier op die plaas

Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Hulle poach op die stuk grond ook, dis in die dorp. Persoonlik dink ek dis die mense van die buurt wat daar "jag". Daar loop 'n paar takbokke en duikers.

Ek sal die voorstel vir hulle maak, baie dankie.

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 9:06 am
by Malan123
Henrie, is dit bos grond of gras?

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 9:29 am
by henried
Malan123 wrote: Wed Apr 03, 2024 9:06 am Henrie, is dit bos grond of gras?
Groot deel is gras.

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 9:32 am
by Malan123
Hoekom sny jy nie 10m traces, spuit paraquat en brand die traces nie? Wanneer gras reg is dan brand jy jou voorbrand. Ek sou seker maak ek het 40m voorbrand reg rondom en sommer ordentlike 60m plus voorbrand voor die denne bos? Voorbrande kan vinnig hand uitruk. Is daar nie iemand wat jou kan help wat dit al gedoen het nie? As jou voorbrande reg is, is 'n blok brand heel eenvoudig wanneer die gras reg is.

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 9:42 am
by henried
Malan123 wrote: Wed Apr 03, 2024 9:32 am Hoekom sny jy nie 10m traces, spuit paraquat en brand die traces nie? Wanneer gras reg is dan brand jy jou voorbrand. Ek sou seker maak ek het 40m voorbrand reg rondom en sommer ordentlike 60m plus voorbrand voor die denne bos? Voorbrande kan vinnig hand uitruk. Is daar nie iemand wat jou kan help wat dit al gedoen het nie? As jou voorbrande reg is, is 'n blok brand heel eenvoudig wanneer die gras reg is.
Die werk is baie en die mense min.

In 2023 wou hull nie luister nie en die plek, en huise langs die grond het amper af gebrand.
Plan is om bande te sny, ek hoop om 5m te sny, tools is bush cutter en Kudu. Die ou paaie kon ek met kudu sny, maar nou is daar te veel klip en stompe en moet ek met bush cutter sny.

Ons kyk na laaste deel van Mei om blok brand te doen.

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 9:47 am
by Freddie101
Is daar nie n FPA(fire protection ass) in omgewing nie of boere langsaan. Kry by hulle raad en betrek hulle om te help. Altyd beter as bure en almal saamwerk. dalk wil iemand langsaan saam brand.

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 10:03 am
by henried
Freddie101 wrote: Wed Apr 03, 2024 9:47 am Is daar nie n FPA(fire protection ass) in omgewing nie of boere langsaan. Kry by hulle raad en betrek hulle om te help. Altyd beter as bure en almal saamwerk. dalk wil iemand langsaan saam brand.
Die grond grens, twee kante, aan 'n woonbuurt, anderkant aan oop grond, 4de grens teen Casino.
Casino help in nood, sal hulle dalk vra om hulle water-wa te leen as ons brand.

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 10:14 am
by henried
Before...

Re: Voorbrand hulp

Posted: Wed Apr 03, 2024 10:14 am
by henried
After...