Page 1 of 1

Adverteerder op Jaracal

Posted: Mon Mar 04, 2024 6:20 pm
by jaracal
Ek wil net graag weer dit onder die aandag bring van lede wat wil adverteer, ons het betalende adverteerders en moet ek hulle beskerm want dit is hulle wat die forum op die lug hou.
Indien jy iets het wat jy privaat verkoop wat jy nie meer gebruik nie is daar die gratis advertensies. Indien jy enige iets anders wil verkoop wat jy invoer of geld op maak val dit onder Handelaars ens.
Kontak my by hein at jaracal dot com. Advertensie koste is baie bekostigbaar.
Groete

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Mon Mar 04, 2024 9:07 pm
by Arnold
Hopelik het Wingnut jou gekontak oor die advertensies wat hy plaas.

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Tue Mar 05, 2024 6:59 am
by Ds J
Onder watter kategorie pas n skoonma? ;) ;)

Ernstig: hierdie is n puik forum; respekteer asb die reëls!

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Tue Mar 05, 2024 9:00 pm
by Hansieslim
Hein
Ek het vir jou 'n e-pos gestuur waar ek toestemming vra of ek iets anders as skiet/geweer/herlaaigoed mag adverteer. Indien jy hier antwoord, kan dit dalk 'n riglyn skep vir ander lede wat so iets wil adverteer.

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Tue Mar 05, 2024 9:10 pm
by jaracal
Hallo Hans
Klein Advertensies is waar jy iets besit vir privaat of eie gebruik wat jy wil verkoop omdat jy dit nie meer nodig het nie of omdat jy die geld wil gebruik vir iets anders ongeag of jy dit al gebruik het of nie. Indien jy egter iets aangekoop het met die doel om dit te verkoop of ingevoer het om te verkoop val dit onder Handelaars. 'n Voorbeeld is bv soos wel op die forum gebeur het van iemand wat 10 teleskope verkoop het wat op sy "airguns" was en ook van die airguns verkoop het almal gebruik val dit onder Klein Advertensies. Indien ek 10 teleskope invoer met die doel om dit te verkoop val dit onder handelaars.
Items wat verkoop word onder klein advertensies is ook nie net beperk tot jag en visvang nie.
Hoop dit maak dit bietjie duideliker.
Groete

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Tue Mar 05, 2024 9:26 pm
by Wingnut
Dankie Arnold en Hein,

Nie besef ek oortree nie. Ek sal met Hein kontak maak vir 'n advertensie.

Dankie vir jul hulp.

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Tue Mar 05, 2024 9:40 pm
by Arnold
Wingnut wrote: Tue Mar 05, 2024 9:26 pm Dankie Arnold en Hein,

Nie besef ek oortree nie. Ek sal met Hein kontak maak vir 'n advertensie.

Dankie vir jul hulp.
Great, ek seen uit na jou deelname en wens jou alle sterkte toe!

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Wed Mar 06, 2024 9:46 am
by Friedland
Ds J wrote: Tue Mar 05, 2024 6:59 am Onder watter kategorie pas n skoonma? ;) ;)

Ernstig: hierdie is n puik forum; respekteer asb die reëls!
Mark is oorlaai. Hou maar liewer >:D

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Wed Mar 06, 2024 9:53 am
by Lategan1
Friedland wrote: Wed Mar 06, 2024 9:46 am
Ds J wrote: Tue Mar 05, 2024 6:59 am Onder watter kategorie pas n skoonma? ;) ;)

Ernstig: hierdie is n puik forum; respekteer asb die reëls!
Mark is oorlaai. Hou maar liewer >:D
:laugh:

Beste.

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Wed Mar 06, 2024 2:51 pm
by Fanta300
Ds J wrote: Tue Mar 05, 2024 6:59 am Onder watter kategorie pas n skoonma? ;) ;)

Ernstig: hierdie is n puik forum; respekteer asb die reëls!

Probeer “Pay it Forward”

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Wed Mar 06, 2024 6:29 pm
by Capt. Yoda
Die Garmin smouse PM Oom seker mal nou om te betaal…

Re: Adverteerder op Jaracal

Posted: Thu Mar 07, 2024 6:58 am
by Ratel
Ek dink dis niks minder as reg dat Heinrich die mense wie die reels breek waarsku en indien nie gehoor gee sulke poste verwyder word. Jy kan duidelik sien wanneer iemand 'n klomp van iets invoer en dan bietjie wil geld maak. Niks fout daarmee maar respekteer dan Jaracal se reels.