Page 1 of 2

S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 11:07 am
by Koos Barnard
Dagsê
Ek het vroeër hierdie week 'n blik S365 by 'n handelaar in die Suid-Kaap gekoop vir R750. Die winkelassistent vertel toe dat die nuwe besending S365 wat hulle in 2024 iewers verwag, glo 'n baie groot prysverhoging gaan hê. Die kosprys van daardie kruit is na bewering ongeveer R1300+. Die eienaar van die winkel het ook bevestig dat dit die prysverhoging gaan wees en dat dié verhoging die prys tot bo die pryse van ingevoerde kruite gaan opstoot. Hy sê dit gaan S365 bitter moeilik maak om aan die publiek te verkoop. Het enigiemand anders ook al van hierdie prysverhoging gehoor?
Mooi loop

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 11:22 am
by Hano243
Indien dit waar is glo ek nie S365 sal enigsens dan verkoop nie.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 11:56 am
by Koos Barnard
Ek het van 'n uiters betroubare bron verneem dat die prysverhoging wel die waarheid is. Soos ons reeds weet, konsentreer Somchem op die internasionale mark en die kruit wat hulle vir ons herlaaiers beskikbaar stel, is maar 'n sideline. Blykbaar het die verhoging ook te doen met die talle kragonderbrekings. As die vervaardigingproses eers aan die gang is moet dit enduit loop. Jy kan nie stop en later weer begin nie. Dus moet Somchem natuurlik generators laat hardloop om volgehoue elektrisiteit te verseker en dit stoot die prys erg op. So, lyk my ons gaan maar net op ingevoerde kruite aangewese wees in die toekoms.
Mooi loop

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 1:27 pm
by Charles7x57
Ek het ook n handelaar in die Kaap gekontak wat ek goed ken en nogal vertrou. Volgens hom gaan S335,S355 en S365 se nuwe pryse R1150.00 per blik wees.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 2:59 pm
by Koos Barnard
Ek wonder waar is daar S355 beskikbaar? Ek kon nog nêrens van dit opspoor nie.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 4:07 pm
by Methos

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 4:10 pm
by Capt. Yoda
Ekt my laaste blik 365 nog vir R312 gekoop, ek voel al soos my Pa as hy my vertel hoeveel petrol gekos het as kind. Daai R600 is glad nie n slegte prys nie

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Thu Dec 21, 2023 9:32 pm
by Alwin
Ja, hulle het die nuwe pryse aangkondig op hulle hele kruit reeks. Of die hele reeks ook beskikbaar gaan wees het hulle nie vermeld nie.

Die groter probleem is dat die ingevoerde dryfmiddels ook duurder gaan word.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Dec 22, 2023 7:15 am
by jdpretorius
As hulle daardie pryse wil/moet vra dan hoop ek net hulle kan die batch verskille uitsort en ook die temp sensitiwiteit hok slaan

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Dec 22, 2023 10:32 am
by Supacow
Jd
Dis soos om te hoop vir water en krag. Een van die dae gaan ons vir beide betaal maar indien gelukkig slegs een op n slag he. Waterkwaliteit daal teen n tempo.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Dec 22, 2023 3:08 pm
by Capt. Yoda
Die 11.1.11 is ons gaan sukkel om ingevoerde kruit te kry ( ek praat die week met n ou wat se besigheid bestaan uit goed invoer van die US en UK en hy se hys opi punt om ma handoek in te gooi, ons blykbaar nou gedowngrade na een of ander slegter graad bo op die feit laat herlaai goed bitter skaars is, seker ons liefde vir Putie wat nie help) In die USofMerika is almal nou op VV want hul kry glad nie meer die ander kruite nie en as hul iets soos Varget of H-iets kry is dit belaglik duur. Gelukkig skiet ek deesdae so min ek kyk ma net na die mooi tyken wats Oom Heinz en sy 300normaAI skiet

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Dec 22, 2023 7:11 pm
by Fanta300
Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Dec 22, 2023 8:29 pm
by Martiens Bekker
Fanta300 wrote: Fri Dec 22, 2023 7:11 pm Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.
Skree as jy nie die 361 vat nie. Ek sal hulle koop.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Dec 22, 2023 8:31 pm
by Cobus Wessels
Groter prentjie....Rheinmetal het 'n reuse kontrak met die Duitse regering aangegaan om ammunisie aan te voorsien. Ons is nowhere op hulle radar

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Dec 22, 2023 8:49 pm
by jdpretorius
Die voorsiene tekort kan dalk net erger paniek-koop aan jaag.... en vermoed daar is manne wat dan dalk goeie geld kan maak soos met brannas gedurende lockdown......die storie begin nou al teveel klink na die swart rooibok sage

Die kan sekerlik mooi in Somchem se kraal speel en weer die wiel laat draai.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Tue Jan 02, 2024 8:55 am
by Toxxyc
Fanta300 wrote: Fri Dec 22, 2023 7:11 pm Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.
Ek sal nie kla oor 'n blik of twee 361 nie. Sal mooi loop in die 3006 met 'n ligter saadjie.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Tue Jan 02, 2024 7:08 pm
by Andre308
Toxxyc wrote: Tue Jan 02, 2024 8:55 am
Fanta300 wrote: Fri Dec 22, 2023 7:11 pm Ek het self die pryslys van Somchem gesien vir volgende jaar en dit is skrikwekkend. Ek wil nou weet. Ek kan ‘n klompie blikke S361 kry vir omtrent half prys vir wat ander kruit soos 335 nou gaan, as jy kan kry. Ek laai vir .308, .243, 270, en 375 H&H. Is dit ‘n belegging of gaan ek met ‘n wit olifant sit? Ek het darem nog 335 en 365.
Ek sal nie kla oor 'n blik of twee 361 nie. Sal mooi loop in die 3006 met 'n ligter saadjie.
As ek my dinge reg het, dan is S361 stadiger as S365... Moontlik stadiger as S385. Die kruit behoort beter geskik te wees vir swaar koele. Dink nie die 3006 se dop het genoeg plek vir die kruit met ligte koele nie.

Die ql en grt mense sal meer info hier kan gee.

Groete
Andre

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Tue Jan 02, 2024 8:31 pm
by LUAN
Ek het gelaai vir iemand en ons het hier by 63gr S361 agter n 150gr interlock mooi groepering gekry en spoed so 2850fps uit n 22" loop so dis heel bruikbaar.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Tue Jan 02, 2024 8:36 pm
by Cobus Wessels
Ek het nie bogenoemde programme nie- maatjies help my maar uit, maar 361 is vinniger as 365 en is balkruit. Ek het gekoop want dit is omtrent helfte van 365. Ek dink dit was vir 308 weermag gebruik (slegs 'n raaiskoot). Klaarblyklik temperatuur sensitief. Ek gaan nou begin werk aan 'n 30-06 lading vir 165g. Oefen ammo. Ek en my ammo nie so erg sensitief nie....

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Tue Jan 02, 2024 10:08 pm
by snakker
Methos wrote:Dan moet julle seker die koop?

https://www.agrimark.co.za/product/somc ... wder-500gr
Website is verkeerd, hulle het nie daai stock nie

Sent from my 22101316G using Tapatalk


Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Wed Jan 03, 2024 7:09 am
by Toxxyc
Andre308 wrote: Tue Jan 02, 2024 7:08 pm As ek my dinge reg het, dan is S361 stadiger as S365... Moontlik stadiger as S385. Die kruit behoort beter geskik te wees vir swaar koele. Dink nie die 3006 se dop het genoeg plek vir die kruit met ligte koele nie.

Die ql en grt mense sal meer info hier kan gee.

Groete
Andre
Ek mag verkeerd wees, maar soos ek dit het is 361 en 365 baie soortgelyk in spoed, 361 is net balletjies, en nie stokkies nie. Dit lê so tussen 365 en 385?

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Wed Jan 03, 2024 5:39 pm
by Giepie
Ek dink die weermag 7,62 ammo het eerder S341 gebruik, ook 'n balletjie kruit.

Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Wed Jan 03, 2024 6:25 pm
by Cobus Wessels
Jip, natuurlik is jy reg. Ek het vergeet - ek het eintlik daai les geleer toe almal speurwerk oor Riflex blou gedoen het. Verskoning gevra.

Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk


Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Wed Jan 03, 2024 6:45 pm
by snakker
Ek dink Reinmetal kan in hulle d#nner gaan met daai pryse

Sent from my 22101316G using Tapatalk



Re: S365 baie groot prysverhoging?

Posted: Fri Jan 05, 2024 9:06 am
by Andre308
Toxxyc wrote: Wed Jan 03, 2024 7:09 am
Andre308 wrote: Tue Jan 02, 2024 7:08 pm As ek my dinge reg het, dan is S361 stadiger as S365... Moontlik stadiger as S385. Die kruit behoort beter geskik te wees vir swaar koele. Dink nie die 3006 se dop het genoeg plek vir die kruit met ligte koele nie.

Die ql en grt mense sal meer info hier kan gee.

Groete
Andre
Ek mag verkeerd wees, maar soos ek dit het is 361 en 365 baie soortgelyk in spoed, 361 is net balletjies, en nie stokkies nie. Dit lê so tussen 365 en 385?
Volgens die Somchem boek vir 30-06:
180gr koel:
S365 begin 47.7gr maks 53.0gr
S361 begin 55.8gr. maks 62gr

200gr koel:
S365 begin 44.8gr. maks 49.8gr
S361 begin 52.4gr maks 58.2gr

Volgens hierdie inligting is S361 baie stadiger as S365. Jy mag moontlik uit dop kapasiteit uit hardloop voor jy druk kry met ligter koele.

Gebruik maar n magnum primer om die bal kruit aan die gang te kry.

Groete
Andre