Oopvisier-bokke
Posted: Mon Mar 18, 2024 4:32 pm
Al waaraan ek deesdae dink, is jag want ek vertrek op 8 April Groot Karoo toe om tussen Merweville en Beaufort-wes te gaan jag. Twee weke daarna, op 26 April, vat ek die pad Suidwes toe... eers 'n bietjie rondry en dan gaan ek suid van Windhoek in my grootword-omgewing jag. Soos julle almal maar te goed weet, is die beplanning vir 'n jag een van die groot lekkerkry-dinge en glo my ek beplan sonder ophou. Dan spandeer ek ook taamlik tyd agter my roere want die koeëls moet reguit trek as jy in die veld is.
Ek plaas 'n paar foto's van bokke wat met oopvisiergewere geskiet is.
Die springbokram het ek met my .375 H&H geskiet een laatmiddag (dis juis op die jagtog toe Katte Katzke my uitgedaag het om verder net met die oopvisier te jag nadat ek twee ander bokke met teleskoopgewere geskiet het).
Die ander twee foto's is van Dandrej, my oudste seun, toe hy 13 jaar oud was (amper 14). Hy wou baie graag met sy oupa Grootkoos se .303 jag en het toe hierdie vlakvark en springbokram geskiet. Die vlakvark is op redelike kortafstand geskiet, seker so 30 tot 40 treë en die springbok op 120 treë. Hy het die springbok skuins van voor geskiet op die blad en agterna die pens uitgehaal met 'n mes wat hyself gemaak het. Sommer so 'n garage special wat hy met 'n vyl en grinder gemaak het.
Nog foto's volg in tweede post.
Mooi loop