Jag in Duitsland 2016
Posted: Fri Feb 02, 2024 4:53 pm
In 2016 het ek die geleentheid gekry om in Duitsland te jag op uitnodiging van Swarovski. Nadat ons eers twee dae in Wetzlar deurgebring het, het ons na die dorpie Oettingen, die tuiste van prins Franz Albrecht Oettingen-Spielberg, die man wat die varke so moor. Dié prins was ons gasheer en die jag het op hulle familiegrond plaasgevind. Ons het in die ou familiekasteel gebly (eintlik in 'n aangrensende deel daarvan waar die personeel in die ou tyd hulle kwartiere gehad het). Die varkskiet-prins bly ook nog in die dorpie maar in 'n moderne "kasteel". Die jag het hand aan hand geloop met die persbekendstelling van nuwe Swarovski-teleskope en ons het bedags lesings daaroor ontvang in een deel van die kasteel - daar is baie sale en kamers wat duidelik voorheen perdestalle was (waar ons hoofsaaklik die lesings gekry het). Ons is soggens reeds voor vyfuur veld toe en het dan gejag tot so by 10 of elfuur se kant. Dan was dit lesingtyd en vryetyd tot die namiddag so rondom vieruur waarna ons weer veld toe is. Dan het ons gejag tot amper tienuur die aand (dit word baie laat donker daar). Na die namiddag/aandjag is ons terug kasteel toe waar die jagters dan met hulle bokke gespog het soos jagters maar maak. Aandete is teen so elfuur bedien. Ons het te voet gejag, die normale stap-en-bekruip. Daar is egter ook skietstellasies op verskeie plekke in die bos wat uitkyk oor oop stukke veld waaruit daar geskiet kan word. Ek het vier reebokke in totaal geskiet, twee ooie en twee ramme. Die twee ooie is altwee geskiet nadat ons hulle gesien en toe bekruip het. Die een ram (die grootste een) het ons in 'n stuk oop veld gesien waar daar 'n skietstellasie was. Ons het toe versigtig nader bekruip, ongesiens in die stellasie opgeklim en vanuit die stellasie die skoot geneem. Die laaste ram was 'n jong ene wat kruppel was en vol bosluise. Ons het in 'n stellasie opgeklim en bloot sit en wag om te kyk of ons iets sien. Na seker so 'n halfuur het die jong bokkie die oop veld binnegekom en die gids het my gevra om hom te skiet aangesien dit van die tipe bokke is wat hulle verwyder wil hê.
Ek het 'n Steyr "Maanligter" gebruik in .308 want dis waarmee ons voorsien is. As ek reg onthou was die ammo van RWS en die koeëls165gr. Ek sit 'n paar posts op met foto's. Die eerste foto's wys die kasteel en die plek waar ons die gewere ingeskiet het.
Ek het 'n Steyr "Maanligter" gebruik in .308 want dis waarmee ons voorsien is. As ek reg onthou was die ammo van RWS en die koeëls165gr. Ek sit 'n paar posts op met foto's. Die eerste foto's wys die kasteel en die plek waar ons die gewere ingeskiet het.