Page 1 of 1

Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Sun Jan 21, 2024 4:05 pm
by Fanta300
Goeie dag. Hoop iemand kan my help.

Ek en Ben was in die middel van ‘n transaksie toe hy op 10 Jan van die lug af verdwyn. Ek het op 11 Jan ‘n E-pos van een van sy kinders gekry wat sê dat hy in ‘n ernstige motorongeluk was maar het tot nou toe niks verder gehoor nie.

Ben boer so 50 Km buite Messina langs die Limpopo met groente en wild.

Besigheid naam Bezrico Boerdery of dalk Henrico Boerdery

As enigiemand my kan help met enige inligting sal ek baie bly wees.

Dankie

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 7:32 am
by heywillie
Fanta300 wrote: Sun Jan 21, 2024 4:05 pm Goeie dag. Hoop iemand kan my help.

Ek en Ben was in die middel van ‘n transaksie toe hy op 10 Jan van die lug af verdwyn. Ek het op 11 Jan ‘n E-pos van een van sy kinders gekry wat sê dat hy in ‘n ernstige motorongeluk was maar het tot nou toe niks verder gehoor nie.

Ben boer so 50 Km buite Messina langs die Limpopo met groente en wild.

Besigheid naam Bezrico Boerdery of dalk Henrico Boerdery

As enigiemand my kan help met enige inligting sal ek baie bly wees.

Dankie
Ek het met dieselfde ou gesukkel en dieselfde storie gekry.

Het klomp mense in en om Messina gevra en niemand ken die ou nie.
Hoogs waarskynlik 'n scammer

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 2:07 pm
by Ratel
Fanta
Kan jy nie laat iemand met IT agtergrond vir jou die IP adres probeer vasstel nie? Dalk kan dit help. Ek praat nou van die mail van die "kinders" af. Heel moontlik hyself wat die mail gestuur het om jou te ontmoedig om hom verder op te spoor.

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 2:18 pm
by Fanta300
Middag Ratel. As jy kyk hoe fyn hy sy stories uitgewerk het om oortuigend te wees kan ek nie dink dat hy homself so gaan laat vang nie. Sy WA is in ‘n besigheidsrekening. Hier is sy E-pos: bezuidenhoutben8@gmail.com Wees maar net baie versigtig. Die skelms lyk al hoe meer soos ons eie mense. Vertrou niemand nie.

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 2:49 pm
by Capt. Yoda
Oom Fanta, forward my die hele mail wat hy of die kinders Oom gestuur het na snoeth@icoud.com

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 4:14 pm
by Toxxyc
Kanse is bitter goed dis nie sy regte naam nie, en hy is 'n professionele scammer. Dit beteken alle leidrade is verniet. Info kan vir my ook gestuur word, maar kanse om hom te vang is skraal tot nul.

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 5:41 pm
by tripodmvr
Moet dit nie snoeth@icloud.com wees nie?

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 7:31 pm
by OosKaapJagter
Baie van hierdie slenters word vanuit die gevangenis bedryf op ingesmokkelde fone.

Jy het waarskynlik te moeilike vrae gevra en te veel vereistes gestel. Dit kan wees waarom die man van die lug af verdwyn het, sou dit wel 'n gepoogde slenter wees. Ek glo dat as een van die "kinders" die ordentlikheid gehad het om jou van die "motorongeluk" te vertel, sou hulle nie net so verdwyn het nie.

Re: Ben Bezuidenhoudt van Messina

Posted: Mon Jan 22, 2024 7:45 pm
by Fanta300
So lyk sy WA profiel :'(

Sy nr is +27 79 670 5998
IMG_5880.png