Page 1 of 1

.270 Sierra Koeëls

Posted: Sun Dec 24, 2023 4:50 pm
by Rawstorne
Goeie middag Manne

Gee bietjie raad asseblief?

Hoe werk die Sierra 270cal Varminter
90gr HP vir julle?
Sommer vir baan skiet of jakkalse.
Ek kan dit kry teen R5 elk.

En dan die Sierra 270cal Prohunter
110gr Spitzer?
Hulle is R7-50 elk.

Die prys is nie sleg nie?
Goedkoper as Hornady wat ek reeds in voorraad het.

Ek dink ek het nog 'n pakkie PMP 150gr wat R3-50 per koeël gekos het. Maar, as dit klaar is gaan ek duurder koeëls moet gebruik vir alles. Lyk vir my R8-50 is nou die goedkoopste opsie vir wat ookal beskikbaar is.

Ek kan dit seker "Google". Maar, ek soek eerder antwoorde by die ervare manne.
En dan is daar darem weer iets oor skiet bo op almal se leeslys op die forum.

En... Dan kan ons die .270 se voordele op 'n nuwe draad bespreek.
🫣ImageImage

Re: .270 Sierra Koeëls

Posted: Sun Dec 24, 2023 4:54 pm
by Rawstorne
Image
Image

Re: .270 Sierra Koeëls

Posted: Sun Dec 24, 2023 5:21 pm
by tripodmvr
As ek jy is sal ek koop. Dit sal jou baie help met oefen op die baan. Met S365 kan jy veilge nodes kry by so 3500vps met die 90gr en 3400vps met die 110gr. Vir die 90gr sal S365 die spoed kan opstoot na 3600vps. TPL van so 78 na 80mm om darem 80% van die skag teen die dopnek te kry.

Re: .270 Sierra Koeëls

Posted: Mon Dec 25, 2023 12:07 am
by Rawstorne
Baie dankie Oom Tripod