Page 1 of 1

Medaljes - hoe gemaak

Posted: Mon Feb 19, 2024 12:17 pm
by DeVilliers
Hi almal,

Ek het 100de bisley medaljes van my pa.
Wat maak ek daarmee? Ek voel bietjie jammer om dit vir scrap metal te verkoop.

Ek het reeds die van waarde en betekenis eenkant.
Daar is net te veel. Is daar iemand wat die goed koop of dalk n plek waar ek dit kan skenk?

Dankie

Re: Medaljes - hoe gemaak

Posted: Mon Feb 19, 2024 12:37 pm
by swc-tr
Oorweeg om dit te skenk aan die SA Bisley Unie, kyk op hulle webtuiste vir kontak besonderhede.
Die SABU voorsitter is toevallig ook voorsitter van Wonderboom Bisleyklub, waar jou oorlede pa lid was.

Re: Medaljes - hoe gemaak

Posted: Mon Feb 19, 2024 9:30 pm
by Ds J
Anders is daar dalk n versamelaar wat belang stel?

Re: Medaljes - hoe gemaak

Posted: Tue Feb 20, 2024 8:06 am
by DeVilliers
swc-tr wrote: Mon Feb 19, 2024 12:37 pm Oorweeg om dit te skenk aan die SA Bisley Unie, kyk op hulle webtuiste vir kontak besonderhede.
Die SABU voorsitter is toevallig ook voorsitter van Wonderboom Bisleyklub, waar jou oorlede pa lid was.
Ek was self ook n lid daar, hehe. Goeie tye op ou Kaalplaas skietbaan gewees.

Re: Medaljes - hoe gemaak

Posted: Tue Feb 20, 2024 9:02 am
by Toxxyc
Maak 'n tafel? Pak hulle almal plat op 'n mooi houtblad en maak hulle toe met epoxy. Sal 'n nice tafel wees vir die hobby/reloading kamer.