Page 1 of 1
Arbor press
Posted: Tue Feb 06, 2024 2:16 pm
by Hansieslim
'n Paar vrae oor "arbor press" asb :
- Is daar enige ander "arbor press" vir herlaaiwerk anders as K&M se pers beskikbaar/te koop in RSA?
- Indien wel, sal ek die naam en verskafferinligting graag wil bekom.
- Wat is julle kritiek (+/-) of ervaring met K&M se pers of enige ander beskibare pers?
Oom Google vertaal "arbor press" na Afrikaans as prieëlpers of boompers. Is dit korrek?
Dankie. Enige advies sal waardeer word.
Hans
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 06, 2024 2:40 pm
by Capt. Yoda
21st Century.
Koop die goedkoopste een of die een wat vir jou die mooiste is as jy wil, dit is n meganiese ding wat die DIE/seating stem van bo af druk daar is geen verksil tussen hoe goed hulle werk nie. Party het net fancy gauges/force packs saam maar ek kyk nie eers meer na die lesing op die gauge as ek seat nie, party modelle het net wel langer arems as ander.
CMH verkoop die 21st century produkte
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 06, 2024 7:02 pm
by Lategan1
Ek het nou 2, oorweeg om die ene te verkoop. PM my as jy belangstel.
Voordele vir my, behalwe die ander bekendes. Ek druk koeëls aansienlik vinniger in as met ‘n gewone pers, die nek weerstand se konsekwentheid voel ek duidelik. Soos Yoda noem, hoef nie “gages” te gebruik as jy konsentreer nie. Werk uitstekend wanneer jy baie dun nekke het, veral met platbasis koeëls.
IMG_1869.jpeg
Groot voordeel. Laai patrone lank by huis en doen TPL ontwikkeling by skietbaan.
Beste.
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 06, 2024 8:57 pm
by Capt. Yoda
As jy eers aan die gang is met seating loop hulle baie vinnig veral met klein FB koele want jy drop hul net bo in die DiE in, sit die stem/proppie op en druk
Re: Arbor press
Posted: Wed Feb 07, 2024 7:19 am
by Hansieslim
Dankie sover.
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 13, 2024 8:50 pm
by Lategan1
IMG_1869.jpeg
Oppad Hansieslim toe!
Beste.
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 13, 2024 9:17 pm
by Giepie
Verskoon my onkunde asb, maar wat is die verskil teenoor 'n "gewone" press en wat is voordeel van 'n "arbor press"? Ek het 'n Lee Breech press en ek kan ook die verskil voel as ek die koeëls seat, ook wanneer ek die doppe vorm ens. Ek kan die meganiese verskille sien, soos van onder af druk teenoor van bo af ens. so dit is nie wat in belangstel nie.
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 13, 2024 9:39 pm
by Lategan1
Die Benchrest skuts gebruik dit graag by die baan, beslis meer sensitief as gewone pers, ander eienskappe soos reeds hier genoem.
Of dit noodwendig akkurater is as ‘n gewone pers, is oop vir debat. Gebruik “in-line chamber seating dies”, ook gebruik vir neck size.
Google gee mooi uiteensettings van voordele.
Beste.
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 13, 2024 9:51 pm
by Giepie
Dankie
Re: Arbor press
Posted: Tue Feb 13, 2024 10:39 pm
by Capt. Yoda
Die press self het nie noodwendig n voordeel nie dit gaan maar oor die inline seating DIEs wat jy saam met hom gebruik.
Persoonlik is my Forster press met Whidden DIEs vir my meer “gevoelig” as my 21st century press met Wilson DIEs as dit by koels seat kom maar dit kan net ek wees wat bq deurmekaar is, met klein FB koels is die inline DIEs en arbor press wel die pad om te stap
Re: Arbor press
Posted: Wed Feb 14, 2024 2:52 pm
by Eight
Ek vervaardig hierdie Arbor press. Die basis of voetstuk maak ek enige grootte wat verlang word asook die handvatsel. Hy het baie goeie gevoel aangesien hy nie met ratte werk nie. Die deel van die handvatsel wat op die plunger druk loop op n bearing.