Page 1 of 1

7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 4:37 pm
by projagter
Asseblief
Besonderhede van handelaars wat 7mm 08 herlaai komponente in voorraad het -- doppe en punte.

dankie

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 5:48 pm
by Ds J
Het jy n spesifieke koeël in gedagte?

Enige standaard 7mm koeël behoort mos te werk?

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 6:54 pm
by projagter
Ds J wrote: Sat Nov 25, 2023 5:48 pm Het jy n spesifieke koeël in gedagte?

Enige standaard 7mm koeël behoort mos te werk?
Goeienaand DsJ
Tikka Varmint Hunter met 9.5 groefdraai.
Ons kyk na eerstens 139 Hornady SST en Interbond vir redelike plattrajek tot 400
Alternatief 140 gr Nosler Bal Tip.
en Doppe -- het heelwat goeie 308doppe om te vorm maar probleem is dat as jy met 'n 7 08 met 308 dopammo gestop word by padblokkade het jy die wysheid van Salomo plus Moses se geduld nodig om te verduidelik.
Pryse verskil nogal
Derhalwe die navraag.
Dankie

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 6:57 pm
by tripodmvr

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 7:03 pm
by projagter

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 7:12 pm
by Rudi Fischer
Het vir jou n PM gestuur

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 7:17 pm
by projagter
Rudi Fischer wrote: Sat Nov 25, 2023 7:12 pm Het vir jou n PM gestuur
dankie sal kyk

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 7:57 pm
by tripodmvr
Ek het al by 247 gekoop en goeie diens beleef.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Nov 25, 2023 8:27 pm
by projagter
Baie dankie .
Voel ek nou soos Rip van Winkel .
Het paar jaar gelede laas komponente aangeskaf -- het altyd sommer voorraad gekoop vir elke geweer as die prys reg lyk. Bv.CCI BR primers R1000 vir 1000. 308 Win 125 gr Bal Tip 1000 punte teen R1.90 stuk. 308 win 150 gr Bal Tip 1000 punte @ R2 stuk.
Hornady Interbond 165 gr punte vir 308 win vir R2.45 stuk ens.ens. 100 Winchester doppe R600. 100 Lapua doppe R800 ens. 7mm punte en doppe nagenoeg dieselfde. .22 koeëltjies R500 vir 500.
Nou met nuwe geweer kos komponente amper so veel soos geweer!
Sal moet terug gaan na slingervel en voorlaaier -- gelukkig het ek n paar bobbejaanboude en n 4 ponder.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Mon Nov 27, 2023 7:14 am
by Stef1274
projagter wrote: Sat Nov 25, 2023 8:27 pm
Hornady Interbond 165 gr punte vir 308 win vir R2.45 stuk
:'(

Nou kan mens nerens kry nie, selfs al weet mens dit gan R30 een wees...

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Mon Nov 27, 2023 10:05 am
by Rigby
Ek het verlede week doppe (as ek reg onthou Norma) by Wildman Centurion gesien.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Mon Nov 27, 2023 10:56 am
by obasch
Sedert 2003 gebruik ek 308 doppe om my 260Rem mee te laai (daardie jare was daar GEEN 260Rem doppe in SA nie) en het nog nooit ongemaklik gevoel om met sulke ammunisie te reis nie.
Per slot van sake in die meer as 45 jaar wat ek jag is ek nog net twee keer by 'n kontrolepunt afgetrek, die een is ek net deurgewaai en die tweede was tydens die Covid reisbeperkings.
Nee wat, gebruik maar daardie goeie 308 doppe van jou vir jou 7mm-08.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Mon Nov 27, 2023 11:43 am
by Toyrsi
Kry net n gunsmit brief wat se die doppe is baie moeilik bekombaar en dis hoekom jy 308 doppe gebruik.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Mon Nov 27, 2023 4:48 pm
by Mellies
projagter wrote: Sat Nov 25, 2023 4:37 pm Asseblief
Besonderhede van handelaars wat 7mm 08 herlaai komponente in voorraad het -- doppe en punte.

dankie
Lapua en Normadoppe is redelik beskikbaar.

Gooi maar n pm as ek moet help kyk.

Dink ek kan 139gr IB ook in die hande kry.

SO Pta het 140gr BTs & AB as ek reg onthou.

Met n vleisie...

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Thu Nov 30, 2023 9:58 pm
by projagter
obasch wrote: Mon Nov 27, 2023 10:56 am Sedert 2003 gebruik ek 308 doppe om my 260Rem mee te laai (daardie jare was daar GEEN 260Rem doppe in SA nie) en het nog nooit ongemaklik gevoel om met sulke ammunisie te reis nie.
Per slot van sake in die meer as 45 jaar wat ek jag is ek nog net twee keer by 'n kontrolepunt afgetrek, die een is ek net deurgewaai en die tweede was tydens die Covid reisbeperkings.
Nee wat, gebruik maar daardie goeie 308 doppe van jou vir jou 7mm-08.
;D Jy lyk beslis meer onskuldig as ek.
mag jou looks nie verander in die volgende 45 jaar van jag.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Thu Nov 30, 2023 9:59 pm
by projagter
Toyrsi wrote: Mon Nov 27, 2023 11:43 am Kry net n gunsmit brief wat se die doppe is baie moeilik bekombaar en dis hoekom jy 308 doppe gebruik.
goeie raad. dankie.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Thu Nov 30, 2023 10:08 pm
by projagter
Mellies wrote: Mon Nov 27, 2023 4:48 pm
projagter wrote: Sat Nov 25, 2023 4:37 pm Asseblief
Besonderhede van handelaars wat 7mm 08 herlaai komponente in voorraad het -- doppe en punte.

dankie
Lapua en Normadoppe is redelik beskikbaar.

Gooi maar n pm as ek moet help kyk.

Dink ek kan 139gr IB ook in die hande kry.

SO Pta het 140gr BTs & AB as ek reg onthou.

Met n vleisie...
Dankie Mielies.
Ons het reggekom met Lapua doppe vir R1885 vir 100.
Het Hornady SST 139 gekoop R1940 vir 200 - koerier ingesluit. Het gevind dat SST heel goed werk op langer afstande bladskote en naby kopskote teen hoër spoed.
Nou vir die matryse?
Ek persoonlik hou baie van Nosler Bal Tip. Sal hulle beslis vorentoe uittoets.
geniet die vleisie.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Thu Nov 30, 2023 10:18 pm
by projagter
Stef1274 wrote: Mon Nov 27, 2023 7:14 am
projagter wrote: Sat Nov 25, 2023 8:27 pm
Hornady Interbond 165 gr punte vir 308 win vir R2.45 stuk
:'(

Nou kan mens nerens kry nie, selfs al weet mens dit gan R30 een wees...
ja Stef en dit was goeie punt -- groot sukses op grootwild.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Fri Dec 01, 2023 8:05 am
by obasch
Pm gestuur ivm 'n stel dies wat ek beskikbaar het.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Fri Dec 01, 2023 1:18 pm
by projagter
obasch wrote: Fri Dec 01, 2023 8:05 am Pm gestuur ivm 'n stel dies wat ek beskikbaar het.
dankie .

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Fri Dec 01, 2023 1:23 pm
by projagter
projagter wrote: Fri Dec 01, 2023 1:18 pm
obasch wrote: Fri Dec 01, 2023 8:05 am Pm gestuur ivm 'n stel dies wat ek beskikbaar het.
dankie . Nog niks . Sal dop hou.

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Mon Dec 04, 2023 12:51 pm
by Stef1274
projagter wrote: Thu Nov 30, 2023 10:18 pm ja Stef en dit was goeie punt -- groot sukses op grootwild.
Ja, wens dit was so volop soos ander Hornady's.

Watter redelik betroubaar en beskikbare bonded koeëls kry mens als vandag? Die waarvan ek weet:
Nosler Accubond
Norma Oryx
Safari Bullet Company (n.a.v die draad op Gunsite lyk dit of die ouens baie goed doen met dit)

Die wat ek soek maar nie weet of mens dit kry nie:
Interbond natuurlik
Federal Fusion (sou dit love as iemand dit kon inver)
Sako Hammerhead..?

Re: 7mm 08 herlaai komponente

Posted: Sat Dec 09, 2023 10:24 am
by projagter
Stef1274 wrote: Mon Dec 04, 2023 12:51 pm
projagter wrote: Thu Nov 30, 2023 10:18 pm ja Stef en dit was goeie punt -- groot sukses op grootwild.
Ja, wens dit was so volop soos ander Hornady's.

Watter redelik betroubaar en beskikbare bonded koeëls kry mens als vandag? Die waarvan ek weet:
Nosler Accubond
Nosler het my nog nooit teleurgestel nie. accubond lyk my die naaste alternatief aan Interbond.
Het nou die dag gou paar .308 150 gr Ballistic Tips gelaai vir inskiet en bok of twee as toets. 2800vps
Moet sê groot verrassing: op springbokke kop ( tot200) en agter blad (tot 400 ) 100%.
Blouwildebees 160m kop reg v voor - links getrek net bokant oog - groot skade aan kop. doodskoot. Blouwildebees 170 m 45grade weg - agter blad in bietjie hoog en vang rugstring -dwarsdeur haal koeël uit op voorkant regterblad net onder vel - mooi mushroom.