Page 1 of 1

Meer spoed na re-blue

Posted: Tue Dec 05, 2023 5:44 pm
by Jagter83
Middag almal
Ekt onlangs my 300wm laat oordoen en re-blue was deel van die pakkie.
Ekt dieselfde lading wat ek altyd geskiet het gaan toets en ek kry 110vps vinniger. Dit maak seker sin, my vraag is of hy weer terug gaan na sy ou spoed met tyd?
Ek wil ook weet wat julle opinie is oor die spoed....en of dit die loop gaan vinniger uitskiet.
178gr Hornady ELDX
IMR4350 -68.1gr
CCI250
LAPUA DOP
SD 12vps
Topspoed was 2945vps
Ek weet nie of die spoed te kwaai is nie, maar die groep was onder driekwart duim.
Geen skynbare druk op die dop/primer nie.
Hoor graag wat julle opinies is. Image

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Tue Dec 05, 2023 6:13 pm
by Malan123
Indien dit 24 duim loop is, klink daai spoed reg.

Hoe lyk jou skoonmaak routine? Kan wees dat daai loop ordentlik skoon gemaak is na die herblou?

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Tue Dec 05, 2023 6:24 pm
by Jagter83
Malan, ek maak hom volgens my redelik mooi skoon. Dis hoeka n 24 duim loop ja. Ekt nog nooit daai spoed gejaag nie. My ander 300wm skiet ek ook so teen 2800vps. Is maar net bedagsaam en wil nie onnodig die loop skade aanrig nie. Groep is baie mooi op 100m, so sal baie bly wees as die spoed aanvaarbaar is. Hoor graag, dan sal ek langer afstande aandurf met daai lading.
Groetnis

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Tue Dec 05, 2023 6:32 pm
by Malan123
Eks seker 1 van die QL manne sal binnekort saam kom gesels oor jou drukvlakke...

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Tue Dec 05, 2023 6:35 pm
by Jagter83
Wag self in spanning

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Tue Dec 05, 2023 6:56 pm
by musgrave270
Hoe bere jy jou kruit? Die erge hitte en droee lug kan jou kruit uigedroog het. Dus kry jy nou meer kruit in die dop teen dieselfde lading.

Sent from my SM-A325F using Tapatalk


Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Tue Dec 05, 2023 7:25 pm
by Jagter83
Musgrave, ekt klaar gelaaide rondtes gehad van Augustus toe dit gelaai is. Ekt voor die geweer aan gewerk is in Oktober in baie warem weer in die Noordkaap geskiet en nie daai klas spoed gekry nie.

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Wed Dec 06, 2023 9:13 am
by Wouter Roets
Jagter

Hoe is die spoed gemeet?

Groetnis
Wouter

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Wed Dec 06, 2023 9:16 am
by Jagter83
More Wouter
Met my chronograaf. Niks fancy soos n labradar/ magnetospeed nie.

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Wed Dec 06, 2023 11:51 am
by Wouter Roets
Jagter

Konvensionele kronograwe is alombekend vir hulle wisselvallige werking. Daar kan veskeie redes wees vir n ander lesing op rondtes wat vir alle praktiese redes dieselfde moet presteer. Ek kan aan geen rede dink hoekom n geweer wat oor geblue is enigsins ander spoedlesings moet gee tensy jy hom aan die binnekant van die loop laat blue het. My geld is op die kronograaf.

Groetnis
Wouter

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Wed Dec 06, 2023 3:00 pm
by Frikkie Coetzee
Wouter. As hulle hot blueing doen, sal loop se binnekant wel geblue word.

Ek dink nou al lank oor die vraag en het nog geen definitiewe antwoord nie. Kronograaf, kruit ens kan verseker die spoed verduidelik.

Ek dink daaroor of blou die spoed kan vermeerder as n vraag in isolasie.

Smering? Dalk maar as die blou afkom na n paar skoonmake sal spoed weer terug gaan.
Blou behoort nie aan jou loop dimensies te verander nie.

Ek krap kop maar ek kan nie dink hoe die blou as alleenstaande faktor spoed kan beinvloed nie.

Ek dink Chronograaf is dalk die rede

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Wed Dec 06, 2023 5:29 pm
by Jagter83
Frikkie/Wouter, ekt nou geloer na die data van die ander 2 gewere wat ek op dieselfde dag geskiet het. Die spoed was bitter naby aan wat hulle altyd skiet met hulle gevestigde ladings. Dis net die geweer met die nuut gebluede loop wat vinniger skiet. Frikkie, soos jy se, is die binnekant van die loop ook geblue. My vraag is of iemand al ondervind het dat daar meer spoed is na blueing en of dit weer afneem soos die blue verminder, een lid het sy mening gegee dat die spoed aanvaarbaar is vir n 24 duim loop. Enigiemand anders wat kan saam praat? Anders hou ek by die lading, hy groepeer mooi.

Sent from my SM-S911B using Tapatalk


Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Wed Dec 06, 2023 5:43 pm
by tripodmvr
QL bereken druk as 60K psi (Maks 62K) en dit lyk asof jy op 'n halfnode tussen Nodes 4 en 5 is. Die TPL soos geskiet asook die dopvolume behoort akkurater waardes te gee.

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Wed Dec 06, 2023 5:57 pm
by Malan123
Jagter83 wrote: Wed Dec 06, 2023 5:29 pm Frikkie/Wouter, ekt nou geloer na die data van die ander 2 gewere wat ek op dieselfde dag geskiet het. Die spoed was bitter naby aan wat hulle altyd skiet met hulle gevestigde ladings. Dis net die geweer met die nuut gebluede loop wat vinniger skiet. Frikkie, soos jy se, is die binnekant van die loop ook geblue. My vraag is of iemand al ondervind het dat daar meer spoed is na blueing en of dit weer afneem soos die blue verminder, een lid het sy mening gegee dat die spoed aanvaarbaar is vir n 24 duim loop. Enigiemand anders wat kan saam praat? Anders hou ek by die lading, hy groepeer mooi.

Sent from my SM-S911B using Tapatalk
Jagter, al wat ek met my plasing probeer se het is dat jou spoed binne maksimum drukvlakke is - Oom Driepoot het dit nou bevestig. Ja dis op daai heilige lyn volgens QL, maar darem nog nie op sekere vlakke wat ons al waargeneem het nie

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Thu Dec 07, 2023 6:05 am
by Apie
Ek vermoed hy sal vinnig weer terugkom na normaal.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Thu Dec 07, 2023 8:45 am
by DWB
Klink my dit was 'n ordentlike blou-job :D :D :D

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Sat Dec 09, 2023 2:41 pm
by Alwin
Dit mag afhang van watter produk jou smid gebruik het vir die blou, maar verskeie van die kommersiële blou mengsels sal alle vreemde materiale en veral metale (koper, aluminium ens) wat dalk in jou loop was mooi skoon opvreet. Jou loop het dus skoner terug gekom as wat ek en jy hom kan skrop.

Of dit nou die verskil gemaak het, of dalk iets anders, weet ek nie.

Een moontlike opsie: Gewoonlik sal die spoed klim as die loop growwer raak en dus meer wrywing veroorsaak, veral as dit naby aan die kamer is. As jy keel byvoorbeeld al redelik grof gebrand was, en jou koolstof en koper aanpaksels hierdie growwe area mooi glad toegeplak het, behoort dit jou wrywing te verlaag en spoed te verhoog. Die blou het nou alles skoon gemaak, dus is die growwe area nou ontbloot en die wrywing hoër. As dit wel die geval is, dan behoort die spoed na 'n klompie skote weer af te kom na die vorige vlak.

Het jy toegang tot 'n "bore scope"? As jy kan sien daar binne haal dit 'n klomp raaiwerk uit.

Re: Meer spoed na re-blue

Posted: Sat Dec 09, 2023 4:58 pm
by Jagter83
Dankie vir almal sal insette. Alwin ekt kwaai kopgekrap voor ek hierdie op die groep gesit het, ongelukkig sal ek na n wapensmit toe moet gaan vir n borescope. Ek sal volgende keer op die skietbaan weer spoed meet en kyk of dinge verander

Sent from my SM-S911B using Tapatalk