Page 1 of 1
Warthog Vsharp Classic II
Posted: Mon Nov 27, 2023 4:21 pm
by JohanvB
Het destyds vir my die Warthog gekoop..
Wil graag sy slypsteentjies vervang, maar sien daar is fine, medium en coarse steentjies..
Watter een vat ek asb
Dankie
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Mon Nov 27, 2023 4:39 pm
by Ters Hickman
Vir algemene gebruik op werksmesse vind ek die coarse werk goed vir my...en gee 'n baie goeie resultaat.
Puriste mag dalk reg help en se jy kort al 3...begin grof, dan medium en dan fyn...vir die optimale resultaat.
Ters
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Mon Nov 27, 2023 5:15 pm
by tripodmvr
Vir mammie om vinnig die groentemes reg te kry sal die growwe steentjie dit vinnig doen en goed sny.
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Mon Nov 27, 2023 7:05 pm
by DeVilliers
Ek het destyds myne vervang met medium, en toe so n ruk terug grof.
Hy doen permanent diens in die kombuis.
Grof is die beter opsie.
Sent from my SM-A325F using Tapatalk
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Mon Nov 27, 2023 9:03 pm
by JohanvB
Dankie mense
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Tue Nov 28, 2023 9:23 am
by Riaan Kriel
Ters Hickman wrote: Mon Nov 27, 2023 4:39 pm
Vir algemene gebruik op werksmesse vind ek die coarse werk goed vir my...en gee 'n baie goeie resultaat.
Puriste mag dalk reg help en se jy kort al 3...begin grof, dan medium en dan fyn...vir die optimale resultaat.
Ters

Ek sal myself glad nie as 'n puris beskou nie maar ek het na my pa oorlede is en ons van die goed moes skoonmaak op so 'n stel Warthogs van hom afgekom. Hy het 'n Teflon snybord gevat en 'n stuk van dit afgesny. Toe 3 warthogs so diagonaal oor die snybord monteer met klein selftappers.
- Links voor is die growwe een
- Middel is die medium
- Regs agter is die fyn een.
Die stel werk nogal lekker as ons vleiswerk en elkeen kan self sy mes skoonmaak en weer slyp en aangaan met die vleiswerkery... My vaardighede met die "honing steel" is nog nie so op standaard nie, so die stel is nogal baie handig
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Tue Nov 28, 2023 3:14 pm
by tripodmvr
'n Growwe lem sny soms baie beter as die wat met fyn stene glad gemaak word.
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Tue Nov 28, 2023 9:17 pm
by Eduard Venter
Ek stem ook vir die growwe steen op die warthog. Ek slag baie bokke en vervang my steentjies so 1 of 2 keer 'n jaar.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Warthog Vsharp Classic II
Posted: Thu Nov 30, 2023 6:48 am
by ruaanb
Dit is al wat my pla van die Warthog…..daai steentjies het maar n kort leeftyd