Page 1 of 1

Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Sun Dec 10, 2023 11:03 pm
by finch
Ek het nou al 3 keer gelaai vir my 222 -50 en is nou by die punt waar die volgende my begin pla. As ek die gewone groen universal kruit tregter wat ek saam met die rcbs press gekry het gebruik mors daar n paar korreltjies van die kuit elke keer as ek dit in die doppie gooi tussen die tregter en die dop nek. Ek het dit probeer weeg maar dit is te moeilik om presies te weet hoeveel elke keer mors. Is dit n probleem en maak die ander tregters ook so?

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Mon Dec 11, 2023 2:35 am
by JF123
Die rooi Lee tregtertjies het 'n kleiner gaatjie en is heelwat goedkoper as die RCBS een. Dit is nog steeds moontlik om te mors as jy dit skeef op die doppie sit, maar werk beter as die RCBS tregter.

Ander opsie is om en van daardie tregters te kry met die vervangbare pypies vir verskillende kalibers. Behoort idiaal te wees as jy bereid is om daardie prys te betaal

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Mon Dec 11, 2023 6:16 am
by Apie
Lee tregter vir .22 kalibers
RCBS vir 6mm en groter

Die Lee vloei nie so lekker maar mors minder op die klein doppies


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Mon Dec 11, 2023 6:48 am
by Chris (vdB)
redding-powder-funnel-22-45-cal.jpg
Die Redding tregter werk mooi vir my.

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Mon Dec 11, 2023 7:26 am
by Ratel
Lyman se tregter werk baie mooi op my 223. Die nek word al kleiner dat selfs 223 kaliber nie mors by die kante verby nie.

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Mon Dec 11, 2023 10:45 am
by finch
Dankie sal kyk na die ander bo genoemde tregters. Verstom my net dat vervaardigers so fout sal maak. Ter verdediging sal hulle seker se ek sit nie die dop en tregter loodreg op mekaar nie, maar ek wil nie 30sekondes sukkel om elke doppie presies op te lyn met die tregter nek nie, nee man. Ek wag liewer n breekdeel van n sekonde langer vir die kruit om deur n kleiner gatjie te gaan en is selfs bereid om n ligte tikkie teen kant van tregter te moet gee om seker te maak alle poeier beland in dop, eerder as my huidge probleem.

Die onderstaande foto wys hoeveel in totaal gemors is na my sessie op die herlaai bank. Ek het eenkeer per ongeluk die trickel poeier goeier gestamp so daar kan dalk n bietjie van die gemorsde kruit sy skuld wees. As ek moet skat is dit seker ten minste 5 grein oor 50 rondtes wat dan gemiddeld op 0.1grein per rondte werk. Die probleem is elke 2de doppie het niks gemors nie wat beteken dan verdubbel die fout.

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Mon Dec 11, 2023 10:02 pm
by tripodmvr
Gaan loer na die' 3D produkte

http://www.bushmunki.co.za/

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Mon Dec 11, 2023 10:04 pm
by tripodmvr

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Tue Dec 12, 2023 7:15 am
by Lamtjop
Finch my RCBS tregter se nek se binnekant vernou traps gewys, waar my Lee tregter egalig vernou. Met Lee kan tregter effe skeef sit hy mors niks, maar RCBS moet jy mooi regop op die regte trappie sit anders mors hy, ek het met skerp punt lemmetjie die kleinste trappie se skouers effe skuins gesny, amper soos n ou n dop se nek in die binnekant de-burr. Hy werk nou bietjie beter.

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Tue Dec 12, 2023 7:50 am
by Lategan1
.223, ek het ‘n smal bek tregter geneem en geboor vanaf die onderkant. Boorpunt is afgeskuins, dus wig die dopnek mooi daarin. Dit gee ook toleransie dat dop nie presies vertikaal moet oplyn nie. Dit beperk ook dat die dop vassit in die tregter wanneer jy dit wil verwyder.

Boorpunt deursnee effe groter as .224. Ek dink een van daai ovaal wigvormige slypstene wat pas voor in boor, sal nog beter doen.

Drastiese verbetering.

Beste.

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Tue Dec 12, 2023 1:28 pm
by finch
Hierdie lyk vir my na die regte ding. Haal een ekstra dingetjie uit die herlaai boks uit deur die pannetjie en tregter te kombineer. Gaan kyk of mens hom nie sommer self kan 3D print nie.

Re: Kruit tregter te groot vir 222-50

Posted: Tue Dec 12, 2023 6:38 pm
by ruaanb
Finch laat weet my as jy dit reg kry asb