Page 1 of 1
6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Mon Feb 12, 2024 6:38 pm
by Leon Crous
Goeie naand manne,
Ek het toe ook vir die PRC ding geval en vir my 'n Tikka gekry.
My vraag : Daar is lekker teiken punte, langafstand jag punte (bv 156GR EOL,,,) en dan naby jag punte soos Barnes ens.
Maar wat stel julle voor vir beide naby jag en langer afstand jag?
Ek is versigtig dat bv 140gr en 156gr Bergers gaan opbreek (swak penetrasie) op 'n moontlike 50-150m koedoe...
Bonded punte en mono's het weer hul "cons" op langer afstande ... bv lae bc, van hulle nie so akkuraat, ens.
Wat stel julle voor as die beste "all-rounder" as bo-genoemde scinarios in gedagte gehou word.
Dus:
Akkuraat
So swaar moontlik - 140gr +
Goeie bc
Hou bymekaar vir goeie penetrasie en "doodmaakvermoë"
Laat weet gerus julle opinies/ondervindings.
groete,
leon.
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Mon Feb 12, 2024 9:16 pm
by Glocked
Naand Leon
Ek stoei al vir die laaste 2 maande met dieselfde storie, en het al baie huiswerk gedoen, maar kon nog nie die regte antwoord kry nie. As die 156 EOL beskikbaar was in 'n bonded weergawe, sou dit perfek gewerk het !
Op die stadium lyk 'n 140gr Nosler Accubond, of Norma Bondstrike na die beste opsie....
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 7:25 am
by PaulM
Môre Leon,
Het jy al na die Hornady ELD-X koeëls gekyk? Jy kan dalk kombinasie kry van die ELD-X vir jag en ELD-M vir teikenskiet sonder dat jou POI
noemenswaardig gaan verskil.
Ek gebruik die ELD-M's baie suksesvol in die 300PRC (2400m) en die ELD-X in die 30-06 werk ook baie mooi vir jag, alhoewel ek nie maklik
verder as 200m jag nie (my persoonlike voorkeur, sal nie daardie kan met wurms oopmaak vir debat nie.....

)
Sterkte, jy het eintlik 'n aangename probleem om mee te worstel!
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 8:07 am
by Geno
153gr Hornady A-Tip sou my keuse wees teen so 2950fps.
Dis presies wat ek aan gedink het toe ek 'n 6.5PRC oorweeg het.
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 8:43 am
by Capt. Yoda
Oefen maar om net kopskote tot op 300m te skiet, die trick met die klas koels is maar om groot bene op veral groot bokke te vermy.
As jy n koedoe agter die blad op 100m so op die 2de/3de rib skiet werk hul mooi, boog skoot amper
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 9:33 am
by Gerhardu
Hier kom die Peregrine manne seker. Mos die beste op aarde.
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 1:09 pm
by Dash431
Ek dink die 142gr Accubond LR sal n goeie opsie wees.
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 6:06 pm
by Glocked
Die ELDX en die AccuBond LR sal werk, maar hulle is te sag vir korter afstand skote en maak baie vleisskade, selfde met die 156gr EOL ook. 350mplus doen hulle die werk goed ja, maar enige iets onder dit maak hulle skade.
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 6:15 pm
by Dash431
Daar is in my ervaring nie n koeel wat effektief werk op lang afstand en min vleis skade bied op kort afstand nie. Die besluit moet gemaak word waar jou prioriteit lê. As dit lang afstand jag is, moet jy die koeel daarvolgens kies, en jou skootplasing aanpas op kort afstand (per Yoda se raad bo).
Daarmee my 10c

Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Tue Feb 13, 2024 6:50 pm
by Glocked
Dash431 wrote: Tue Feb 13, 2024 6:15 pm
Daar is in my ervaring nie n koeel wat effektief werk op lang afstand en min vleis skade bied op kort afstand nie. Die besluit moet gemaak word waar jou prioriteit lê. As dit lang afstand jag is, moet jy die koeel daarvolgens kies, en jou skootplasing aanpas op kort afstand (per Yoda se raad bo).
Daarmee my 10c
Ek stem 100% saam, dit is wat dit so moeilik maak. Sal maar baie meer moet skiet en oefen om die korter afstand kopskote gemakliker te kan doen !
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Wed Feb 14, 2024 12:08 pm
by Leon Crous
Dankie manne vir jul insette.
Ja, lyk my maar dit bly 'n geval van "horses for courses"...
Geen een oplossing nie.
Geno - Ek het ook aan die 153gr A-Tip gedink tot ek op youtube 'n baie swak review (met jag videos) gesien het... sal gaan soek en "link" opsit.
Dink ek moet maar kyk na naby tot medium afstand.... gaan darem nie jag oor 600m nie...
groete,
leon.
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Wed Feb 14, 2024 12:14 pm
by Geno
Leon Crous wrote: Wed Feb 14, 2024 12:08 pm
Geno - Ek het ook aan die 153gr A-Tip gedink tot ek op youtube 'n baie swak review (met jag videos) gesien het... sal gaan soek en "link" opsit.
Hier is hoe die 135gr 6.5mm ATip teen so 2880fps vir my gewerk het:
https://www.youtube.com/watch?v=rJymx7HMIko
Gebasseer op dit sou ekself nie huiwer om die 153gr ook te skiet nie.
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Thu Feb 15, 2024 7:36 am
by Leon Crous
Jip Geno, ek het daai reeds ook op youtube na gekyk.
Maar almal kan nie so goed soos jy skiet nie.
Probleem kom (lyk my) in as jy agter die blad skiet en bv geen been tref nie.... klein gaatjie reg deur. Doodskote, maar dier vat lank om te val. Dan "perform" hulle amper meer soos FMJ.... Soos die Lechwe karkas- foto's ook aandui.
Het jy dalk ander groter diere op korter afstand agter blad geskiet? en hoe was jou ervaring dan?
Groete en dankie vir jou insette, ek waardeer!
Re: 6.5PRC - Watter punt vir jag
Posted: Fri Mar 22, 2024 2:06 pm
by Glocked
Middag Leon
Kon jy al besluit op 'n punt ?
Ek het nou 142gr AB LR, 143gr Eldx'e en 140gr SST's gekoop, moet net kans kry om ontwikkeling te doen met hulle. En dan die akkuraatste een iewers op 'n bok getoets kry !