Page 1 of 1
Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Mar 08, 2024 2:45 pm
by PRIVATE RYAN
Dagsê!
Weet iemand van 'n simpatieke DFO wat so bietjie grasie
(2 weke) gee op vervalde lisensies? Anders is my vriend
bietjie in die moeilikheid.
Re: Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Mar 08, 2024 4:32 pm
by savage(P Coetzer)
Nee as hy eers verval het dan blok die sisteem enige hernuwing. Vra my ek weet….. Moes weer aansoek doen vir die geweer se lisensie maar dit was gelukkig vir my in minder as 2 maande goed gekeur.
Re: Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Mar 08, 2024 6:22 pm
by Capt. Yoda
Hy gaan elk geval na “sy” poliesie stasie toe moet gaan wa onder hy val so help nie as die DFO in Vryburg goed gesind is as hy in Margate bly nie
Re: Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Mar 08, 2024 6:25 pm
by Zuku
My vorige aansoek het ek die datum verkeerd aangeteken in my dagboek. Was so 5 weke laat. Het by DFO (PE, Kabega) gestap met vorms. Sy het alles voltooi en gesê ek moet my rede verskaf hoekom ek laat indiem. EK ket geskryf dat ek hernu datum verkeerd in dagboek geskryf het. Sy het vorms wegestuur en 60 dae llater my SMS gekry lisensie goedgekeur. SO party DFO's doen hulle werk, Dankie vir daardie groep mense wat nog die systeem reg bedryf en in stand hou.
Sover ek verstaan mag SAPS nie weier om jou aansoek te vat nie en as dit dit afgekeur word kan jy appeleer. Daai gedeelte wat jou n krimineel maak as jy nie betyds aansoek doen nie is mos onwettig verklaar? Sê vir joui vriend hy moet gaan indien. Sterkte.
Re: Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Mar 08, 2024 7:14 pm
by JAGTERSREG-JRM
Kan aansoek doen op vervalde lisensies, wapen moet egter saam geneem word vir inspeksie. Wapen kan dan by huidige eienaar bly tot lisensie goedgekeur is (basies stoor ma nie vervoer of gebruik nie)
Re: Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Dec 26, 2025 7:02 am
by Jean Marais
Hallo almal
Hoop julle het 'n baie geseënde Kersdag saam met jul geliefdes gehad. Ek en my broer het met ons kuier gister, bietjie oor die wapens wat hy besit gesels. Ek was geskok toe hy my meegedeel het dat albei sy lisensies al meer as 'n jaar gelde verval het. Ek wag egter vir die korrekte datums sodat ek kan sien hoe diep sy moeilikheid is. Hoe gemaak om die wapens nou weer gelisensieer te kry.
#Kobus van den Berg, kan jy asb adviseer
Re: Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Dec 26, 2025 11:20 am
by tripodmvr
Ek het 6 wapens wat vanjaar hernu moet word. Dit beteken daar is baie ander wat ook hul wapens moet hernu (2006 aanvang van nuwe FCA). Gaan die polisie die aansoeke kan hanteer?
Re: Vervalde vuurwapen lisensies
Posted: Fri Dec 26, 2025 4:27 pm
by JAGTERSREG-JRM
Jean Marais wrote: Fri Dec 26, 2025 7:02 am
Hallo almal
Hoop julle het 'n baie geseënde Kersdag saam met jul geliefdes gehad. Ek en my broer het met ons kuier gister, bietjie oor die wapens wat hy besit gesels. Ek was geskok toe hy my meegedeel het dat albei sy lisensies al meer as 'n jaar gelde verval het. Ek wag egter vir die korrekte datums sodat ek kan sien hoe diep sy moeilikheid is. Hoe gemaak om die wapens nou weer gelisensieer te kry.
#Kobus van den Berg, kan jy asb adviseer
Dagse dagse dieselfde proses loop nog niks het verander nie: Kan aansoek doen op vervalde lisensies, wapen moet egter saam geneem word vir inspeksie. Wapen kan dan by huidige eienaar bly tot lisensie goedgekeur is (basies stoor ma nie vervoer of gebruik nie). Dis n Aansoek soos met n nuwe wapen. Gee my gerus n lui

Posted: Wed Dec 31, 2025 5:59 pm
by Jean Marais
Baie dankie Kobus
Ons maak vroeg in die nuwe jaar kontak met jou.