Page 1 of 1

Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 9:07 am
by JohanvB
Die laaste week of twee as ek soggens op my foon aanteken op Jaracal, is my wag woord "verkeerd"

Ek moet dan seker 3 of 4 keer probeer om aan te log, dan kom daar so tabel op waar jy toerusting moet kies tussen jan en visvang..

Dit word ok so twee keer gedoen, dan eers kan ek aanteken.

Dis mos nie reg nie, wag woord het geensins verander nie.

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 9:12 am
by Gawie(13mm)
Die hoeveelheid keer wat jou wagwoord nie aanvaar word nie, is direk eweredig aan die hoeveelheid keer wat jy op die forum gekla het in die laaste maand.

Sent from my SM-A546E using Tapatalk



Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 9:27 am
by JohanvB
Gawie(13mm) wrote: Wed Mar 20, 2024 9:12 am Die hoeveelheid keer wat jou wagwoord nie aanvaar word nie, is direk eweredig aan die hoeveelheid keer wat jy op die forum gekla het in die laaste maand.

Sent from my SM-A546E using Tapatalk
Waarvan praat jy Gawie??

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 10:06 am
by Fanta300
Gawie roer maar net weer die pot!!

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 10:23 am
by JohanvB
Ja ne, weer f-ol te doen tussen die saagsels!!

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 12:59 pm
by Louis Kriel
Al wat ek kan dink is dat dit die Paarl se hitte is wat Gawie se brein geskroei het. Weer amper 40 hier by ons.

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 1:34 pm
by JohanvB
Ag hys eintlik oraait, maar soms, kry hy sy grille!

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 2:14 pm
by Capt. Yoda
Google bq hoe om jou foon se browser se cache skoon te maak, kan dalk help

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 3:39 pm
by tripodmvr
Is dit nie deel van die Internetprobleme wat tans voorkom nie?

Re: Rekening uitgesluit op Selfoon

Posted: Wed Mar 20, 2024 3:50 pm
by JohanvB
Het nou net my cache ens skoon gemaak, seker 20min gesukkel om weer aan te log