Page 1 of 1
6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Thu Nov 23, 2023 8:42 pm
by 264 Win Mag
Ek het op YOUTUBE gesien Piet Skiet skiet met die 6.5 Sherman Short. Ek het voorheen vinnig gelees oor die kaliber en dit het baie belowend gelyk. My vraag is of daar enige van julle is wat reeds wso geweer of die 6.5 SAUM gebruik. Is daar iemand in SA wat sulke reamers het en is dies en doppe beskikbaar. 'n Kort aksie 6.5 wat 140 grein punte teen 3200fps loods klink baie goed. Die Sherman Short het blykbaar ook 'n relatiewe lang loop leeftyd van so 2500 rondtes. Hoe sal dit vergelyk met die SAUM? Ek neem aan dat jy die kaliber op 'n magnum boltface sal moet bou of sal mens 'n standaard boltface soos 'n 308 s'n kan oopmaak om die rondte te akkomodeer?
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Thu Nov 23, 2023 9:44 pm
by Kallie Fernhout
Ek besit n 6.5 GAP (SAUM).
Dus n wille ding.
Skiet myne lekker pap teen 3030 f/s op n 140gn punt uit n 24 duim loop. Het al 1100 skote deur die loop en hy lyk nog goed. Glo nie ek gaan by 2500 uitkom nie maar defnitief nog 600-800 skote
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Thu Nov 23, 2023 9:46 pm
by Kallie Fernhout
Ek gebruik sommer 7 saum dies vir seat en full length. Doppe is 7 Saum doppe wat net afgenek is.
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Fri Nov 24, 2023 8:37 am
by Capt. Yoda
Praat met Herme by CMH, hulle skiet die Sherman kalibers al jare en sal jou kan se wie die reamers en DIEs het
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Fri Nov 24, 2023 9:34 am
by WihandV
Daar het onlangs 'n klompie ADG 6.5 SAUM doppe ingekom. Geoffrey Barrabal, Gungraft by WIldman Capegate in die Kaap, het 'n 6.5 SAUM reamer.
Ongelukkig het daar nie 6.5 Saum / 6.5 Gap 4s Redding dies nou ingekom nie. Jurgens Nezar, Nezar Engineering, kan vir jou 6.5 Saum dies maak.
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Fri Nov 24, 2023 9:14 pm
by Andre308
Ek skiet self ook n 6.5 SAUM (GAP) met n 28 duim loop.
Ek gebruik ook n stel Hornady Full length bushing dies met n 6.5 bushing vir die herlaai.
Daar was n tyd trug n tekort aan 7saum doppe gewees, maar ek het tans ADG 7saum doppe wat ek afgenek het na 6.5.
Stoot n 140gr Berger teen 3200fps met n klompie H1000 agter hom.
Hy is net n bietjie goedkoper met dies ens as die Sherman Short vir die selfde werk verrigting.
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Fri Nov 24, 2023 10:38 pm
by Arnold
Julle manne wat die 6.5 SAUM so lekker skiet, soos julle hom laai, wat is die totale patroon lengte?
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Sat Nov 25, 2023 8:47 pm
by Andre308
Arnold wrote: Fri Nov 24, 2023 10:38 pm
Julle manne wat die 6.5 SAUM so lekker skiet, soos julle hom laai, wat is die totale patroon lengte?
Ek is op 74.5mm met n 140gr Berger Elite Hunter. Hulle is stok styf in die lands so.
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Tue Nov 28, 2023 3:32 pm
by Bern
Middag Manne
Die van jul wat 6.5 SAUM skiet,waar het jul dies in die hande gekry?
Groete
Bernard
Sent from my SM-S911B using Tapatalk
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Wed Nov 29, 2023 12:52 pm
by Arnold
Andre308 wrote:Arnold wrote: Fri Nov 24, 2023 10:38 pm
Julle manne wat die 6.5 SAUM so lekker skiet, soos julle hom laai, wat is die totale patroon lengte?
Ek is op 74.5mm met n 140gr Berger Elite Hunter. Hulle is stok styf in die lands so.
So as mens hierdie outjie met n 153/6gr koeël laai is dit eintlik nie n kortaksie rondte nie.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Wed Nov 29, 2023 5:53 pm
by Glocked
Arnold wrote: Wed Nov 29, 2023 12:52 pm

Dis dieselfde probleem met die 6.5PRC wat op kort aksies gebou word. Jy moet of dop spasie opoffer, of jy kan hulle nie uit die magasyn voer nie. Almal kort aksie ontwerpe wat beter werk in lang aksies

Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Wed Nov 29, 2023 6:34 pm
by Arnold
Ek kaap die draad nou so bietjie maar die is juis hoekom ek nou die dag gevra het wat die 6.5 doppe se volume is.
Die ou 6.5-284 se doppe is goedkoper en doen naastenby dieselfde maar n kort aksie gaan ook sorg dat jy enkelskoot skiet met hom.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Wed Nov 29, 2023 7:11 pm
by Glocked
Ek is besig om die eerste batch doppe te fireform, dan sal ek kan kyk na volumes, maar ja, die 6.5x284 doen presies dit. Die probleem is vir 'n "budget build", kan jy nie 'n 6.5x284 van die rak af koop nie.
Ek het juis my PRC in Howa gekoop, vir die lang aksie. Gisteraand 'n paar 140gr Nosler RDF's gelaai om te toets, en TPL op hulle is 77.1mm, vir 0.2mm jump. 143gr ELDX op 76.8mm vir 0.4mm jump.
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Wed Nov 29, 2023 7:33 pm
by Kallie Fernhout
My Saum se Tpl met n 140 eld - m is 74.2mm.
Re: 6.5 Sherman Short en 6.5 SAUM
Posted: Thu Nov 30, 2023 6:43 am
by Andre308
Arnold wrote: Wed Nov 29, 2023 12:52 pm
Andre308 wrote:Arnold wrote: Fri Nov 24, 2023 10:38 pm
Julle manne wat die 6.5 SAUM so lekker skiet, soos julle hom laai, wat is die totale patroon lengte?
Ek is op 74.5mm met n 140gr Berger Elite Hunter. Hulle is stok styf in die lands so.
So as mens hierdie outjie met n 153/6gr koeël laai is dit eintlik nie n kortaksie rondte nie.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Teen die spoed wat ek tans die 140gr Berger skiet en die node spoed waarteen ek die 153/156gr koele kan skiet in my loop lengte, maak dit nie werklik saak watter combo ek skiet nie. Die swaarder bergers se windskuif is dan nie meer soveel beter nie. Dit is miskien n ander situasie sou die loop korter of langer gewees het.