Page 1 of 1
Lapua Palma 308 doppe
Posted: Thu Mar 21, 2024 4:19 pm
by JohanvB
Goeiemiddag
Hmmmm, Gawie ek kla nie..
Uit hierdie batch, meet 50% seker 50.93mm en die ander meet 50.72mm
Ek gebruik Wilson FL matrys met bushing opgestel volgens GS CUSTOM FL prosedure, sonder ‘n mandrel..
Dieselfde geld vir my 6.5 lapua brass..
So, ek vra hoekom groei sommige doppe en ander nie??
Re: Lapua Palma 308 doppe
Posted: Thu Mar 21, 2024 8:55 pm
by Gawie(13mm)
Johan, om die regte antwoord te kry moet ons die regte vraag vra en alle data kwantifiseer.
1. Gloei jy die doppe uit na elke keer se gebruik?
2. Is die doppe oorspronklik gevuur-vorm deur die koeël in die lande in te forseer?
3. Is die nekwand diktes uniform geskil?
Sonder bostaande inligting sal my raaiskoot die volgende wees:
Wanneer jy die skouer terug druk of "bump" in 'n vollengte matrys, moet die metaal wat jy terugdruk erens heen "vloei". Die vollengte matrys ondersteun die hele dop en die enigste plek waar vloei kan plaasvind is na die bek van die dop.
Om die rede vuurvorm ek my doppe altyd deur die koeël in die lande in te wurg. Ek volg Kaptein se raad en gebruik 'n gewone Redding nek-matrys sonder 'n "ruimer-bal". Sodoende druk ek die nekke net kleiner in diameter. Ek volg dit op met 'n APW ruimer om die korrekte binne deursnee en konstandte nekspanning te bewerkstellig. Oor die algemeen is nek-groei amper weglaatbaar in my 6mm Creed. Voorheen moes ek elke keer die lengte terugsny.
Re: Lapua Palma 308 doppe
Posted: Thu Mar 21, 2024 9:57 pm
by JohanvB
Dankie Gawie
Ek antwoord jou:
Gloei na elke gebruik, ja
Doppe gevuurvorm deur in lande te forseer, nee glad nie.
Geen nekke is geskil nie.
Dankie
Re: Lapua Palma 308 doppe
Posted: Fri Mar 22, 2024 6:16 am
by JohanvB
Daai kort doppe…
Sou mens hulle nou weer kon fireform en in die lands jam?
Lapua Palma 308 doppe
Posted: Sun Mar 31, 2024 3:07 pm
by Apie
JohanvB wrote:Daai kort doppe…
Sou mens hulle nou weer kon fireform en in die lands jam?
Ek dink jy gaan jou tyd mors.
Stel dalk net jou lengte snyer op 50.9mm en sny.
Soos die ander groei sal hulle op ‘n stadium almal ewe lank word.
Behalwe as jy super doeper akkuraatheid nodig het, dan gaan jy almal op dieselfde lengte wil hê.
Die 308 met sy 20grade(ek dink) skouer sal vinniger rek as ‘n Creedmoor/Ackley ontwerp met hulle 30 grade plus skouers
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lapua Palma 308 doppe
Posted: Sun Mar 31, 2024 4:14 pm
by Capt. Yoda
Sny almal na die kortste en gaan aan