Page 1 of 3
scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 11:45 am
by cassie_calvinia
dagse manne
as dit al bespreek is, gee asb die link.
ek moet begin dink vir 'n scope vir die 22-250.
dit help seker nie ek het 'n geweer wat 300m kan skiet in nag, maar nie regte scope.
is dit nodig vir 'n R15000 night force?
klink my hy moet nie te veel vergroot, dan kom parrelax in. en 50 of 56 wees.
30mm tube seker 'n groot verskil, of nie noodsaaklik nie?
Sien die burris 3-10x50 begin hier R4000. weet nie hoe dik hy is. ek sal hou van 30mm tube, en tot max 14 vergroting. wat stel julle voor. So plus minus R10 000
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 12:26 pm
by sakkievanheerden
Cassie
MEOPTA!!! Jy kan maar jou huiswerk op hulle doen,kontak sommer vir Klipspringer hy verkoop hulle teen goeie prys.
Groete
Sakkie van Heerden
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 1:08 pm
by cassie_calvinia
ek sal so maak. dankie.
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 1:22 pm
by Pvdw
Cassie soof Fm elder ges? het, die maak is nie die belangrikste nie maar naverkoop diens. Uit die aard van die saak kan jy nie 'n R5000 scope vergelyk met 'n R15000 scope nie maar indie pryklas waarvan jy hierbo praat dink ek nie jy gaan veel beter of slegter af wees tussen die bekende make nie.
/Ek persoonlik hou van NIKON en sal daarom gaan vir die 4-16X50 Monarch. Dis net persoonlik maar Burris/Leopold/Meopta gaan jou net so mooi help.
Peet
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 1:44 pm
by raychell
pvdw
Die wat Meoptas het sal jou gou vertel dat vir jakkals jag kan die ander fabrikate wat jy noem nie in dieselfde asem of sin as Meopta gebruik word nie Meopta staan duidelik bo hulle uit.Koop 'n Meopta Meostar 3-12x56 en jy sal nie spyt wees nie
Raynie
Laaste prys wat ek het was R6600.00
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 2:11 pm
by Pvdw
raychell daar is seker uitsonderings maar ek wil juis nie vir die man voorskryf watter spesifieke scope om te koop nie. Ek is al so moeg vir die idiale kaliber of scope gestryery-nie moodwendig op die forum nie- dat ek eerder 'n algemene opinie oor scopes sal gee. Ek self ken nie almal nie sal daarom my nie uigee as 'n kenner nie.
As die Meopta nou wel beter is as die ander, dan is dit so maar nie een van die ander make wat genoem is gaan vir Cassie in die steek laat nie, of so glo ek in elk geval.
Ek sou voel dat die 50 of 56mm voorste lens teenoor 'n 40 of 42mm soms grootter verskil maak as jy kyk na scopes in die gemiddelde prys klas.
Peet
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 2:24 pm
by Boertjie
Peet
Ek dink nie Raynie bedoel om te se dit is die ideals jakkals jag scope nie.Maar wat hy hier bedoel is dat die scope ver bo die ander in sy prysklas uitstaan.En dat dit ook n goeie scope vir jakkals jag is.
Ons almal weet dat daar baie duur scopes op die mark is, en wat beter sal wees, maar ongelukkig het ons nie almal R30 000 om vir n scope te betaal nie.
Dit is hoe ek dit sien ,maar kan seker verkeerd wees.
Boertjie
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 2:26 pm
by Pvdw
Dit is ook hoe ek dit verstaan het.
Peet
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 2:41 pm
by Christo
raychell wrote:
'n Meopta Meostar 3-12x56 ............Laaste prys wat ek het was R6600.00
Ek stem dit is 'n baie goeie opsie hierdie. Ek het 'n 5-20 x 50 Lynx gekoop vir baie duurder, hy werk rehgtig goed genoeg vir my maar sou defnitief R6600 ernstig oorweeg het.
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 3:39 pm
by cassie_calvinia
peet
al die raad is welkom, ek soek juis raad soos wat jy gese het van 50mm vs44mm lens gaan groter verskil maak as brand. wat se jul manne oor tube dikte? en...as daar 'n brand onder R10k is waar ek moet wegbly, se dit asb! meopta klink goed. maar sal na die nikkon ook kyk.
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 3:44 pm
by cassie_calvinia
wat is die verskille tussen die arteimis, meopro, en meostar? sien hul pryse wissel kwaai by zimbi books
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 3:47 pm
by Francois Marais
Cassie
Tube dikte gee jou net meer verstelling en het NIKS met liginlaat te doen nie, al wat die helderheid v/d beeld bepaal is jou voorste lens se deursnee, ek het ook in n Meopta bele nadat ek net goeie dinge v/d scopes gehoor het, ek het egter nog nie die kans gehad om deur hom te loer nie, het dit sommer laat stuur waar my geweer aanmekaar gesit word......vir R10K behoort jy n BAIE goeie scop te kan koop.
Praat met Klipspringer (Jan) oppi forum, hy kry van tyd tot tyd baie goeie tweedehandse scopes ook in........
Mooi loop
Francois
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 3:54 pm
by Francois Marais
http://www.meoptasportsoptics.com/EN/ca ... 1=2&nav2=3
Cassie
Lees self oppi link bo, so vinnig.....
Meostar 30mm tube 56 voor lens
Meopro 25mm tube 50mm lens
Arteimis 30mm tube 50mm lens
Mooi loop
Francois
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 4:44 pm
by Scrappies
Hi Cassie,
Ek gebruik n Vortex Viper 4-16x50HS ( R6600 ) op my 22-250 vir alles. Wat n plesier van n scope! Werk lekker op die springbokkies. Was aanfanklik bang dat die reticle bietjie dun gaan wees maar het 3 weke terug n skelm man met die rooilig op 240m gestamp! Kon nog duidelik die kruis op sy blad neer sit. Dis nou my 3de Vortex het nou op al my gewere een en ek kan net met lof van hulle praat.
N maat van my gebruik n 3-10 x 56IR Lynx op sy 222 en daai kolletjie werk darem ok soos n bom. Kolletjie is mooi fyn en die glas is baie helder. Veral in vergelyking met vorige lynx modelle. Dink hy hy het R5000 vir hom in Welkom betaal.
Dis maar net my 2c oor scopes wat ek me te doen het.
Hoop jy kom reg!
Scrappies
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 5:16 pm
by wlm
Ek sien nie dat iemand van Leopold praat nie. Hoekom nie?
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 5:40 pm
by BOKRAM
Ek't laasnaweek my LEOPOLD 3-14 x 56 VX-L vir die eerste keer mee geskiet, en skiet BITTTERLIK lekker, gepos vannaf die regte STATES USD 1100.
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 5:54 pm
by Mac
Ek sien nie dat iemand van Leopold praat nie. Hoekom nie?
Omdat die search function nog goed werk. Pik nie, maar scopes word omtrent elke maand weer bespreek, en dit is net Francois wat die geduld het om almal te behandel asof dit die eerste keer gevra word, EN, hy weet waarvan hy praat.
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 6:40 pm
by muishond
Goeie naand
Ek wil net graag uitvind, en miskien is dit al bespreek. Wat sal nou die beste wees vir jag in die nag, van bok tot ongedierte ?
Is dit as die kruishaar op die 1ste of 2de fokal plane is, want ek weet die Meopta 3-12x 56 se kruishaar is op die 1ste fokal plane en die 4-16 x 44 se kruishaar is op die 2de focal plane.
n Ander vraag is het "field of view" te doen met lig deurlating of nie ?
Luister graag.
Groete
Muishond
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 6:40 pm
by cassie_calvinia
'n pel van my wat prof jag, gebruik leopold. maar die 1 wat so halfmaan lens het. hul noggal duur. maar hy glo aan sy leopold en night force
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 7:21 pm
by raychell
Muishond
Jy kan die 3-12x56 Meopta in beide 1ste en 2de fokal plane kry.Ek het dit al baie gese field of view is baie belangrik as jy oes of jakkals skiet.Hoe goed jy kan sien behoort jou bepalinde faktor te wees as jy tussen 1ste en 2de fokal moet besluit kan jy die kruishaar in die nag sien of nie.
Raynie
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 7:55 pm
by muishond
Raynie
Baie dankie, maw hoe groter die field of view is hoe meer lig gaan die scope deurlaat.
Ek mag dalk verkeerd wees, maar het so n idee dat as die kruishaar op die 1ste focal plane is die kruishaar ook vergroot namate die vergroting opgestel word.Sal dit dan nie n probleem wees as die teiken ver is dat die kruishaar alles gaan toe maak nie.
Wil graag n scope op my .243 Acl. sit wat ek wil gebruik
op ongediertes sowel as Sa. jagters life size teikens tot op 350m.
Sal jy n scope met of sonder paralaks verkies met die kruishaar op 1ste of 2de focal plane ? (kan darem die kruishaar sien)
Muishond
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 8:03 pm
by tripodmvr
Klein vergroting wye gesigsveld - nodig vir gevaarlike wild, daarom 1x3,5*20 teleskoop om wyd te kan sien en amper met altwee o? te kan skiet.
Groter vergroting hoe kleiner word die gesigsveld.
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 8:38 pm
by Francois Marais
Muishond
Field of view (FOV) beteken die deursnit van die area wat jy kan sien op 100m teen n gegwew vergroting, dit het niks met lig in/deur laat te doen nie....die FOV gaan verskil tussen 4X en 12X, wat tog logies is, MAAR dit verskil ook van scope tot scope, die een gaan jy bv. n 10m sirkel kan sien op 12X en met n ander gaan jy slegs n 7m sikel kan sien.....
My persoonlike keuse is n scope met paralaks verstelling en n kruis wat nie dikker raak soos die vergroting opgaan nie......
Mooi loop
Francois
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 9:11 pm
by raychell
Muishond
Ek soek 'n teleskoop met geen paralaks verstelling met kruis op 2de vlak.
Raynie
Re: scope vir jakkals jag
Posted: Sun Feb 19, 2012 10:02 pm
by Spanner
Ek het op Opticsinternational se website gaan vergelyk.
http://opticsinternational.co.za/rifle- ... ?mode=list
Hulle pryse is baie goed vergelykend met ander wat ek kon opspoor en hulle pos dit gratis vir jou.
Die Vortex Viper 6.5-20x50 scope (R7900) is 144g swaarder, en 56mm langer as 'n Leupold VX-3 4.5-14x50 LR (R8500) en die Leupold het IR by.
Die Nikon Monarch3 4-16x50 SF (R5350) is 82g swaarder en 65mm langer as die Leupold - maar die Nikon is ook heelwat goedkoper !
Die Burris Fullfield TAC30 6.5-20x50 (R6900) is 47g swaarder en 84mm langer en R1600 goedkoperas die Leupold.
Dis die 3 scopes wat ek tans oorweeg om op my nuwe .223 Howa te sit. Persoonlik weet ek nie of gewig en lengte so groot rol speel op 'n jakkalsgeweer nie, maar afgesien van beeldkwaliteit wat subjektief en van persoon tot persoon verskil, gee dit jou iets om die scopes met mekaar op te weeg.
Daar is tans ook 'n aantal specials op Swarovski scopes...