Page 1 of 1
222 ombouing na 223
Posted: Mon Jan 15, 2024 8:43 pm
by Viathevine
Is hier dalk nog iemand wat n 222 het wat omgebou is na n 223. Ek het n BSA aksie met Musgrave loop. Ek kan net 2 rontes in op n slag in sit, sodra daar meer in is en jy maak die kamer oop "pop" al die rontes uit. Is dit n algemene probleem met die ombouing? Dit is n ou vuurwapen wat van my oupa af kom... Amper tyd vir n nuwe loop. Enige raad?
Re: 222 ombouing na 223
Posted: Mon Jan 15, 2024 8:58 pm
by Ds J
Doen hy dieselfde met 222 patrone?
Ek neem aan hulle spring uit na onder?
Re: 222 ombouing na 223
Posted: Tue Jan 16, 2024 5:31 am
by Viathevine
Ja, hy doen dieselfde, hulle spring egter bo uit!?
Re: 222 ombouing na 223
Posted: Tue Jan 16, 2024 7:07 am
by Ds J
Ek vermoed dat dit nie met die ombouing te doen het nie want die ombouing van 222 na 223 is gewoonlik net n oorsny van die kamer. Die magasyn bly dieselfde.
Kyk asb of jy kan sien of daar aan die magasyn gewerk is? Of miskien is n lip gebuig, of so iets? Gewoonlik druk die lip van die magasyn teen die kant van die dop om hulle in plek te hou. Met drie patrone gelaai druk hy nie styf genoeg nie, dan spring hulle uit.
Re: 222 ombouing na 223
Posted: Tue Jan 16, 2024 4:19 pm
by alecjohnson
Veer kan te pap wees, dan is daar nie genoeg druk/weerstand op die res van die rondtes op die kante nie.
Kyk as jy dalk 'n stukkie of twee karton onder die veer sit op die probleem bly, indien die probleem weggaan, laat maak 'n stywer veer.
Re: 222 ombouing na 223
Posted: Tue Jan 16, 2024 5:52 pm
by jdpretorius
Dit is nie n algemene probleem nie...maar kan dalk moontlik iets op BSA self wees.
Ek't n Sako gehaad wat gebore was as n 222. Die kamer is eenvoudig gesny (so ver ek ontdou) na 223 Rem toe.....nooit enig issues nie, en het n koek hou geskiet.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: 222 ombouing na 223
Posted: Tue Jan 16, 2024 6:21 pm
by Capt. Yoda
Neem bq n foto vir ons van bo af as jy 2 patrone in het