275m .22LR Groepering
Posted: Wed Mar 27, 2024 2:18 pm
Ek is gereeld beindruk deur groepe wat met .22LR op langer afstande geskiet word en hoe dit voordurend verbeter. Ek het besluit om rekord te hou van groep grootte en toerusting op die volgende manier:- skiet ‘n 10 skoot groep op 275m, neem ‘n foto en plaas dit hier tesame met ‘n beskrywing van die toerusting wat gebruik is. 275m = 300y wat goed sal werk om resultate te vergelyk met wat in VSA gebeur. Enige persoon kan deelneem / bydrae soveel keer as hy wil. Slegs die beste groep sal vir enige geweer/ammo/persoon kombinasie gehou word:- maw indien jy reeds resultate geplaas het en jy verbeter jou vorige inskrywing met dieselfde toerusting sal dit vervang word in die 2de plasing. Indien jy egter met ander toerusting inskryf sal jy meer as 1 keer op resultate verskyn (al is dit net ander ammo uit dieselfde geweer).
Die riglyne is as volg:
• Enige .22LR kan gebruik word.
• Skiet van enige posisie.
• Enige ondersteuning kan gebruik word.
• Moet op 275m geskiet word.
• Moet ‘n 10 skoot groep wees.
• Neem ‘n foto van die teiken en plaas dit op hierdie draad.
• Daar moet ‘n skaal op die foto wees bv. ‘n liniaal (of groep gemeet met bv. SubMOA tipe program).
• Gee beskrywing van toerusting (geweer, scope, ammo - kan selfs ‘n foto plaas).
• Gee beskrywing van kondisies.
Ek sal dan die 2de plasing op hierdie draad gebruik vir resultate (groep grootte, naam, geweer, ammo & plasing datum). Sodra iemand teiken plaas op hierdie draad sal ek die 2de plasing “edit” om resultate by te voeg.
Hierdie is nie ‘n kompetisie nie, maar eerder ‘n manier om resultate op langer afstand te vergelyk en te bepaal hoe effektief sekere toerusting op hierdie afstand is. Ek sal dan ook elke kalender jaar se resultate apart hou.