Page 1 of 1

Hulp met waardes benodig

Posted: Mon Feb 05, 2024 12:28 pm
by hencohugo
Goeie dag mede Jaracal lede

Ek moet 'n paar veranderinge in my lewe aanbring en ongelukkig moet ek van 'n paar wapens ontslae raak. Ek soek graag iemand wat my kan help met die waarde daarvan sodat dit vir my en die koper albei 'n goeie transaksie is. MAW ek wil nie 'n adverteer prys hê nie ;D maar 'n regverdige verkoop prys. Die wapens wat tans aan die korste end trek is die volgende:

Musgrave 3006 De Lux met Leupold VX-L scope en reflex Silencer (Gavin Smith)
Stevens .22/410 met cheap red dot
Beretta .22 Pistool
Star M30 9mm Pistool
SKB model 500 O/U 12BR

Hoor graag van julle

Groete

Henco (Worcester)
0827672809

Re: Hulp met waardes benodig

Posted: Mon Feb 05, 2024 5:37 pm
by Ds J
Musgrave 3006 De Lux
R8000 - R12 000 (?)

Stevens .22/410 met cheap red dot
Pryse verskil baie, soms selfs weggegee.

Beretta .22 Pistool
R500 - R2500, gewoonlik R800 - R1200

Star M30 9mm Pistool
R2000 - R6000, gewoonlik R3500

SKB model 500 O/U 12BR
(?)

Re: Hulp met waardes benodig

Posted: Mon Feb 05, 2024 6:10 pm
by HeinM
Hallo daar!

Watter model is die Beretta?

Mooi aand daar!

Re: Hulp met waardes benodig

Posted: Mon Feb 05, 2024 8:06 pm
by hencohugo
Hi Hein

Nie seker oor die model nie maar stuur my jou nr dan stuur ek n paar foto’s vir jou.