Goeie dag,
Die jakkals praat is maar min deesdae op die groep, so as jy werklik goeie raad wil kry, gaan loer onder Tafjak se tips, dink ek was die onderwerp se opskrif....
Daar is werklik goeie raad.
Belangrikste is dat man seker maar eers 'n kursus of twee doen of saam met 'n ou hand uitgaan, voordat jy self begin roep, nie seker wat jou ondervinding is nie en wil ook nie prekerig oorkom nie.
Kos klanke werk goed die tyd van die jaar, met die jongetjies lekker op loop, sal jy verbaas wees hoe die spul mekaar probeer troef om eerste by die roeper te kom. Dis nou die jongetjies, die ou hande laat hulle nie sommer so flous nie.
Ek sal maar versigtig begin raak met jakkals klanke, aangesien ons al amper in Maartmaand begin kom.(soos al die ou hande op hulle kursusse aanbeveel) Maar dalk so effense gestoei onder die kwaaddoeners probeer na die einde toe, kan nog werk op die jonges en as jy gelukkig is op 'n "bekommerde" ma dalk.
My 2c soos die ou manne op die groep altyd reken, is om eerder nie uit te gaan nie, as jy nie ervare is nie.
Probeer dalk eerder 'n ervare man nader, om te kom jag as die nood druk. Doen dan self eers ondervinding opdoen op saam met 'n ou hand, (of kursus loop) Dit sal darem help dat jy nie beskuldig word van JY maak jakkalse slim nie. As jy self boer sal die raad dalk van die beter goed wees wat jy ontvang, oor watter klanke jy moet gebruik

, 'n skelm jakkals wat jyself slim gemaak het gaan jou en jou bure baie geld kos as jy met skaap boer.
Die roep is die maklike deel, die regte dinge doen om seker te maak jy kry die jakkals elke keer as hy wel inkom, is die eintlike moeilike deel van ongediertes jag.
Hoop jy kom reg as jy wel al genoeg ge-oefen het!!
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo