Hulp met my 7mm Remington Magnum
Posted: Wed Apr 03, 2024 12:24 am
Julle moet maar die ‘Ingils’ verskoon ek ken net die terme in ’Íngils’.
Ek het n Ruger M77 wat in 1979 (Die geweer is al 45 jaar oud) gemaak is in 7mm Remington Magnum. Die 7mm Rem Mag het ‘n “rimmed” dop en “’headspace” op die rim soos die 300 H&H waarvan die dop gemaak is.
Ek het lanklaas herlaai, aangesien ek n vooraad rondtes gehaad het om op te gebruik en alles het verander sedert daai tyd. Koels het skerper geword. Die balistiese-koefisient het verander. Koels, is bepaal, moes nou aan die “lands” raak, om akkuraat te wees, en Somchem is opgeblaas, O, en die wet het verander.
Nou gaan koop ek n “Hornady OAL gauge” om die afstand na die ‘land’ vas te stel en ek skrik my dood. My geweer se loop is uigeskiet. Ek het ‘Throat erosion’ wat skrik vir niks en die RemMag is bekend daarvoor.
Ek sit n vars koelpunt voor in die punt van die “OAL gauge”, n 175gr Nosler Accubond LR, en hy meet amper 10mm langer as die SAMI spesefikasie. Die rondte gaan skaars in die kamer kan inkom, never mind in die magasyn en ek sal nou n Ruger No 1 he, plaas van 3 in die magasyn.
Wat NOU? Ek sit n 175 Nosler Partition in die ‘OAL gauge’’ en ek skrik nog groter. Die is sowat 7 mm langer us wat ek in die ou dae gelaai het, en ook langer as die magasyn. Summier wil ek my geweer met n angle grinder bykom en opsny in stukke, en gaan inhandig by die Polisie. Dit moet die ergste vorm van throat erosion wees wat mens kan teekom. Maar miskien kan ek n nuwe loop kry! Maar dis blykbaar n nagmerrie.
Ek wend my tot 3 dae voor die TV, YouTube, Ron Spomer, die oubaas met 60 jaar se ervaring ek dink The real Gunsmith, ander Yanks wat slim klink en alles oor die herlaai van die 7mm RemMag. En ek tel net stompies op.
Die ouens vertel my baie, en daar moet baie stompies in Amerika wees, want hulle rook so baie Lexington, Gold Dollar, Peter Stuyvesant, Lucky Strike, Texan ens. Maar dit word nie bevestig nie.
Ek vra plaaslik vir hulp by die paar ouens wat ek weet ook herlaai, maar ek kry nie antwoorde nie.
NOU VRA EK JULLE slim ouens!
1. Het ek throat erosion op my M77? Of, het hulle toe hulle my geweer gemaak het in 1979 die ‘throats’ dieper gemaak as wat hulle moes, soos die een roker my vertel, en dan ook die koels dieper ingesit in die doppe as wat hulle moes om te spaar op die magasyn en dus lengte van die geweer.
2. My geweer het sowat 700 rondtes deur hom, dalk meer, want ek het hom redelik nuut, maar tweedehands gekoop.
3. Ek weet dat die nuwe koels n skerper ‘ogive’ het en dat hulle dus dieper sal sit at is die ou punte.
4. Is daar n verbetering in akuraatheid, as die geweer die ‘Lands” raak? Of is dit n miete?
5. Wat is die verbetering?
6. Toe ek laas met hom geskiet het, was die met n ‘’cull’’ in die Vrystaat en moes ons net kopskote skiet. Ek het n Blesbok, so op 90 tree deur die hop geskiet en n Swart Wildebees op so 80 tree, ook deur die kop. So die geweeer skiet ten spyte van die groot ‘free bore’’ tog akuraat?
Ek sal die geweer een of ander satdium na n geweersmit toe vat, laat hy met n ‘bore scope’ kan kyk en bepaal.
Maar wat se julle slim manne?