Page 1 of 1
S361 vir 243 Winchester
Posted: Fri Jan 05, 2024 9:59 am
by 264 Win Mag
Ek wil begin laai vir 'n Howa .243 met 'n 22 duim std loop. Ek gaan 87gr V-Max skiet. Met die hoe pryse vir S365 en die buitelandse kruite wil ek weet of iemand S361 op 'n 243 laai. Ek kan 'n paar ou blikke by 'n vriend oorneem. Ek weet daar was op 'n stadium 'n probleem met 'n lot 361 wat die verkeerde kruit ingehad het hoe kan ek uitvind of dit op die blikke was? Ek weet nie hoe oud die kruit is nie.
Re: S361 vir 243 Winchester
Posted: Fri Jan 05, 2024 4:04 pm
by tripodmvr
QL voorspel die volgende:-
1. Spoed van 2940vps is naby 'n node en druk is by 52K psi.
2. S361 is bietjie stadig vir 243 en ontbranding is by 93%. Laatmiddag sal jy 'n mooi vlam sien wanneer jy skiet.
3. Dopvulling is bo 90% en ek glo dat S361 'n akkurate lading kan lewer.
4. Ek sou nie 'n hoër spoed aanbeveel nie. Druk kan 'n probleem raak. Ek het egter vir jare met Speer 90 uit my 24 duim 243 geskiet en dit is plat genoeg vir praktiese jag.
Re: S361 vir 243 Winchester
Posted: Sat Jan 06, 2024 8:56 pm
by Alwin
Ek het met my 243 begin met 87gn V-maxe en S361, juis omdat die sferiese kruit goedkoper is en soveel lekkerder afmeet in 'n volumetriese kruitmeter.
My presisie was egter maar so-so. Ek kon darem 1MOA kry uit 'n 26" "Varmint" loop.
Toe ek oorskakel na S365 het my groepe gekrimp na 0.3MOA.
Met swaarder koeëls gaan die resultate dalk beter wees, weens die meer volledige ontbranding ens.
Re: S361 vir 243 Winchester
Posted: Mon Jan 08, 2024 9:14 am
by 264 Win Mag
Dankie vir die terugvoering. As julle se S361 is 'n bietjie stadig vir .243 wat van S341? Ek sien Somchem het geen data vir S341 op .243 nie is daar 'n rede daarvoor?
Re: S361 vir 243 Winchester
Posted: Mon Jan 08, 2024 9:59 am
by HeinM
264 Win Mag wrote: Mon Jan 08, 2024 9:14 am
Dankie vir die terugvoering. As julle se S361 is 'n bietjie stadig vir .243 wat van S341? Ek sien Somchem het geen data vir S341 op .243 nie is daar 'n rede daarvoor?
Jy kan S341 gebruik vir baie ligte punte (55gr). Die ladings is rondom 46gr... Ongelukkig gee klein veranderlikhede in die ladings aanleiding tot groot drukverskille en jy moet versigting wees...
Ek het Herculus Louw se 243Win artikel hieronder gesit as jy meer wil lees...
Groetnis!