Page 1 of 1

Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Wed Jan 31, 2024 1:38 pm
by Ds J
Hierdie plasing is bewustelik onder humor.

Twee skrootwerwe het vanoggend gesê hulle mag nie meer ou doppies opkoop nie. Dit is kwansuis onwettig want daar bestaan blykbaar die gevaar dat iemand dit sou kon herlaai.

Lag maar saam met my die wrang humorlose laggie van sosialistiese knegskap.

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Wed Jan 31, 2024 1:45 pm
by Lategan1
Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 1:38 pm Hierdie plasing is bewustelik onder humor.

Twee skrootwerwe het vanoggend gesê hulle mag nie meer ou doppies opkoop nie. Dit is kwansuis onwettig want daar bestaan blykbaar die gevaar dat iemand dit sou kon herlaai.

Lag maar saam met my die wrang humorlose laggie van sosialistiese knegskap.
😆🤣

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Wed Jan 31, 2024 2:24 pm
by Ratel
++>: ++>: ++>: ja nee kyk Dricus het dit mooi opgesom. So onbevoeg dat ons eintlik goed lyk. Ons is so ver agter dit lyk of ons voor is. Klink of agbare hoedman die raad gegee het. Dit is juis een van sy concerns. ++>: ++>:

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Wed Jan 31, 2024 9:22 pm
by Alwin
Ja ek ondersteun die gedagte dat skrootwerwe nie Boxer-slagdoppie doppies mag koop en laat insmelt nie.

Daar is genoeg herlaaiers wat dit graag teen skrootwaarde sal wil koop.

Het iemand dalk 'n paar honderd 1-keer gevuurde Lapua 223 doppe teen skrootwaarde vir my asb?

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Thu Feb 01, 2024 9:50 am
by Jaco vdW
Ds J wrote: Wed Jan 31, 2024 1:38 pm Hierdie plasing is bewustelik onder humor.

Twee skrootwerwe het vanoggend gesê hulle mag nie meer ou doppies opkoop nie. Dit is kwansuis onwettig want daar bestaan blykbaar die gevaar dat iemand dit sou kon herlaai.

Lag maar saam met my die wrang humorlose laggie van sosialistiese knegskap.
Selfde antwoord van skroot handelaar in Somerset Wes gekry. Eers gedink hulle is laf, maar dis dan nou so.

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Thu Feb 01, 2024 10:24 am
by Rudi Fischer
Dis n jammerte, ek het nou amper n 20l verf drom vol doppe wat ek wou in gee.
Miskien moet ek hulle maar self probeer smelt en die n brass ingot vir hulle vat.

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Thu Feb 01, 2024 8:53 pm
by Ds J
Hulle het geen beswaar met gesmelte koper nie.

Kyk net dat daar nie slagdoppies in is nie.

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Fri Feb 02, 2024 12:39 pm
by Alwin
Ds J wrote: Thu Feb 01, 2024 8:53 pm Hulle het geen beswaar met gesmelte koper nie.

Kyk net dat daar nie slagdoppies in is nie.
Ek het hier in ons omgewing weerstand gekry teen koper wat in stawe gegiet is. Hulle is bang dit kom van gesmelte kabels af.

Re: Skrootwerwe koop nie meer doppies nie ?!

Posted: Wed Feb 07, 2024 3:08 pm
by wrm
Nou moet ons maar die doppe op die dump gaan gooi waar enigiemand dit kan optel...