3 Bosbokramme met n 410!
Posted: Tue Jan 23, 2024 4:51 pm
Middag manne
Ek het lank getwyfel of ek die storie moet vertel....... maar hier gaan hy.
Vroer jare was duiker- en bosbokjag, met haelgewere baie gewild in die Suidkaap. Ek weet baie mense glo dat jy nie n haelgeweer op n bok moet/kan gebruik nie. My ondervinding is dat waneer jy n duiker of bosbok plankdwars tot op so 40 tree die volle skoot AAA op sy blad/ribbes gee, rol hy soos n wiel soos hy val. Dit was "driven hunts", maar ons het egter nooit honde gebruik nie want my pa het gese hulle vang die bosbokooie en lammers. Die werkers het deur die veld gestap terwyl die skuts op sekere plekke "voor gestaan" het.
Op die spesifieke jag was ek 9 jaar oud en het toe al heelwat met my pa se 410 geskiet. Ons het bosbok gejag in n kushoutbos. Die bos bestaan uit Melkhoute, Hardepeer, Witels, Wag n Bietjie, Gwarrie, Noem-noem, Pokysterhout, Oliene ens. Dit is baie ruig en sig is so 3-5m. Die skuts het in die wildvoetpaadjies voor gesit, daar kon jy miskien paar tree verder sien.
Dit was die eerste keer dat ek n geweer op so n bosbokjag mag saam geneem het. My pa het my langs n paadjie laat sit, hy het gese ek nie moet nie in die paadjie sit nie want as daar n bok vinnig kom kan hy oor my hardloop. n Groot bosbokram in volle vaart wat van 8-10 tree op jou afstorm skei baie adrenalien af! Ek kon sien dat daar maar min spore in die paadjie was.
Die instruksies was baie duidelik, jy mag net ramme skiet, mag net vorentoe in die paadjie skiet, as die aanjaers nader kom word daar n teken gegee en dan skiet niemand meer nie. As jy dit waag om nie te luister nie, sal jy nooit weer op daai plaas jag nie. My pa het so 50 tree verder in n paadjie (met baie spore!!!) gaan sit.
Die paadjie het voor my in n "S" vorm gekronkel. Die aanjaers het net begin praat toe ek n swart ram sien aangesluip kom. Die S vorm het veroorsaak dat ek op so 6 tree sy blad kon sien. Die AAA Eley Fourlong het sy werk gedoen en die ram het so paar tree gestrompel en geval. My pa het benoud geroep en wou my nie glo nie. So het ek die dag nog twee kanse gekry en 3 ramme geskiet met 3 skote. Twee was driekwart uitgegroei en een was n groot ram. As ek reg onthou is daar die dag 11 ramme geskiet. Vir baie van die ooms was my 3 ramme met 3 skote n bitter pil om te sluk.
Ek het daarna baie bokke met n haelgeweer geskiet, maar nooit weer 3 ramme met 3 skote nie.
Die oom wat by my op die foto staan is die kabeljoulegende van Witsand, Oom Oubaas Rall.
Groete