Page 1 of 1

308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 10:14 am
by Brno308 jagter
Hi Daar

Ek sal graag wil weet, ek het onlangs begin herlaai. Ek het my kennis opgetel soos wat ek herlaai het vir my 303 en toe begin laai vir my 308 Win.

Ek het die volgende probleme ondervind. Ek het 'n klomp PMP doppe wat een keer geskiet was in my geweer, geresize met 'n LEE Full resize die en na die resizing het ek die doppe met 'n elektroniese caliper gemeet en almal het 51.18mm gemeet. Ek het toe 'n dummy patroon gelaai om my TPL reg te kry en daarna my kamerlente met 1.5 mm verkort en so dan 'n dummy gelaai, die probleem is dus, my slot chamber nie die dummy patroon lekker nie en hy is baie styf met die laaste draai aksie van die slot. Gewone fakrieksammunisie recycle maklik in my 308. Moet ek dalk my doppe sny na die minimum lente van 50.90mm toe.?

Is daar iemand wat dalk al dieselfde probleem ondervind het.? My geweer is 'n Brno 308 Zkk 601

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 10:51 am
by Beyers
Brno308
Ek het soortgelyk ervaar met my .223, die doppe was net nie in my geweer geskiet nie. Ek vermoed dat vol lengte resize die nie reg gestel was nie, ek skiet nou eers die klomp uit en gaan hulle dan resize en dan toets. Kyk na die doplengte, miskien het hulle 'n trim tot op speks nodig. Meet ook die deursnee van die dop se agterkant en vergelyk met 'n fabrieksdop.
Metriese mate is op die volgende site: http://en.wikipedia.org/wiki/.308_Winchester
Sterkte
Beyers

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 2:15 pm
by DSBW
Brno

In die normale gang van sake is dit gewoonlik nie jou totale doplengte nie, eerder die skouer van die dop wat nog 'n bietjie moet terug gedruk word. As jy die "full length" nog so effens dieper indraai ( maksimum 50 Thou, of minder) kan dit dalk 'n verskil maak. Dis maar 'n kwessie van eksperimenteer, moet net nie die "die" te diep indraai nie, dan breek jy goed, maar jy het genoeg toleransie om mee te werk, so gaan maar bietjie dieper met hom.

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 3:13 pm
by Danie Lombard .243
Hallo daar ou Brno

Lyk my jy het per ongeluk ge neck size en nie ge full size nie. Nek size is in alle opsigte beter interme van dop lewe ens. Al wat sleg is van nek size is dit wat jy nou beleef nl. dat jou slot effens styf toemaak. Het ookal opgetel dat waneer 'n mens gebruik maak van 'n lee press, jy soms sukkel om doppe te full size. As jou gun groepeer, en jy nie kamerdruk (PLAT PRIMERS) kry nie, dan het jy nie 'n probleem nie.
Lekker laai en geniet jou kettie.

Danie.

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 3:39 pm
by Brno308 jagter
Hi Julle.

Dankie vir al die raad. Kyk ek is maar nog heel nuut in die herlaai ding vir die 308Win, omdat ek eers laas jaar November my lisensie gekry het, maar volgens wat ek kon aflei is die Lee Resize Die nie die beste resize die op die mark nie.

Ek wil graag die idee probeer om die die dieper in te draai en weer te resize. Ek het ook 'n RCBS die by 'n vriend gekry, moet ek dalk hom probeer vir die resize.? Moet die Die die shelholder heeltemal raak, os moet daar 'n haardikte spasie wees tussen die die en shelholder.?

Kan ek na ek die dop geresize het probeer om net die dop sonder 'n punt in te cycle in my geweer, of moet ek 'n punt seat in die lee dop.?

Ek het 3 skote geskiet met die gelaaide patrone, my TPL was 69.5mm en die lading was 39gr S335 kruit met 'n Hornady interlock punt. Weet enige van julle of die punte okay is vir jag.?

Is PMP goeie doppe, of moet ek die Yankee doppe gebruik.?

Brno 308 Jagter groete.!

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 4:35 pm
by Wielie Waps
BRNO
Ek skiet 150gr Hornady interlock met my .303. As dit deurgaan, soos op springboknek ruk dit 'n groot gat. Ek het al vlakvark op kort afstand geskiet met bitter min vleisskade. Dit was 'n skuins bladskoot en die punt is uit die nek herwin. Ek skiet baie lekker met die punte.
Groete
WW

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 8:59 pm
by Danie Lombard .243
Hallo daar Brno.

Alweer ekke.

Ja jy kan die dop chamber sonder 'n punt MAAAAR!!!! Wat se aksie het jou .308? Ek neem aan dit is 'n BRNO.Sekere Brno's en Mausers het dieselfde extracter of ejector staaf voor by die bolt face. Die aksie moet dus dan die dop vanuit die magasyn kas optel sodat die rim van die dop van onder kan ingly in die extracter in. So kan jy verhoed dat jou extractor breek of buig. Ander tipes aksies soos Remington, Savage, Browning ens. kan jy die dop in die kamer indruk van agter met jou vinger, en dan die slot toe stoot en sluit. Die dop rim click/klim dan in die extractor in by die bolt face. Help maar die dop met die vingers as dit erens hak.

Vir full size moet jou shell holder lekker styf teen die die se onderkant druk waneer jou press se ram shaft sy hoogste cam punt bereik. OPPAS vir te styf, lee dies kraak maklik. 'n Press is sterker as wat ons dink.
Vir neck size moet jy maar eksperimenteer met die doppe, gebruik 'n beroking vlam en rook die doppe swart. As slegs die nek skoon uitkom na dat dit in die die gedruk is, dan het jy suksesvol ge neck size. As jy nie kan doppe swart berook nie, gebruik mechanics blue, of sommer vroulief se lipstifie. Dit werk ook. ;D

Wielie Waps se reg, jy kan gerus met die interlock jag. Hul is vir die doel gemaak.

Jy moet maar met TPL lengte speel en dit toets. Dit is wat die wapen laat gropeer. Moet net nooit dat die punt teen die groewe druk nie, dit sal die kamer druk sommer sleg laat klim. Jy volg die regte pad om so 1,5 mm vanaf die groewe te begin laai.  Maak vir jou so 4 patrone met 'n TPL lengte wat almal dieselfde is, skiet dit vanaf 'n dooie rus tafel na 'n teiken op 100m en beloer die groepeering. Maak nou jou TPL so 1mm korter en toets weer 4 skote. Hou so aan todat jou geweer groepeer. Nou kan jy loer na die hoeveelheid kruit, minder en meer, om by jou gekose speod aan te pas. Hou die primer dop vir druk. Hoe plater, hoe vinniger en hoe gevaarliker ens. Wapens werk op druk in die loop en word gemeet in pond per vierkant 'n duim.(COPPER CRUSHER) Het al gesien dat 'n betrokke loop en kaliber sy top snelheid bereik, NOU, al gooi jy meer kruit by, die speod bly dieselfde, dit is dan net die kamer druk wat styg, en dit is hier waar die moeilikheid en probleme begin. Vermy dus te hoe druk.
Begin dus by die MINIMUM lading soos in die somchem boek en werk stelselmatig op tot jy sien die roer groepeer lekker.
Dit is hoe ek dit doen. Bullet jump is everything, al else is for speed.

Lekker laai
Danie

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 9:58 pm
by Hein M.
BRNO,

Hallo daar!

Die kans dat daar fout met die Lee die is, is uiters skraal.  Ek gebruik RCBS, Lee en Redding dies en kon nog nie fout vind by enigeen nie.  Ek dink dat jou Lee die se verstelling nie 100% reg is nie.  As die doppe nie reg gesize is nie, sal dit nie gemaklik in die kamer pas nie.  Dit is veral die skouer gedeelte se dimensies wat gewoonlik uit is.  Moenie sommer ander dies koop nie.  Soek 'n ervare herlaaier in jou omgewing wat jou kan help.  Dit is gewoonlik meer waardevol as handleidings.  Natuurlik is 'n herlaaikursus eintlik die oplossing.
PMP doppe doen die ding in my 223 (al vir baie jare).  Hoe skerper jou ladings raak, hoe beter moet die kwaliteit - en behandeling van die doppe wees.  Vind uit wat jou geweer se gunsteling kos is en voer hom net dit.  In die nuwe Magnum tydskrif is 'n puik artikel van Koos Barnard oor lading ontwikkeling.  Vra 'n kenner om jou daarmee te help. 


Groetnis!

Hein M.

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Tue Jan 12, 2010 11:40 pm
by DSBW
Brno

Absoluut niks fout met PMP doppe nie. Lank gelede was ek nog in die "Wildcat" era van my lewe, waar elke moontlike variant van die standaard kalibers verander word om beter/vinniger/akkurater te skiet. Daar was min doppe (Lapua die uitsondering) wat kon kers vashou met PMP as dit kom by die hantering van druk, leeftyd ens.

Draai net jou "die" bietjie dieper in, en onthou, doppe wat uit 'n ander kamer kom moet maar "full length sizing" kry, soos die manne al verduidelik het. Ook niks fout met Lee "dies" nie, werk baie goed. Sukkel maar so bietjie, en vra raad soos jy doen, jy sal gou gou regkom.

Geniet dit, die herlaai gogga is 'n lelike ding, jy sal weldra sien, hy byt 'n moerse hou!

Dawie

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Wed Jan 13, 2010 8:32 am
by Robert
Ek het die selfde probleem gehad toe ek begin herlaai het as Brno. My problee was as ek die punt insit het ek die "seat die" bietjie te diep ingedraai en dan word die kraag terug gedruk en verdik die skouer en wil dan nie kamer nie.

Ek sit nou eers die doppie in die press en dan laat sak ek die handvatsel tot onder en begin dan om die "die" in te draai tot dit die doppie raak en dan draai ek die "die " 'n kwart draai terug. Ek krimp eerder apart met 'n factory crimp die as met die seat die.

Sterkte met die herlaai en soos Dawie se"
Geniet dit, die herlaai gogga is 'n lelike ding, jy sal weldra sien, hy byt 'n moerse hou!
Daar is net een manier op daai siekte te behandel en dit is met geld, baie geld ;D :D ;) Jy moet baie aandag aan die vroutjie gee en dan koop jy laaigoed........

Lekker laai

Robert

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Wed Jan 13, 2010 10:11 am
by DSBW
Robert, dis baie goed gestel. Hy werk so: As 'n pakkie punte N$500-00 kos, dan kos hy eintlik N$1000-00, want ?rens moet jy die losprys inwerk. Ek spot sommer, ek is meer as happy om net soveel op die ander helfte as op myself te spandeer, maar jy is reg, mens spandeer soveel op al die "extra's" van herlaai dat dit uiteindelik blerrie duur raak, maar nog steeds bly dit bitter lekker!

Groete!

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Wed Jan 13, 2010 11:09 am
by Brno308 jagter
Hi Julle Almal

Baie dankie vir al die raad, ek gaan als probeer. 'n ervare herlaaier het my gister aand gehelp en toe met my gedeel dat ek dalk die bullet seating die te diep in die press indraai. Hy het ook met my gedeel dat ek moet kyk na 'n neck size 'die' omdat al my doppe wat ek besit net in my geweer geskiet is.

Ken enige van julle neck sizing dies.? Ek het gaan oplees, maar dit lyk vir my die Lee Collet Die set is maar die beste om te gebruik vir Neck Sizing.

Ek wil ook dan by julle weet, hoeveel keer kan mens net neck size voor mens weer moet full size.?

Het enige van julle dalk ladings wat julle in julle 308's gebruik vir 165gr punte met S335 kruit.?

Groete

Brno 308 Jagter

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Wed Jan 13, 2010 12:00 pm
by Beyers
As jy ladings uitwerk kyk gerus op Safari &Outdoor se artikels, dis 'n uitstekende metode, maar verg tyd en geduld, geld ok. Ek sou drie van elke lading doen vir akkurater resultate.

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Wed Jan 13, 2010 8:32 pm
by Hein M.
BRNO,

Die Collet die van Lee is voldoende vir ons gewone jagters en algemene skieters, maar as jy 'n spesialis papierskieter is, sal jy beter necksizing dies kan gebruik.  Ek weet dit klink dalk snobisties, maar die term "beste" is, soos met alles, 'n wye begrip ;D  Ek gebruik ook die Lee Collet en dit doen die ding vir my doeleindes.  Soos wat ek bewe sal enigiets eintlik die ding doen ::)

Ek skiet normaalweg so vyf tot ses skote met daardie necksize-dop voordat dit gefullsize moet word.  Dit is my ervaring met die 223 as die loads nie te hot is nie.

Net my 2 sente. 

Soos Dawie opmerk:  Dit is 'n verslawende heerlikheid - hierdie herlaaiery. 

Groetnis!

Hein M.

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Wed Jan 13, 2010 8:59 pm
by Hein M.

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Sun Jan 17, 2010 8:44 pm
by Brno308 jagter
Hi Daar Julle

Kan enige iemand my dalk vertel hoe om die Lee Collet Die te stel, want ek een Saterdag gaan kry maar ek kry nie die neck gesize nie.

Volgens Lee moet jou hom inskroef todat hy die sheldoher raak en dan nog 'n draai in. Maar ek kry nie die neck gesize nie, al watr gebeur is die slagdoppie word uitgedruk.

Sal iemand my asb kan verduidelik wat ek verkeerd doen.? ;)

Groete,

Brno 308 Jagter

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Mon Jan 18, 2010 9:08 pm
by Hein M.
Hallo BRNO!

Ek kan seker ook probeer, maar in hierdie ouens se verduideliking is daar meer te leer.  Hoop jou Ingels is beter as myne ;D

http://www.benchrest.com/forums/showthread.php?t=49899

Sterkte partner!

Hein M.

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Mon Jan 18, 2010 9:59 pm
by Mac
Hein,
Hoop jou Ingels is beter as myne
Ek is seker julle oordoen hierdie "engels is tough" ding, ek praat dit dan al van kleins af.  :D

Re: 308 Herlaai probleme

Posted: Mon Jan 18, 2010 10:31 pm
by Hein M.
Mekkie,

Kalmeer.  Selfs ou FW is nou aan my kant.  En hou by die onderwerp!

Hein M