Page 1 of 1
Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 11:08 am
by RUPERT
Hi Manne
Het asb hulp of raad nodig.
Ek besit al klaar n 6.5x55 en wil nou aansoek doen vir n tweede 6.5x55
Kan ek bv net my eerste motiveering gebruik wat ek gedoen het 10 jaar terug of moet ek n nuwe een doen wat nou verduidelik
hoekom ek vir n 2de een aansoek doen?
my eerste een is kleer geskiet en wil nie deer die hele proses gaan van loop verandering nie en koop toe n ander een om die eerste
een se plek tevat. Sodra die aansoek klaar is sal ek die eerste een verkoop.
Wat stel julle voor hoe benader ek die motiveering.
Dankie manne
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 11:31 am
by Martiens Bekker
Sit dieselfde motivering in. Nerens in die wet staan jy mag nie meer as eem van dieselfde kaliber besit nie.
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 11:41 am
by J le Roux
Ek het 2x 30-06e, een vir bosveld en een vir vlakt, het nie gesukkel nie.
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 11:49 am
by RUPERT
So wat julle vir my se is as ek my eertse motiveering net so weer gee sal ek reg wees?
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 1:55 pm
by Capt. Yoda
Ja
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 4:03 pm
by GustavSnyman1
Hi Rupert.
Ek sal aanbeveel dat jy dalk net in die motivering noem dat die nuwe geweer ‘n “backup” geweer is ens. Ek het al gesien dat SAPS lisensies afkeer omdat mense nie genoeg motiveer vir ‘n ekstra geweer van dieselfse kaliber nie.
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 4:18 pm
by RUPERT
Dankie Gustav ek het maar genoem dat dit n backup is. Hoop maar hulle is nie vol stront nie
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 6:14 pm
by Lategan1
Ja plus…
Sit 1 veranderlike by soos genoem, bv. nuwe geweer vir vlakte of noem ander loopdraai en gevolglike swaarder of ligter grein koeël.
Indien myne, sou ek meld loop is uitgeskiet, ek vervang die oue en gaan die aksie skenk.
Ergste wat kan gebeur is, hulle vra vir GS verslag oor uitgeskiete loop en jy dien jou sertifikaat in onder jou appel tydperk.
Ek is al afgekeur, geen rede behalwe onvoldoende motivering. Nou moet jy ‘n nog dikker motivering voorberei en weer indien.
Baie makliker om GS sertifikaat te verskaf indien hulle dit vereis. Jy weet nooit wanneer lees ‘n beampte jou aansoek deurdagtig deur nie.
Ons kundige lede hier het al gesê:
Praat die waarheid en noem een verskil tussen die 2.
Beste.
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 8:14 pm
by Ratel
Ek het paar kalibers wat dieselfde is en het een gemotiveer vir baansport en die ander vir jag. Het met die tweede een gese hoekom ek nie die baansport geweer vir jag kan gebruik nie. Soos bv oop visier en teleskoop of swaar loop vir baan en ligte loop vir loop en jag. Soos Lategan se hierbo.
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Tue Apr 02, 2024 10:27 pm
by OosKaapJagter
Ek het twee .22's. twee 308's twee 9mm's en twee .45ACP pistole. Elke keer noem ek wat ek met die huidige een doen, wat ek met die nuwe een beoog en waarom die huidige een nie gaan werk vir wat ek beoog nie.
Hier is jou geleentheid om jou skrywerstalent te ontgin, selfs al kom dit neer op fiksie.
If you can's dazzle them with your brilliance, then baffle them with bulls***.
Re: Motiveering vir dieselfde kaliber
Posted: Wed Apr 03, 2024 6:08 am
by Lategan1
OosKaapJagter wrote: Tue Apr 02, 2024 10:27 pm
Ek het twee .22's. twee 308's twee 9mm's en twee .45ACP pistole. Elke keer noem ek wat ek met die huidige een doen, wat ek met die nuwe een beoog en waarom die huidige een nie gaan werk vir wat ek beoog nie.
Hier is jou geleentheid om jou skrywerstalent te ontgin, selfs al kom dit neer op fiksie.
If you can's dazzle them with your brilliance, then baffle them with bulls***.
Jy is juis een v d kundige lede na wie ek verwys, nou wil jy kom baffle met b’s**t.
Skrywerstalent om 1 verskil te beskryf!
Beste.