.270W doppe - gratis
Posted: Fri Dec 15, 2023 4:22 pm
Goeie middag.
So ‘n ruk terug toe ek doppe vir ‘n nuwe geweer gesoek het, is ek oorval met gratis doppe uit alle oorde.
Ek was onlangs gelukkig genoeg om iemand se 270 herlaai goed alles oor te neem teen ‘n baie goeie prys. Die gevolg is dat ek nou meer doppe het as wat ek ooit kan nodig kry.
Ek wil dus nou graag iets teruggee. Ek het twee pakke doppe van veertig doppe elk wat ek wil skenk aan die eerste twee skuts wat hier op my boodskap reageer. Die een pakkie is NNY doppe en die ander pakkie is gemeng. Ek weet nie hoeveel keer hulle geskiet is nie. Ek sal Pudo koste betaal.
Fantie.