Page 1 of 1

Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 12:06 pm
by Bennie Bester
Middag Almal.
Ek doen op die oomblik lading ontwikkeling vir my 223 Rem Brno met n 1 in 12 twist.
Ek gebruik S321 en Hornady en Sierra 50 gr punte. My resultate is redelik wisselvallig.
Om tyd en komponente te spaar, wil ek hoor wat julle go to primers sal wees vir so n kombinasie. Die node le so by 3294 vt/sek.
Ek luister......
Baie dankie by voorbaat.
Bennie Bester

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 12:28 pm
by Jacques.308
Bennie jy het nie veel opsies op SRP op die oomblik nie. Daar is ń wereldwye tekort. Jy gaan miskien Muroms kry maar daar is niks fout met hulle nie.

.223 is gewoonlik nie te gevoelig met primers nie ek het al as ek in die moeilikheid is sommer pistool primers gebruik en nogsteeds goeie resultate gekry


Groete

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 12:49 pm
by Bennie Bester
Ek gebruik CCI 450

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 12:50 pm
by Bennie Bester
Ek gebruik CCI 450

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 12:55 pm
by Arnold
Federal se 205 Match het vir my nog die beste resultate gegee

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 12:56 pm
by Jacques.308
Bennie Bester wrote:Ek gebruik CCI 450
Is daar ń spesefieke rede hoekom jy magnum primers gekies het?

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 1:33 pm
by tripodmvr
Ek sou raai weens die gebrek aan primers. Geen probleem met die gebruik van die magnums nie. Dopvoorbereiding is gewoonlik maar waar die meeste probleme met spoedvariasie voorkom. Ek gebruik Lee Collet Die en dit het gemaak dat ek 'n 10 skoot groepering van 30mm met 40Vmax kon skiet. Jou syfer van 3294vps vir die 50gr Sierra klop met my berekeninge vir die einste koeël in my 24 duim Howa.

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 3:12 pm
by Bennie Bester
Jacques,
Ek het heelwat van daardie slagdoppies in voorraad in my laaikamer.
Arnold,
Ek het toevallig ook van die Federal 205 Match daar tussen al my slagdoppies. Sal hulle probeer.
Dankie sover.

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 4:57 pm
by JohanvB
Skuus as ek hi-jack,

Watter bushings gebruik julle?

Sudami praat van Snem -222

Dankie

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 5:01 pm
by JohanvB
Skuus as ek hi-jack,

Watter bushings gebruik julle?

Sudami praat van Snem -222

Dankie

Re: Watter maak primers vir 223 Rem

Posted: Mon Mar 18, 2024 7:27 pm
by Pvdw
Streng gesproke moet jy magnum slagdoppies saam alle dubbel basis kruit gebruik, dus al die Somchem kruit wat met 'n 1 eindig. Ek het altyd CCI450s gebruik maar kon my hande lê op 4000 Fiocchi standaard primers. Ek sien geen verskil nie, die koeël kom steeds uit die loop en groep goed genoeg vir my.

Ek dink met 'n 223 kan jy amper enige slagdop maak werk as jy bietjie speel.