Page 1 of 1

Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 10:44 am
by jdpretorius
Het iemand dalk al die Earmor M20T onder hande gehaad en getoets, om bietjie te kom vertel ?

Is daar dalk iets anders in die selde prys klas wat net so goed of dalk beter is ?

Die gewone tiepe oormowwe werk nie lekker vir my nie en sukkel met n bril sowel as sweet in die somer.
Die gewone Earmor M20 lyk of dit lekker kan werk maar die "T" model lyk of hy ook Bluetooth by het...my vraag natuurlik dan of hierdie oorpluisies met n ou se foon can 'pair' via Bluetooth (dit lyk wel so) ?

Hier is nie dalk iemand hier wat die Earmor M20T verkoop nie ?

Daar is ongelukkig nog nie baie oor die M20T op youtube....

Sent from my SM-A536E using Tapatalk



Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 11:24 am
by BeesBreet
Ek luister graag saam. Ek kry myself elke paar maande soek na so alternatief vir gewone oormowwe, maar Ek wil nie die geld mors nie.

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 2:29 pm
by jdpretorius
Bees dit wil voorkom of die "Walker's Silencer Electronic Earbuds" soortgelyk is...maar teen dubbel die prys.

Dit lyk ook of Earmor M20T dalk eers laas jaar vrygestel is....

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 4:46 pm
by BeesBreet
Ek het juis die walkers dop gehou maar die prys het my afgesit. Ek is bang dat dit ongemaklik gaan dra


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 4:50 pm
by JohanvB
Dink goeie raad is om die Oor Instituut te besoek, laat maak vir jou pasmaak oorproppies, en dra jou gewone oor mowwe bo oor dit, werk NOU great vir my.

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 4:50 pm
by JohanvB
Dink goeie raad is om die Oor Instituut te besoek, laat maak vir jou pasmaak oorproppies, en dra jou gewone oor mowwe bo oor dit, werk NOU great vir my.

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 5:56 pm
by rustiek
JohanvB wrote:Dink goeie raad is om die Oor Instituut te besoek, laat maak vir jou pasmaak oorproppies, en dra jou gewone oor mowwe bo oor dit, werk NOU great vir my.
Ek het van die akriel proppies laat maak. Dit werk baie lekker vir skiet. Hulle is gemakliker om in die jagveld te dra as oormowwe ook.
Die oormowwe oor die proppies is n goeie plan vir wanneer jy op die skietlyn is, veral as daar n muzzlebreak langs jou is!

Sent from my SM-A336E using Tapatalk


Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 6:43 pm
by jdpretorius

JohanvB wrote:Dink goeie raad is om die Oor Instituut te besoek, laat maak vir jou pasmaak oorproppies, en dra jou gewone oor mowwe bo oor dit, werk NOU great vir my.
Dankie Johan, maar daardie oormowwe is n bietjie van n irritasie vir my, alowel ek dink dit gee dalk meer beskerming. Ek soek dus nou eintlik maar iets wat 'beter' beskerm, as wat die gewone spons of rubber pluisies bied......blykbaar moet my vrou nou al op my skree as ek n nuwe kettie wil koop Image


Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Sun Jan 14, 2024 6:45 pm
by JohanvB
:laugh: :laugh: :laugh: : :laugh:

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 6:56 am
by Toyrsi
Ek het die gewone M20 gehad. Het lekker gewerk vir net langer as hulle waarborg. Toe wil hulle nie meer aan sit nie.

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 8:27 am
by jdpretorius
Toyrsi wrote:Ek het die gewone M20 gehad. Het lekker gewerk vir net langer as hulle waarborg. Toe wil hulle nie meer aan sit nie.
Baie dankie....hmmmm dit help, Chinese kwaliteid issues dalk

Wat gebruik jy nou ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk



Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 8:52 am
by Toyrsi
Ek is weer terug na my peltor oormowwe. Die Earmor demp ook nie so goed wanneer jy met n Tromprem skiet nie.

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 9:00 am
by jdpretorius
Toyrsi wrote:Ek is weer terug na my peltor oormowwe. Die Earmor demp ook nie so goed wanneer jy met n Tromprem skiet nie.
Image, dankie

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 11:19 am
by pwdejager
Hierdie lyk ook baie nice, ek gaan 'n paar bestel op Amazon en die jaar probeer in PRS en Jag

https://youtu.be/Ok82Hj7UJVw?si=xeGLMgzCwIRNcOXI

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 12:49 pm
by jdpretorius
pwdejager wrote:Hierdie lyk ook baie nice, ek gaan 'n paar bestel op Amazon en die jaar probeer in PRS en Jag

https://youtu.be/Ok82Hj7UJVw?si=xeGLMgzCwIRNcOXI
Dit lyk of hulle in die USA (dalk aka Mexico Image) gemaak word, vir wat dit werd is....ek gan bietjie moet reviews gaan lees.

Dit lyk of die model wat vir skuts gemaak word so R3000 kos deur Desertcart.....ek kon nie sien wat dit kos in 'R' deur Amazon nie
Screenshot_20240115_123203_Firefox.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 6:03 pm
by pwdejager
Deur Amazon R2,296 (afgelewer by jou huis)

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Mon Jan 15, 2024 7:21 pm
by fanies7772
https://noiseclipper.co.za

Meganiese filters en pasmaak vir jou, gehoor toets ingesluit. R2,200


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Tue Jan 16, 2024 6:41 am
by jdpretorius
fanies7772 wrote:https://noiseclipper.co.za

Meganiese filters en pasmaak vir jou, gehoor toets ingesluit. R2,200


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hierdie begin al meer lyk na iets om regtig te oorweeg, en sommer om die draai van my.....baie dankie.

Ns.......dalk kan jy help met bietjie raad oor watter model geskik is vir die skiet baan (bv. 30 db demping), en waar n ou dan nog ander se gesprekke/instruksies duidelik kan hoor ?

Sent from my SM-A536E using Tapatalk





Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Tue Jan 16, 2024 9:29 am
by fanies7772
JD,

https://noiseclipper.co.za/hearing-protection/

Op die bladsy is daar die ene spesifiek vir skiet MEP 2G shooting

Het myne einde verlede jaar gekry en die kere op die skietbaan het dit baie goed gewerk en kan vriende langs my mooi hoor

Hulle is ook baie behulpsaam en die audiloë daar is baie kundig uit die aard van die saak

As mens in ander industrie werk soos konstruksie vervang mens net die inner wat ander dB rating het


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Tue Jan 16, 2024 10:33 am
by JohanvB
Wat is die DB rating wat jy nou het?

Ok sien nou maks 26 DB, dit is steeds bitter min teenoor die 90db of meer wat deurkom…

Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Tue Jan 16, 2024 10:44 am
by jdpretorius
fanies7772 wrote:JD,

https://noiseclipper.co.za/hearing-protection/

Op die bladsy is daar die ene spesifiek vir skiet MEP 2G shooting

Het myne einde verlede jaar gekry en die kere op die skietbaan het dit baie goed gewerk en kan vriende langs my mooi hoor

Hulle is ook baie behulpsaam en die audiloë daar is baie kundig uit die aard van die saak

As mens in ander industrie werk soos konstruksie vervang mens net die inner wat ander dB rating het


Sent from my iPhone using Tapatalk
Groot dankie Fanies.
Ek't hulle toe sommer gebel ook want ek was veras oor die prys. Dit lyk my hulle oorpluisies het nie batteries nie, so ongelukkig lyk dit of hulle dan nie Bluetooth doen nie (nice to have op die stadium).

Die Peltor en Walker lyk my is dan dalk die meer betroubare make vir n midrange budget Bluetooth stel, en kos so tussen R5k en R6k.......dalk is daar nog iets anders waarmee iemand ons kan veras, wat wel Bluetooth het en betroubaar is, op n budget.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Tue Jan 16, 2024 10:53 am
by jdpretorius
Sommer net n snippet van die MEP 2G se dope...dit is nog bietjie grieks vir my Image
Screenshot_20240116_104752_Adobe Acrobat.jpg
Screenshot_20240116_104842_Adobe Acrobat.jpg
Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Earmor M20T Oorpluisies vir skiet

Posted: Wed Jan 17, 2024 6:33 pm
by jdpretorius
Die AXIL GS Extreme 2.0 lyk ook of hulle nogal positive reviews kry

Sent from my SM-A536E using Tapatalk