Page 1 of 3
FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Wed Jan 13, 2010 5:32 pm
by Allen T
JACKALPRO TRUST / UITENHAGE
Min of meer n jaar geleede het ek Foxpro gevra om vir ons in SA n roeper te bou. My versoek was dat die huidige roepers te veel of te min funksies het. Soos n selfoon gebruik ons omtrent net vier van die twintig funksies. Die nuwe roeper staan bekend as die FOXPRO SPITFIRE.
1 vat 24 klanke
2 net een horn speaker
3 remote het n led skerm wat snags belig wat die klank se naam wys (mooi groot letters )
4 net een klank se naam word op een tyd gewys
5 klank inligting word op n SD kaart gelaai. As klanke verander moet word van somer na winter sit net 'n ander vooraf gelaaide SD kaartjie in. ( baie maklik bekombaar. )
6 roeper vat net vier AA herlaaibare penlight batterye
7 remote vat een 9 volt battery
8 remote en roeper het nie aerials op nie
9 remote en roeper afstand uit mekaar uit lyk goed. ( 120 m geen probleem nie.)
PRYS let wel!!!!!! as die eenheid uit Amerika kom sluit dit nie n SD kaart reader of n stereo cable in nie om jou eie klanke te kan oorlaai .
JACKALPRO TRUST het toe besluit om in elke box n SD kaart reader en n stereo cable te sit.
PRYS vir die SPITFIRE btw,posgeld,versekering ens ingesluit R2958.00 ( sluit kaart en cable in )
LET WEL !!!!!!!! Ek het net eers 20 eenhede ingevoer en ek het hulle reeds verkoop met die doel om hulle eers in die veld te laat toets. Sodra ek goed genoeg terugvoering kry sal ek genoeg vir almal inbring.Manne help my dat ons die goed reg toets eers voordat ons hulle op groot skaal wil begin gebruik.
Volgens my mening is hierdie antwoord, en die prys is goed.
DANKIE ALLEN T JACKALPRO TRUST
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Wed Jan 13, 2010 5:49 pm
by Louis102
Allen T wrote:
Ek het net eers 20 eenheede ingevoer en ek het hulle reeds verkoop met die doel om hulle eers in die veld te laat toets.
Allen
Ai, was daar dan nou nie eers enetjie om in Namibiese toestande te toets nie?

Laat wet as jy iemand kort om dit hier te toets.
Groete
Louis
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Thu Jan 14, 2010 3:33 pm
by Gerhard
Allen T wrote:
JACKALPRO TRUST / UITENHAGE
Min of meer n jaar geleede het ek Foxpro gevra om vir ons in SA n roeper te bou. My versoek was dat die huidige roepers te veel of te min funksies het. Soos n selfoon gebruik ons omtrent net vier van die twintig funksies. Die nuwe roeper staan bekend as die FOXPRO SPITFIRE.
1 vat 24 klanke
2 net een horn speaker
3 remote het n led skerm wat snags belig wat die klank se naam wys (mooi groot letters )
4 net een klank se naam word op een tyd gewys
5 klank inligting word op n SD kaart gelaai. As klanke verander moet word van somer na winter sit net n ander voor af gelaaide SD kaartjie in. ( baie maklik bekombaar. )
6 roeper vat net vier AA herlaaibare penlight batterye
7 remote vat een 9 volt battery
8 remote en roeper het nie aerials op nie
9 remote en roeper afstand uit mekaar uit lyk goed. ( 120 m geen probleem nie.)
PRYS let wel!!!!!! as die eenheid uit Amerika kom sluit dit nie n SD kaart reader of n stereo cable in nie om jou eie klanke te kan oorlaai .
JACKALPRO TRUST het toe besluit om in elke box n SD kaart reader en n stereo cable te sit.
PRYS vir die SPITFIRE btw,posgeld,versekering ens ingesluit R2958.00 ( sluit kaart en cable in )
LET WEL !!!!!!!! Ek het net eers 20 eenheede ingevoer en ek het hulle reeds verkoop met die doel om hulle eers in die veld te laat toets. Sodra ek goed genoeg toevoering terug kry sal ek genoeg vir almal inbring.Manne help my dat ons die goed reg toets eers voordat ons hulle op groot skaal wil begin gebruik.
Volgens my mening is hierdie antwoord,en die prys is goed.
DANKIE ALLEN T JACKALPRO TRUST
Allen,
Het jy fotos van die roeper?
Ek is moontlik in die mark vir 1.
Groete
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Thu Jan 14, 2010 8:36 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Wil net vi jou s? Allen julle bou 'n ongelooflike skietstoel!!! Baie dankie dit werk!!! Hou so aan!!! Rudie
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Sat Jan 16, 2010 6:11 pm
by Francois Marais
Allen
Wil ook ma net Rudi se post be-aam.
Mooi loop
Francois
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Sun Jan 17, 2010 8:52 pm
by rockrabbit
Allen T
Ek het my spitfire getoets, werk tot op 150m. Ek het van die roepe afgehaal en vervang met roepe van die cd wat ek saam bestel het. Alles werk perfek, geen klankgehalte of hardheid verskil nie.
Dankie
Ben
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Tue Jan 19, 2010 8:16 am
by Allen T
Het jy fotos van die roeper?
Gerhard ek het probeer om die Spitfire gegewens en fotos in hierdie bladsy in te sit van die Foxpro webpage af maar kon nie slaag nie. Gaan self op die net
www.go foxpro.com en as jy in is gaan na DIGITAL GAME CALLS en scroll dan na die SPITFIRE toe. Hoop jy kom reg.
ALLEN T
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Tue Jan 19, 2010 8:56 am
by Gerhard
Thanks Allen,
Het hom gesien.
Het jy nog voorraad?
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Tue Jan 19, 2010 9:46 am
by Francois Marais
Allen/almal
hier is n link direk na die roeper......
http://www.gofoxpro.com/products/digital_calls/product_spitfire.php
Hoop dit help.....
Mooi loop
Francois
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Tue Jan 19, 2010 1:36 pm
by WillJak
Allen, wel gedaan - dit lyk na sommer 'n lekker roeper daai - eenvoudig, met al die funksies wat jy nodig het en teen 'n baie goeie prys!
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Wed Jan 20, 2010 4:01 pm
by Gerhard
Allen,
Kontak my asb met bank besonderhede vir een van die roepers.
Groete
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Mon Jan 25, 2010 9:05 pm
by Rooies
Allen
Kan jy n aandiuding gee van waneer jy nog roepers gaan inbring en of jy voorraad het, want hier by my 5 manne wat elkeen een soek.
dankie
rooies
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Mon Jan 25, 2010 11:03 pm
by tafjak
Alan
Ek het 'n Spitfire hierdie week by kli?nt gesien en was aangenaam verras. Baie goeie afstand en maklike hantering. Remote seker van die mees user friendly kenmerke wat ek van weet. Ek dink dit is 'n puik roeper.
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Tue Jan 26, 2010 8:10 am
by Allen T
Hello Rooies
Ek het nog 'n probleem met die Spitfires wat ek tot dus ver nog nie kon oplos nie. Die Micro SD kaartjies beskikbaar in hierdie land werk nie in die Spitfire nie. Ek sukkel om in verbinding te tree met FoxPro as gevolg van die weeklange Hunting Expo in Las Vegas. Ons is onsuksesvol om enige iemand in die hande te kry. Ek vermoed dus 'n klein probleempie want die Spitfire kom uit met 'n 256 KB kaartjie, en die kleinste wat ek kan kry is 'n 1 GB kaartjie. Sodra ek die probleem opgelos kry en daar is nie negatiewe terugvoering wat reeds van die Spitfires wat reeds gebruik word in Suid-Afrika, sal ek 'n bestelling plaas, wat normaalweg 2-3 weeke neem, as daar voorraad is in die VSA.
Taffie, dankie ook vir die terugvoering. Dit lyk op hierdie stadium nog baie goed, en ek self is beindruk met een wat ek al 'n paar keer getoets het.
Groete
ALLEN T
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Tue Jan 26, 2010 9:48 am
by MEERKAT
Hallo Allen
Dankie het my enetjie ook ontvang laas Vrydag.
Werk mooi , het gisteraand vir eerste keer met hom uitgegaan , sal se net so goed en indien nie beter as die Fx3. Het 2 goggas met hom gekry nogal man en vrou.
Ons dink aan jou in die moeilike tyd en sterkte met die pad vorentoe.
Knou goggas af
MEERKAT
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Thu Jan 28, 2010 9:24 am
by Gerhard
Die Spitfire werk bakgat...
Gaan nog so rukkie wees voor ek hom in die veld kan gaan toets maar tot dusver is ek baie tevrede.
Daar is klompie jakkalse wat gaan pakslae kry...

Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Thu Jan 28, 2010 10:31 am
by Roelo
Allen Hy werk baie goed en is lekker eenvoudig. Dankie vir goeie diens ook so aan Judy en die span
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Thu Feb 11, 2010 8:41 pm
by Pule
Hi Allen
Die spitfire is uitstekend. Maklik om te werk en die skerm op die remote is mooi duidelik.
Ek sukkel net om nuwe calls op n sd kaart te laai. Het gehoor dat iemand die calls op n 2gig kaart gelaai het en dit werk. So die grote van die sd kaart is nie n probleem nie.
Groete
Pule
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Thu Feb 11, 2010 8:46 pm
by Louis Nel
Pule
As jy weer inkom Bloem toe, bel my gerus. Dan help ek jou met die laai van die klanke. Koop solank vir jou 'n een gig sd kaartjie. Sit jou 24 klanke oor solank in MP3 vorm en format jou kaart na FAt32.Nommer jou klanke van 000 tot 023.
Praat later.
Groete
Louis
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Sat Feb 20, 2010 10:53 am
by tafjak
Alan en Judy
Baie dankie vir die Kersgeskenkie wat vanm?re by my opgedaag het. My voete maak glad vuiste so lus is ek om die Spitfire vanaand tussen die skaapdiewe los te laat. Sal sommer m?re al laat weet hoe het dit gegaan met die ou.
Baie, baie dankie julle 2!
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Fri Mar 12, 2010 5:20 pm
by tafjak
Manne
Laat weet hoe gaan dit met julle Spitfire's. Ek jag met een die laaste 3weke of so en is baie verras deur die ding se opvangs en transmitting. Klanke klink goed daarop en so maklik. As jy die button druk is daar net nie probleme nie. Lekker om te sien op watter volume jy is. Die 4batterye hou my 3nagte se jag. Te lekker en te maklik!
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Sat Mar 13, 2010 12:57 am
by Gerhard
Hier is die eerste sessie se resultate met die Spitfire

Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Sat Mar 13, 2010 6:58 am
by britsman
Gerhard,
Gerhard wrote:
Hier is die eerste sessie se resultate met die Spitfire
Mooi man .... Sien nie waar jakkie geskiet is nie so het seker homself verwurg met daaie toutjie op die Spitfire
mooi loop,
brits
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Sat Mar 13, 2010 7:07 am
by Gerhard
britsman wrote:
Gerhard,
Gerhard wrote:
Hier is die eerste sessie se resultate met die Spitfire
Mooi man .... Sien nie waar jakkie geskiet is nie so het seker homself verwurg met daaie toutjie op die Spitfire
mooi loop,
brits
Brits,
Onthou ek skiet met 22K Hornet.
Klein maar getrein en maak mooi met die vel.
Al twee het daar op die plek geval...
Re: FOXPRO SPITFIRE / BEKENDSTELLING
Posted: Sat Mar 13, 2010 10:45 am
by Freddie101
Vir my mooi as die spitfire so goed werk, want het reeds my bestelling by Allen T ingesit.
Groete Freddie