Page 1 of 1

Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 1:03 pm
by 30-06
Ek skiet 155 Scenars uit 308 teen 2725 v/s.
Geweer skiet so 1/4 duim hoog op 100m. As jy dus berekening maak met scope gezero op 100 sou ek verwag om effens hoog te skiet op 300.
Volgens strelok moet ek 4.8 MOA opstel na 300. Maar skiet steeds 3dium laag op 300.
As ek strelok se opsie gebruik om spoed aan te pas vanaf die drop kom dit op 2529 uit wat tog nie reg kan wees nie. Wat doen ek verkeerd. Normaalweg is strelok se berekening baie akkuraat.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 1:12 pm
by Gawie(13mm)
Screenshot_20240321_131851_Strelok Pro.jpg
So maak mens:
Zero jou teleskoop fisies op 100 m.
Jy het jou gemete spoed.
Skiet nou op 300m met die Strelok se elevasie.
Meet die verskil in elevasie .
Pas die BC aan in Strelok om by die geskiete elevasie te kom.
Synde spoed gemeet is, verander jy die BC.
BC is nie 'n konstante nie, maar 'n veranderlike wat jou balistiese trajek "waar" sal maak.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 1:22 pm
by Gawie(13mm)
Ek het eers jou 0.25 MOA op 100 meter verskil in elavasie in berekening gebring.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 3:05 pm
by 30-06
Dankie Gawie.
Ek sien die scope is 5 d bo die loop dis bietjie hoog myne maar so 2 25.
Kan dit wees dat Bc so drasties verskil van waarde wat hulle gee.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 3:19 pm
by Victor_
2.25cm klink baie min.

Image

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 3:29 pm
by Capt. Yoda
Watse scope gebruik jy?

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 6:46 pm
by 30-06
Duim nie cm.
Dis n 30mm buis burris

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 7:02 pm
by JohanvB
Seker so 45mm bokant die slot…

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 8:25 pm
by Gawie(13mm)
30-06 wrote: Thu Mar 21, 2024 3:05 pm Dankie Gawie.
Ek sien die scope is 5 d bo die loop dis bietjie hoog myne maar so 2 25.
Kan dit wees dat Bc so drasties verskil van waarde wat hulle gee.
Ek gebruik as verstek waarde, 5cm of 2 duim. Dit maak geen meetbare verskil aan jou koeël se trajek nie. ;D

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 8:37 pm
by Gawie(13mm)
30-06 wrote: Thu Mar 21, 2024 3:05 pm Dankie Gawie.
Ek sien die scope is 5 d bo die loop dis bietjie hoog myne maar so 2 25.
Kan dit wees dat Bc so drasties verskil van waarde wat hulle gee.
Die kort antwoord op jou vraag is ja.

Berger is een van die min vervaardigers wie se BC waardes ek vertrou omrede Brain Litz betrokke is by die ontwerp en toets van hul koeëls.
Die gegewe Bc waardes is egter slegs akuraat indien jy die koeël teen dieselfde tromp snelheid, looplengte en groefdraai skiet in dieselfde atmosferiese toestande as waarin hul die koeël se Bc bepaal het.

Soos die snelheid afneem, neem die Bc ook af. Die tromp snelheid is een van die min data punte wat ons self redelik akuraat kan meet. Bc word dus die veranderlike wat gaan voorspel waar die koeël gaan tref. Todd Hodnett se woorde bly my altyd by :" The bullet does not lie!"

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Thu Mar 21, 2024 9:56 pm
by swc-tr
Bryan Litz het daardie einste Lapua Scenar 155gr punt se BC gemeet met hul Doppler radar stelsel, G7 waarde was iets soos .23.
Het iemand nie dalk die koeëls probeer "point" en hul opgeneuk nie? Onder normale omstandighede, kan daai koeël gladnie G7 BC van .15 hê nie.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk


Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Fri Mar 22, 2024 4:41 am
by Andre308
Begin deur n tracking toets te doen op 100y.

Groete
Andre

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Fri Mar 22, 2024 6:14 am
by JohanvB
Kan jy dalk ‘n fotogreep van jou Strelock met die spesefieke geweer en koeël vir ons hier sit asb

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Fri Mar 22, 2024 7:03 am
by musgrave270
30-06

Het jy al voorheen op die spesifieke baan geskiet?

Sent from my SM-A325F using Tapatalk



Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Fri Mar 22, 2024 4:20 pm
by swc-tr
musgrave270 wrote:30-06

Het jy al voorheen op die spesifieke baan geskiet?

Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Stem saam, maak seker die 100m is werklik 100m, 300m ens. En dan jou scope se werklike kliek waardes.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk


Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Fri Mar 22, 2024 5:53 pm
by tripodmvr
@30-06

Waarmee is spoed gemeet?

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sat Mar 23, 2024 5:49 am
by Alwin
Hou ook in gedagte dat die giroskopiese stabiliteitsfaktor 'n groot invloed op die werklike BC kan hê.

Iets wat ek ook al gesien het, is dat skuts vanaf verskillende posisies skiet na die 100m en 300m teikens. Dan verander die posisie die trefpunt, nie die trajek nie. Kyk 'n bietjie die verskil in trefpunt as die hak van die kolf teen jou skouer druk teenoor wanneer die toon teen jou skouer druk.

Daar is natuurlik nog ander faktore wat sulke verskile kan verklaar.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sat Mar 23, 2024 8:45 am
by 30-06
More manne ek probeer antwoord.
@JohanvB
Ek het my strelok nou so gestel dat ek nie weer my 4.8 moa kry nie sal moet gaan kyk hoekom.
@Musgrave 270
Ek skiet gereeld daar my teiken was by die 300 gong.
@Tripod
Ek meet met n chrony maar het met garmin gecheck. My chrony meet so 35 te veel so ek dink spoed is reg.
@swc-tr
Sal scope se tracking check maar ek dink my fout le op ander plek.
@Alwin.
Ek besef jou skietposisie/rus kan n groot rol speel, selfs ook hoe en waar jy geweer vashou of nie.
Die van bankie af geskiet met rus voor en agter.
Ek sal maar al bogenoemde deurgaan en kyk of ek iets optel.
Ek wil net eers probeer om weer by my aanvanklike 4.8 op strelok uit te kom. Sal dan daarvandaan soek.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sat Mar 23, 2024 9:02 am
by 30-06
Screenshot_20240323_085603_Strelok Pro.jpg
Hier is waar ek begin het. Die 100 zero is nie 100% reg nie maar dit behoort die drop kleiner te maak en nie groter. Dis so min dat dit nie nou die appelkar sal omgooi nie. Sal dit nog regstel.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sat Mar 23, 2024 12:20 pm
by JohanvB
Is jou scope se middelpunt, net 2cm bokant die bopunt van jou slot?

Dink jy moet dalk weer meet…

Trek die slot ver genoeg uit, sit liniaal op slot en druk teen scope se gesig..waar sit die middel van die scope??

Ja daar is meer geklompiseerde meet metodes, maar dit sal doen vir nou..

Daai 2cm hoogte kan nie reg wees nie. Jou scope se recticle agter is dan omtrent 2cm of meer??

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sat Mar 23, 2024 1:11 pm
by 30-06
Screenshot_20240323_131038_Strelok Pro.jpg

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sat Mar 23, 2024 1:19 pm
by JohanvB
Ok, sien nou 2 duim, 50.8mm

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sat Mar 23, 2024 7:15 pm
by Henna308
Hoe seker is jy dat jou chronograaf reg meet? My pa het sy nuwe 300 H&H amper opgeblaas met 'n chrony wat 200vt/s te stadig gemeet het. Ons het die fout agtergekom toe hy 'n voet of meer bo-oor 'n teiken geskiet het op 500m. 'n 168gr koeël teen 3300vt/s vlieg nogals indrukwekkend deur die lug maar die aksie het nie baie daarvan gehou nie.

Re: Drop maak nie sin nie.

Posted: Sun Mar 24, 2024 7:23 pm
by Gawie(13mm)
Henna308 wrote: Sat Mar 23, 2024 7:15 pm Hoe seker is jy dat jou chronograaf reg meet? My pa het sy nuwe 300 H&H amper opgeblaas met 'n chrony wat 200vt/s te stadig gemeet het. Ons het die fout agtergekom toe hy 'n voet of meer bo-oor 'n teiken geskiet het op 500m. 'n 168gr koeël teen 3300vt/s vlieg nogals indrukwekkend deur die lug maar die aksie het nie baie daarvan gehou nie.
Hy het gemeld dat hy sy spoed met 'n Garmin bevestig het.