Bosveld verblyf in Sondela - afslag vir lede en vriende
Posted: Mon Jan 22, 2024 11:52 am
Manne ek wil hier graag iets aan die lede bied omrede ek al soveel goeie inligting hier bekom het en al met so baie lede besigheid gedoen het.
As admin voel dit is onvanpas laat weet my asb.
Ek het altyd my kinders Sondela toegevat net buite Bela-bela toe hullle kinders was en so maar op die plek verlief geraak. Een van ons gunsteling speletjies was om rond te ry en wild te soek - Ons almal het dan geraai wat die afstand is na die Kudu of Kameelperd of Wildebees of watter wild ons ookal gesien het. Ons het dan met die Rangefinder die afstand bepaal en die afwykings neergeskryf. Aan die einde van die rit was die kind met die totale kleinste afwyking die wenner van R100-00, as dit ek was moes die kinders die vuur maak, maar het ek hulle inelkgeval R100-00 elk gegee omdat hulle saamgespeel het.
Intussen het ek 'n Chalet (ACACIA 208) gekoop by Sondela waar ek so elke 3 weke toe gaan net om bietjie wegtekom. Net so onder 'n uur uit Pretoria uit.
My chalet word deur Sondela uitbespreek maar natuurlik neem ek die datums en dae wat ek wil.
Dit is 'n 3 slaapkamer chalet wat 6 mense slaap, tenvolle toegrus, word daagliks gediens en het ook vol DSTV en Inverter vir Loadshedding.
Ek wil graag my chalet aanbied vir lede teen R500-00 goedkoper per week-aand en R1000-00 goedkoper vir 'n naweek-aand as wat Sondela dit aanbied op hulle webwerf. EK sal dit graag nog goedkoper wou doen maar ek het onkostes soos skoonmakers, levies, elektrisiteit etc. Ek wil net graag my plek met julle deel.
Hier is so een of twee fotos - As enige lede wil gebruik maak van my plek laat my weet en ek bespreek dit vir jou en ons sort die admin dan privaat uit.
Kort video wat ek gemaak het in Oktober toe dit nog droog was - https://www.youtube.com/watch?v=xjt_TAwjhQY