Lusmakers vir die jagseisoen
Posted: Wed Mar 13, 2024 8:00 pm
Dagsê
Daar is deesdae so baie advertensies op Jaracal (en ek is self skuldig want ek het 'n paar goed gesmous hier) dat ek dit goed gedink het om enkele jagfoto's te plaas. Net miskien help dit om julle jaglus vir hierdie jaar verder aan te wakker.
Die njala is in Noord-Natal geskiet met my .375 H&H. Hierdie jag het in die middel van die somer plaasgevind en die son het my omtrent gelooi. Dit was 'n lekker opwindende jag want ek was alleen en daar kom vrylopende buffels, olifante, renosters en leeus op die plaas voor. Die bul se horing het net oor die 30" gemeet na die uitdroogperiode.
Ek het die bosbok op oud-Springbok Hennie le Roux se plaas naby Grahamstad geskiet met my .30-06. Ek het die vorige middag gesien dat drie of vier ramme (kan nie meer so mooi onthou nie) op 'n ouland langs 'n digte bosstrook gewei het. Vroeg die volgende oggend is ek toe soontoe, hopende dat 'n ram sy lyf sou kom wys om in die vroeë son te baai. Gelukkig het hierdie ram saamgespeel en kon ek hom toe skiet.
Die springbokram is op swaer Piet Mostert se plaas in Suidwes geskiet met my .243. Ek het die bok in 'n groot kalkpan voorgesit en 'n baie lang tyd daar spandeer terwyl hy stadig maar seker al nader aan my beweeg het. Dit was later sterk skemer en ek het gewonder of hy naby genoeg sou kom dat ek hom kon skiet. Toe hy uiteindelik 175m van my af was, het ek hom met 'n frontale nekskoot platgeskiet. Al die springbokramme wat ek daardie jaar op my swaer se plaas geskiet het, se skoon karkasse het tussen 26 en 29kg geweeg.